AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Slaan munt uit organies verboude wyn

Organiese verbouingsmetodes stel 'n Bolandse wynboer in staat om te boer soos hy altyd wou - met die toekoms in gedagte. Terselfdertyd slaan hy munt uit 'n snelgroeiende mark vir wyn wat van organiese druiwe gemaak is.

Te midde van 'n internasionale organiese voedselmark wat uit sy nate bars - wêreldwye verkope verlede jaar was R250 biljoen en die verwagte groeikoers vir vanjaar is 10 % tot 20 % - is Suid-Afrikaanse boere maar traag om na organiese verbouingsmetodes om te skakel.

Tog is daar min twyfel dat die tradisionele olie-gedrewe en chemies-gebaseerde boerderypraktyke strydig met die natuur se voorskrifte is en skadelike gevolge vir die grond en omgewing inhou.

Waarskynlik die maklikste manier om na die natuur terug te keer, is om na organiese boerderymetodes om te skakel. Volgens mnr. Roelf du Preez, eienaar van Bon Cap, 'n private organiese wynkelder op die plaas Weltevrede, naby Robertson, kry mense nie meer hul hande in die grond so dikwels as wat nodig is om gewasse in harmonie met die natuur en tot voordeel van die verbruiker te verbou nie.

Saam met net enkele ander mense is hy deel van 'n nuwe geslag wynboere wat wil voortbou op die ervarings van 'n ouer geslag wat voor die koms van chemikalieë nie anders kon as om met die natuur saam te boer nie. Hulle wil tap van 'n enorme organiese wynmark wat toenemend deur internasionale mededingers ingepalm word.

Eerder as om net nog 'n handelsmerk op die wynrak te plaas, glo mnr. Du Preez dat hy met organiese verbouingspraktyke beter druiwe as voorheen produseer waarmee goeie wyn gemaak kan word. Sy wyn moet die verhaal kan vertel van die groeitoestande waartydens die korrels gevorm is. Die wingerdstok, eerder as keldertegnieke, moet die kleur, smaak en tekstuur bepaal.

Volgens mnr. Du Preez is daar 'n verskil tussen wyn wat van organies geproduseerde druiwe gemaak word en 'n organiese wyn. Laasgenoemde word ook van organiese druiwe gemaak, maar streng organiese beginsels geld wat die gebruik van omtrent alle chemiese middels in die kelder uitsluit.

Sy ideaal, sê mnr. Du Preez, is om met organiese boerderymetodes grondvrugbaarheid sodanig te verhoog dat hy sonder enige verdere chemiese bystand kan klaarkom. Volgens hom het kunsmis min lewegewende eienskappe. Die langdurige gebruik daarvan maak grond onvrugbaar tot waar siektes en plae feitlik onstuitbaar raak. Die enigste uitweg is om weer die natuurlike prosesse in die grond aan die gang te kry, glo hy.

Weltevrede spog met 70 hektaar wingerd waarvan die meeste rooiwynkultivars is. Hiervan is 26 hektaar reeds as organies gesertifiseer en die res in verskillende stappe van omskakeling.

Volgens mnr. Du Preez is daar nie 'n kortpad nie. Dit neem sowat vier tot vyf jaar om van 'n tradisionele boerdery om te skakel na een wat volgens organiese beginsels bewerk word en as sulks geklassifiseer is. Dit is egter ook net as toestande gunstig is. Dit kan heelwat langer duur as die grond 'n lang geskiedenis van swaar chemiese toedienings het. Swaar metale, byvoorbeeld, het 'n lang lewe.

Boonop is 'n organiese boerdery meer arbeidsintensief (30 % meer in sy geval) en oor die algemeen duurder om te bedryf as 'n tradisionele boerdery. Vir heelwat beginners is die grootste koste dikwels nie vir die omskakelingsproses nie. Groot verliese word byvoorbeeld gely met die eerste oes - bloot weens onvoldoende kennis en 'n onvermoë om gewasse behoorlik teen siektes en plae te beskerm.

Opbrengste kan heelwat laer bly vir die duur van die omskakelingsproses en selfs 'n geruime tyd daarna. Goeie bemarking en die premie wat vir organies geproduseerde produkte betaal word, vergoed egter in 'n groot mate hiervoor.

Vir organiese boere gaan dit egter meestal eerder om die beginsel as om wins, glo mnr. Du Preez. Boerdery volgens organiese beginsels bied hom nou die geleentheid om te boer soos hy altyd wou - met die toekoms in gedagte. Sy kinders is die sesde geslag op die plaas en hy probeer nou om die grondslag te lê vir nog vele geslagte wat moet kom. Daarom beskou hy goeie grond, sorgvuldige toesig en die vermoë om siektes en plae op beheerbare vlakke te hou, as 'n fokuspunt tot volhoubare boerderypraktyke.

Grondvrugbaarheid

Mnr. Du Preez sê lusern se diep wortelstelsel bring voedingstowwe soos minerale en spoorelemente na bo wat in ander omstandighede nie vir die wingerdstok beskikbaar sou wees nie. As peulplant stel die wortels ook stikstof vry. Lusern word hoofsaaklik op arm grond gebruik om die voedingstatus daarvan te verhoog.

Op die geiler grond word winterdekgewasse, soos korog, gesaai wat 'n growwe vesel gee as dit later platgeslaan word. Korog word met lupine afgewissel as dit goedkoper is. Growwe vesels help om kompaktering op veral sanderige grond teen te werk. Kompaktering word beperk deur trekkers hoogstens twee keer per jaar in die wingerd toe te laat, oestyd uitgesluit.

Hy verduidelik dat kompaktering, benewens talle ander nadele, ook wortelverspreiding beperk. Die ideaal is juis om wortels oor so 'n groot moontlik grondoppervlakte te laat sprei om die beskikbare voedings- en waterbronne ten beste te kan benut. Gevolglik word voorkeur gegee aan onderstokke met plat wortelstelsels wat die vermoë het om wyd te sprei, soos Ramsey, R110 en R101-14.

Met die dekgewasreste wat stadig in die middel van die rye ontbind, word die druifstok aangemoedig om sy wortels tot daar te sprei om die voedingstowwe te benut. Mikro-organismes speel 'n uiters belangrike rol in dié proses.

Kunsmis is ontoelaatbaar. Organiese boere is op goedgekeurde organiese bemestingstowwe aangewese. Bemesting word deur die natuur met behulp van onder meer die grondmikrobes verskaf. Perdemis word ook as plantvoeding op mnr. Du Preez se plaas ingespan.

Mnr. Du Preez verduidelik dat grond sy vrugbaarheid verloor as dit "mishandel" of bloot as 'n steriele medium beskou word met net een doel voor oë, naamlik om gewasse te anker sodat met chemiese middels na hul behoeftes en probleme omgesien kan word.

Sulke behandeling veroorsaak dat grond geleidelik sy natuurlike vermoë verloor om vrugbaarheid in stand te hou en patogene bakterieë te beveg. Gevolglik is al hoe meer kunsmis en chemiese middels nodig om hiervoor te vergoed. Dit veroorsaak 'n soort sneeubal-effek wat grond later bykans nutteloos maak.

Filloksera is 'n goeie voorbeeld van 'n wingerdsiekte wat toegeslaan het ná die natuur se verdedigingsmeganisme omvergewerp is.

In Kalifornië het wynboere byvoorbeeld probleme met die druifluis op die wortels van wingerde wat met chemiese middels bespuit word, maar selde by wingerde wat organies verbou word. Sommige van dié boere sê prontuit dat die plaag 'n simptoom van "siek" grond is.

Volgens die organiese beskouing is die uitwissing van siektes meestal 'n taktiese fout. In 'n wingerd is 'n groot verskeideneid plante, insekte, mikro-organismes. Só 'n stelsel het net genoeg peste wat as 'n voedselbron vir hul natuurlike vyande dien. Dié vyande hou dus die siektes op hul plek," sê hy.

Mnr. Du Preez beveg wingerdsiektes deur verbouingspraktyke te volg waarin hy dit moeilik vir die wingerdstokke maak om water en kos te bekom sonder om groei en opbrengs te benadeel.

Daarmee word verhoed dat die wingerde té geil groei. Sulke wingerde, glo hy, is sterk en gesond en oor die algemeen beter teen siektes bestand.

Hy werk nou saam met omliggende weerstasies wat gereeld siektedruk-waarskuwings aan hom stuur. Dit stel hom in staat om swambestryding, só aan te pas dat die beste voordeel behaal word.

Hoewel mnr. Du Preez in 'n streek boer wat bekend is vir min siektes, het hy tog probleme met swamsiektes soos witroes en knoppiesblaarmyt.

Dié siektes word met stuifswael ('n natuurlike produk) bestry.

Donsskimmel is steeds wingerboere se grootste probleem. Mnr. Du Preez glo die beste manier om dit te bestry is om wingerd te vestig op grond wat merendeels in 'n droër mikroklimaat groei.

Waar moontlik, moet hellings gekies word wat die meeste blootstelling aan sonlig en feitlik onbeperkte deurvloei van lug bied. Verdere deurlugting kan bewerkstellig word deur te verhoed dat die loof té dig groei. Geregistreerde middels vir organiese gebruik teen donsskimmel is beskikbaar . Bespuiting met koper is 'n tradisioneel organiese boerderypraktyk en nog onontbeerlik. Dit vorm egter 'n neerslag in die wyn en word daarom uiters oordeelkundig gebruik.

Witluis word bestry deur mierneste in die winter te verbrand. Dit word gewoonlik tydens die snoeiproses gedoen as die luise maklik sigbaar is.

Nog 'n manier is om wingerdstokke met 'n hoë besmetting van witluise oorhoofs te besproei. Dit was witluise af.

Maak

só om onkruid

te bestry

Onkruidbestryding is seker een van die moeilikste take waarvoor die wingerdboer te staan kom. In plaas daarvan om onkruid as 'n lastige probleem te sien, moet die organiese boer dit as 'n aanwins beskou. "Beskryf dit eerder as 'n dekgewas en groenbemesting en nie as 'n onkruid nie," sê mnr. Roelf du Preez.

Probleme met onkruid word egter nie altyd so maklik

opgelos nie. Daar is probleemonkruide wat spesiale behandeling verg wat nie

altyd op suiwer organiese beginsels berus nie. Onder hulle tel waterkweek (

Paspalum

), uintjies, gewone kweek en vaalkweek.

Sy plan van aksie teen dié kalante is om, in ooreenstemming met die klassifiserings-owerheid, die besmette kolle te isoleer en dit dan met sistemiese onkruiddoders te bestry. Daarna word die behandelde oppervlakte dig met strooi gepak om seker te maak dat hergroei in die kiem gesmoor word. Druiwe uit dié areas word weg van die organiese druiwe gehou.

Die beste tyd om sistemiese spuitmiddels te gebruik, is as plante hul rusfase betree en die plantsappe en voedingstowwe na die wortels en knolle beweeg. Onkruid op die bankies word voor saadvorming sommer met die hand uitgetrek. Kapmesse word ook gebruik. "Sagte" onkruid soos klitsgras, kankerroos, rolbos en wewenaars word as grondbedekking gelaat.

Onkruid kan ook meganies bestry word. Sommige werktuie van oorsee kan met motorfietse gesleep word om kompaksie in die wingerd te verminder. Ongelukkig is min hiervan in Suid-Afrika beskikbaar.

Lusern kan ook onkruid teëwerk. Daarbenewens is dit 'n

uitstekende grondopknapper. Die peulgewas word in smal strepe tussen die rye

geplant en op die regte tyd, kort voor saadvorming, met 'n bossieslaner plat

gesny. Die bossieslaner is spesiaal aangepas om die gekapte lusern netjies op

die bankie te plaas. Dié proteïenryke plant stel sy kosbare voedingstowwe vry namate verrotting plaasvind.

24 Mei 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
-0.5%
Rand - Pond
20.89
+0.0%
Rand - Euro
18.76
-0.6%
Rand - Aus dollar
12.11
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.6%
Platinum
1,016.29
-0.9%
Palladium
1,684.58
+0.9%
Goud
1,915.07
+0.1%
Silwer
23.46
-0.0%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
74,013
+0.5%
Alle aandele
80,141
+0.4%
Hulpbronne 10
75,044
+0.5%
Industriële 25
103,411
+0.8%
Finansiële 15
16,519
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
Alleen maar gelukkig
Ek is n sosiale spontane mens wat hou van lag en goeie geselskap. Ek werk hard, soms lang ure, maar hou ook van rustig wees. Ons is nie veronderstel om alleen deur die lewe te...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot