
Volgende jaar se Wêreldbekersokkertoernooi bied om ’n hele paar goeie redes ’n unieke bemarkingsgeleentheid vir Suid-Afrikaanse avokado’s, sê mnr. Rob Metcalfe van Richmond Towers, die SA Avokadokwekersvereniging se bemarkingsagentskap in Brittanje.
Metcalfe het op die Subtropsimposium in Limpopo gesê danksy volgende jaar se sokkertoernooi is daar ’n groot media- en verbruikersfokus in Brittanje op Suid-Afrika.
“Dit sal Suid-Afrika van nou af in die kollig plaas tot die einde van volgende jaar se somer. Dit gaan voorwaar dié somer vir Suid-Afrika wees,” het Metcalfe gesê. Daar is tekens dat markte begin herstel ondanks die resessie, meen hy.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 11 Desember 2009.
3 Desember 2009