Ons plant 12 tot 15 hektaar krulkool en haal sowat 16 ton tot 18 ton per hektaar af. Ons verbou hoofsaaklik krulblaar-(curly) kultivars wat ons in bossies of in sakkies, gewas en gereed om te gebruik, verkoop. Ons boer ook met kleiner hoeveelhede platblaar-krulkool. Krulkool is deel van die Brassica-familie.
Ja, ons kweek van ons ander gewasse hidroponies, maar nie krulkool nie. Hidroponika verwys na ’n groeiomgewing sonder grond. Dit is makliker om die gewasse te verwerk omdat dit makliker is om skoon te maak.
Dit duur sowat agt tot nege weke voordat jy ’n saailing die eerste keer kan oes. Ons pluk sowat drie, vier keer in ’n land.