Dit kan die bron van verdere siektes wees, het navorsers van die Landbounavorsingsraad (LNR) en die Universiteit Stellenbosch luidens die vaktydskrif Plant Disease gewaarsku.
Hulle het die voorkoms van die swam Pseudophaeo- moniella globosa in gevestigde Suid-Afrikaanse olyf- boorde bestudeer. Dit is eers onlangs in Suid-Afrika geïdentifiseer as een van die oorsake van olyfstamsiekte, danksy die studies van dr. Meagan van Dyk, een van die navorsers.
Van Dyk het gesnoeide takke uit boorde reg oor die Boland ondersoek en die swam gevind op 37,5% van gesnoeide takke uit Paarlse boorde, 61,9% van Stellenbosse bome en 39,3% uit boorde rondom Worcester.