
Die kompetisie, aangebied deur die Pinotage-assosiasie, is een van die plaaslike wynbedryf se hoogtepunte. Die doel daarvan is om wyn, gemaak van Pinotage-druiwe te bevorder en uit te bou. Pinotage is Suid-Afrika se bekendste inheemse kultivar.
Mnr. Beyers Truter, voorsitter van die Pinotage-assosiasie, sê tien Pinotage-wyne word in die kompetisie geïdentifiseer. Dié wyne moet dien as riglyne vir die ontwikkeling van eiesoortige, Suid-Afrikaanse Pinotage.
Dit moet ook die uniekheid van die druifsoort aan die internasionale wynwêreld illustreer.
Die ingeskrewe wyne word van 11 tot 13 Julie beoordeel en die Top-10-wyne word op 31 Augustus bekend gemaak.
Vir meer inligting, bel die Pinotage-assosiasie by tel. 021 863 1552 of e-pos info@pinotage.co.za. Die webtuiste is www.pinotage.co.za.