AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Soet en suur van wynmark

Waarom floreer sekere dele van die wynbedryf, terwyl ander op die punt is om die handdoek in te gooi?

"Mense loop letterlik en smous met hul druiwe."

"In 2003 het ons R6 000 vir ons rooi druiwe gekry, nou kry ons R1 500."

"Ek kry dan nou vir my Steen (Chenin blanc) meer as vir my rooi druiwe."

"Daar is 'n oorvloed goeie vrugte beskikbaar. Ons kan kieskeurig wees."

"Die oes lyk goed. Die manne baklei oor ons druiwe en ons kan nie vir almal gee nie. Dis spesiale koelweer-Sauvignon blanc wat ons vir R6 000 per ton en meer verkoop."

"Ek kyk wyd rond, soek my druiwe uit en betaal tot R8 500 per ton vir Sauvignon blanc van Elim, die Langkloof en die Hemel-en-Aardevallei."

Dis wat 'n mens hoor as jy rondvra oor pryse in 'n jaar waarin druifgehalte glo amper perfek is. Vir wingerdboere wat die regte (gesogte) kultivars bied, werk die mark, maar vir honderde van hul eweknieë klop die syfers nie. In geen ander jaar het wingerdboere nog die wispelturigheid van 'n vrye mark so drasties ervaar nie.

Dis veral wingerdboere wat lewer aan produsentekelders - wat sowat 80 % van alle wyn wat in Suid-Afrika maak - wat sukkel. Die Suid-Afrikaanse Wyninligtingsdiens (Sawis) se syfers bevestig dit: In 2000 het produsentekelders gemiddeld R5 109 vir 'n ton Cabernet Sauvignon-druiwe betaal. In 2005 was die voorlopige prys R2 267. In teenstelling daarmee was Sauvignon blanc-druiwe se gemiddelde prys R1 828 in 2000 en R2 365 in 2005.

Mnr. Henk Bruwer, voorsitter van Wynkelders SA, wat alle produsentekelders verteenwoordig, sê sekere produsente teer nou op hul reserwes. "Die situasie wat verlede jaar geheers het, is nie volhoubaar nie. Produsente word gemiddeld nie naastenby betaal wat hulle verdien nie. As daar nie dringend verandering kom nie, kan dit katastrofies wees."

Finansiële ontledings wat mnr. Gert van Wyk, landbou-ekonoom van VinPro, sedert 2004 by meer as 200 wingerd- en wynboere in alle wynboudistrikte doen, toon ongunstige neigings. Hoewel die syfers in Van Wyk se ontleding gemiddeldes is en daar dikwels groot verskille tussen distrikte en plase is, het hy met die 2005-opname gevind dat die deelnemende produsente 'n kommerwekkend lae netto boerdery-inkomste (NBI) realiseer. Hul winsmarge het met meer as 50 % sedert die voorafgaande oesjaar gedaal. "Dit wil uit die 2006-oesjaar se ontledings voorkom asof die daling ten opsigte van die gemiddelde NBI van die bedryf voortduur en dat dit nou waarskynlik kritieke afmetings begin aanneem."

Gesprekke met wynbedryfsleiers, wynmakers en wingerdboere toon dat die verskil tussen wins en verlies op vele fronte lê. 'n Goeie druifprys is 'n kombinasie van die regte kultivar uit die regte gebied, terwyl die towerwoorde vir 'n suksesvolle wynhandelsmerk posisionering op die regte prysvlak, waardetoevoeging en bemarking is.

"Ons sien nou die lelike kant van kapitalisme," sê die voorsitter van die Onafhanklike Wingerdbouersvereniging, mnr. Tielman Roos van Mooiplaas, Stellenbosch. Volgens hom kry produsente in sekere distrikte swaarder as ander vanweë laer tonnemaat per hektaar.

Selfs binne distrikte verskil pryse. "Een ou wat 90 % rooi en 10 % wit druiwe het, word anders getref as 'n boer met 'n ander kultivarsamestelling. Of 'n produsent se wingerde in die hoër, koeler dele van Stellenbosch geleë is of in 'n gebied wat beter geskik is vir rooikultivars, maak ook 'n verskil. Die produsent wat rooi kultivars aangeplant het, het vier jaar gelede 'n goeie besluit geneem met die kennis wat toe beskikbaar was, maar nou is dit nie meer wat die mark soek nie. Dit noodsaak die bedryf om beter navorsing te doen ten einde beter aanbevelings aan produsente te maak."

Roos sê maatskappye aan wie druiwe gelewer word, het ook 'n groot impak. "Sekere maatskappye betaal steeds vir druiweprodusente pryse wat hul langtermynsiening weerspieël. Dis die regte siening, want goeie druiwe is nie 'n kommoditeit nie. Dis eties korrek dat produsente betaal word wat die druiwe werklik werd is."

Volgens Roos help dit ook as 'n produsent 'n paar jaar gelede 'n eie handelsmerk gevestig en suksesvol bemark het. Vir húlle is die laer pryse voordelig, want hulle kry goeie druiwe goedkoper.

Roos sê die hele wynbedryf moet die huidige krisis op 'n geordende, opbouende manier aanpak om die posisie van produsente beter te bestuur. Dit sal ook nodig wees om te kyk of primêre produsente 'n regverdige deel kry van die waarde wat in die wynproduksieketting geskep word.

Die wynbedryf is net so onderworpe aan modegiere as enige ander bedryf. Sauvignon blanc, en in 'n mindere mate Chenin blanc, uit koel gebiede ry nou die golf van gewildheid. Ander kultivars wat aan streng en spesifieke vereistes voldoen, behaal ook hoër pryse. Sauvignon blanc en in 'n mindere mate Chenin blanc se prys is nog realisties, hoewel Roos meen die tekort aan dié kultivars word nog nie in die pryse daarvoor weerspieël nie.

Hy meen Cabernet Sauvignon en Merlot is in die swakste posisie. Boonop toon Sawis se statistieke dat die oorskot nog tot 2011 gaan voortduur.

Mnr. Jan Louw, mede-eienaar van die Lutouw-landgoed by Lutzville, sê hul koelweer-Sauvignon blanc is so in aanvraag by wynmakers dat hulle nie aan almal kan voorsien nie. Hulle kry R6 000 per ton en meer, en verkoop selfs Chenin blanc vir R2 500 per ton.

Ook mnr. Kosie Steenkamp van Groenland-wynlandgoed by Stellenbosch sê produsente wat die regte kombinasie van kultivar en terroir het, kan beter pryse behaal. Hy verkoop 100 ton Merlot teen net meer as R4 000 per ton en kry tot R3 600 per ton vir Chenin blanc wat van 'n hoogliggende blok op sy plaas kom. Steenkamp meen dit help om self wyn te maak, maar waarsku dat bemarking en skoue duur, en mededinging straf is. "Dis 'n gesukkel om in die buiteland 'n deurbraak te maak."

Sekere dele van die wynbedryf kry nou te doen met die moeilike kant van die vryemark-ekonomie, sê dr. Johan van Rooyen, hoofbestuurder van die Suid-Afrikaanse Wynbedryfsraad. "Wat ander markte raak, beïnvloed ook die wynbedryf."

Van Rooyen stem saam dat individue nie beheer het oor die wisselkoers nie, maar dat dié wat wynmarkte met verkeerde wisselkoersverwysings betree het, nou swaarkry. "Wynuitvoerders wat op 'n wisselkoers van R6 of R6,50 vir 'n dollar werk, gaan dit maak."

Dit verbaas hom nie dat tientalle plase in die Stellenbosch-omgewing in die mark is nie. "Enige plaas is in die mark as die prys goed genoeg is. Sekere eienaars kan nie die geleentheid weerstaan om 'n goeie saketransaksie aan te gaan om 'n deel van hul grond te verkoop nie. Ek het onlangs 'n aanbod van 'n vooraanstaande wynboer gekry wat 'n deel van sy grond wil verkoop om kapitaal te kry om sy wynkelder te moderniseer."

Verder sê Van Rooyen hoe meer mense wynplase om nie-landbouredes besit, hoe meer opportunisties raak die mark. "Daar word dikwels te veel vir grond betaal, maar mense wat genoeg geld buite die landbou gemaak het, kan moeilike omstandighede oorleef of besluit die opbrengs op hul belegging is te klein, en verkoop. Landbouwaarde speel dus nie altyd 'n deurslaggewende rol nie - veral nie in die Stellenbosch-omgewing nie."

Op 'n onlangse VinPro-inligtingsdag het mnr. Tom Blok van PricewaterhouseCoopers die gebrek aan finansiële inligting in die wynbedryf betreur.

Mnr. Abrie Botha, voorsitter van Westcorp Internasionaal en VinPro, het toe gesê die belangrikste inligting wat wynprodusente nodig het, is om die koste-gelykbreekpunt van wynproduksie te verstaan. Wynprodusente moet verder verstaan watter kleinhandelpryse vir Suid-Afrikaanse wyne behaal kan word en wat die pryse beïnvloed, sowel as die kleinhandelpryspunt waarby Suid-Afrikaanse wyn nie meer winsgewend is nie. "Daar is te veel produsente en kelders wat inisiatiewe aanpak sonder dat hulle verstaan wat die moeite en koste behels met die vestiging van handelsmerke."

Wingerdboere se moeilike finansiële omstandighede het ook 'n uitwerking op wingerdkwekerye, sê mnr. André le Roux, bemarker van die Lelienfontein-wingerdkwekery buite Wellington. Volgens hom neem hul verkope elke jaar af en word hulle gedwing om meer aan bemarkingskoste te bestee. "Alle kwekers ent minder. In 2005 het die hele bedryf sowat 29 miljoen entjies gemaak en verlede jaar was dit omtrent 24 miljoen entjies. Van die stokke wat geënt is, word dikwels weggegooi."

Wingerd- en wynboere met wie dit goed gaan, het 'n langtermyn-siening van hul handelsmerk en hulle het nie hul bestelling van wingerdstokke verklein nie, sê mnr. Johan Wiese, mede-eienaar en direkteur van die Voor-Groenberg-wingerdkwekery buite Wellington.

Hy sê benewens die groot vraag na wit kultivars, soos Sauvignon blanc, Chenin blanc en Colombar, is Pinot noir-materiaal, veral vir vonkelwyn, in aanvraag. "Die langtermynneiging is opwaarts. Daar was nog nooit so 'n vraag na Pinot noir soos nou nie. Daar is ook 'n groter vraag na Pinotage-stokkies, moontlik vanweë die gewildheid van rosé-wyn."

Dit is egter 'n klein persentasie van die bedryf, sê Wiese. Sedert 1999 het die totale wyndruiwe- en tafeldruiwemateriaal-omset gehalveer. In 1999 het die hele kwekerybedryf amper 60 miljoen stokke geënt, nou is dit 20 miljoen tot 30 miljoen.

Kleiner volumes is vanjaar volgens hom 'n gegewe, en omdat vele wingerdboere onseker oor hul inkomste is en daarom nie wingerdstokkies bestel nie, moet kwekerye spekulatief ent om voor te bly.

Daar is planne

Daar is geen tekort aan planne om ongunstige markfaktore in voordele te omskep nie. Dit verg egter kopskuiwe by wingerdboere, streng strategieë vir produksie, markposisionering en bemarking, en dalk drastiese wingerdbestuurspraktyke.

Dr. Johan van Rooyen, hoofbestuurder van die Suid-Afrikaanse Wynbedryfsraad, sê op langer termyn is die oplossing om na hoërwaarde-nismarkte te beweeg omdat Suid-Afrika nie groot volumes produseer nie. "Ons wyn word internasionaal besonder hoog aangeslaan en ons pas van die beste wingerdboupraktyke toe. Ons kry nie swaar omdat ons tegnies nie goed is nie."

Volgens hom moet wingerd- en wynboere onthou hulle werk in 'n sikliese bedryf. "Die geheim tot oorlewing is om die siklusse ordentlik te bestuur."

Tog meen Van Rooyen die wynbedryf het sy onderste draaipunt bereik. Internasionale voorraad neem af en noudat die rand nie meer so sterk is nie, word groot uitvoerkontrakte gesluit. "Dis nou weer die moeite werd om uit te voer. Binnelands word ook 'n groter vraag na wyn verwag. Wyn is goed geposisioneer as 'n leefstylproduk en dit sal een of ander tyd móét opgaan.

"Wingerd- en wynboere kan nie net hoop vir die beste nie; hulle moet 'n definitiewe strategie hê. Daar moet 'n sterker besigheidsdimensie wees."

Verlede jaar was Distell in die nuus vanweë planne om wingerde "op die ys te plaas" en wingerdproduksie agterweë te hou totdat die druiwe-oorskot afneem. Mnr. Ernst le Roux, hoof van druiwe- en wynaankope by dié maatskappy, sê hulle toets in hierdie stadium bloot die konsep.

"Ons het so 4 hektaar wat ons nie oes nie. Ons wil kyk hoe reageer die wingerde en wat die finansiële implikasies van so 'n strategie is."

Volgens Le Roux word dit nêrens in die wêreld op 'n kommersiële skaal gedoen nie en word dit nie aanbeveel nie. "Ons moet eers ons feite bymekaar kry en kyk of dit so gedoen kan word voordat ons aanbevelings maak."

Wingerdprodusente kan nie nou gaan lê nie, sê die voorsitter van die Onafhanklike Wingerdbouersvereniging, mnr. Tielman Roos van Mooiplaas, Stellenbosch. "Primêre produsente moet 'n paar kopskuiwe maak, en byvoorbeeld dink aan alternatiewe gewasse, wyn- en ekotoerisme. Dié wat kan, moet 'n handelsmerk vestig en dit ordentlik bemark."

Alternatiewe gewasse soos olywe, die uithaal van marginale blokke en 'n meer kritiese beoordeling van enkelblokke is almal goeie planne.

Verder kan druiweprodusente drupstelsels installeer en gehalte handhaaf deur op die goeie blokke te konsentreer om wyn vir duurder markte te lewer.

Meedoënlose bemarking noodsaaklik

Die suksesvolles, die wynboere wat nou wen, sê almal dis bemarking wat die deurslag gee.

Mnr. Charles Back, eienaar van die landgoed Fairview by die Paarl, sê om 'n goeie bottel wyn te maak, is nie juis 'n groot voordeel nie. "Die geheim is om die bottel wyn 'n produk te maak wat verbruikers wil hê. Verbruikers se behoeftes verander voortdurend en drasties, en as jy nie die hele tyd aanpas en vernuwe nie, sal jy nie bybly nie."

By Fairview glo hulle wyn moet deel wees van 'n pakket. Daarom het hulle begin kaas en olyfolie maak en 'n restaurant geopen. "Jy moet meer bied as net wyn. Jy moet 'n toerismepakket om wyn bou."

Back sê verder hul belangrikste doelwit is om verbruikers tevrede te hou. Met die groot hoeveelheid druiwe van goeie gehalte wat nou beskikbaar is, kan hulle kieskeurig wees en hul wyngehalte merkwaardig verbeter.

"Ons beskou dit nie as 'n moeilike tyd nie. As dit swaar gaan, gaan dit met ons goed. Ons groei dan. Ons handelsmerk staan sterk. Ons gee nie ons wyn verniet weg of verkoop dit teen afslagpryse nie. Dis 'n eenvoudige resep. Dit gaan oor waardes en vasstaan. Suid-Afrikaners het mos die gewoonte om te skep as dit goed gaan."

Mnr. Beyers Truter, eienaar en keldermeester van Beyerskloof by Stellenbosch, wat pas 'n toerismekompleks op sy plaas gebou het, sê 'n gevestigde handelsmerk is belangrik, maar dit "kom net deur vir ure die voetwerk te doen".

Die welslae wat Beyerskloof Pinotage behaal, het nie oornag gebeur nie. "Bemarking hou nooit op nie. Dis 'n langtermynding.

"Wyngehalte speel 'n rol," sê hy, maar hy meen bemarking en waarde vir geld is amper belangriker. Verder is hul kliënte "konings".

'n Man wat nie skaam is om meer as R8 000 per ton vir uitgesoekte koelweer-Sauvignon blanc-druiwe te betaal nie, is mnr. Bartho Eksteen, mede-eienaar en wynmaker van die Hermanuspietersfontein-kelder op Hermanus.

Hy sê die welslae van 'n wyn-handelsmerk staan op drie bene: Die wyn moet "in die publiek se gesig" bly, dit moet goed wees en bemarking moet vlot verloop. Hy sê trouens dat in die eerste paar jaar amper meer geld aan bemarking bestee moet word as wat wynverkope inbring.

Eksteen en die mede-eienaars van Hermanuspietersfontein Wingerde, Johan en Mariette Pretorius, meen ook wynkelders moet meer as net wyn aan kliënte bied. Saterdae hou hulle dus 'n boeremark by die kelder om "voete in die kelder" te kry, Hermanus te bevorder en 'n alternatief tot kommersialisering te bied.

Landbouweekblad, 16 Maart 2007

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
-0.8%
Rand - Pond
20.18
-1.2%
Rand - Euro
17.73
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.57
+0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,662.33
+0.1%
Silwer
19.03
+1.1%
Palladium
2,167.00
-1.8%
Platinum
864.26
-0.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot