’n Mens kan slegs in die somer by Barberton tamaties plant. Dit is egter riskant, want haelstorms kom voor en dit is dikwels warm en reënerig, wat siektes veroorsaak. In die winter is die dae warm, maar die nagte baie koud met swaar ryp wat soms voorkom. Daarom verbou ons tamaties slegs in kweekhuise.
Dit verleng die groeiseisoen, want ons kan heeljaar tamaties aan ons klante verskaf. Die risiko vir siektes en plae, en wind- en koueskade is ook aansienlik kleiner.
Dit is winsgewender as gewone tamaties. Ons stel voortdurend nuwe kultivars op die proef om nuwes te vind wat mooi lyk, heerlik smaak en ’n goeie opbrengs lewer.