Waar kom jou liefde vir koffieboerdery vandaan?
My pa, Roy, was ‘n ingenieur wat in die Zimbabwiese hoëveld grootgeword het waar die familie met koffie geboer het. Daar het ek al die geheime van suksesvolle koffieproduksie geleer.
Ek het destyds met koffiesaad uit Malawi en Angola proewe gedoen om te bepaal wat die beste by ons aard.