AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Sonmiddels van alle kante bekyk

In die seisoen 2000/01 het sonbrandskade die Suid-Afrikaanse mangobedryf 'n geskatte R19,5 miljoen gekos.

Sonbrandskade aan mango's is 'n ernstige probleem wat tot 'n oesverlies van tot 10 % en afgradering van tot 30 % van uitvoervrugte kan lei. In die seisoen 2000/01 het sonbrandskade alleen die Suid-Afrikaanse mangobedryf 'n geskatte R19,5 miljoen gekos.

Dr. Danielle le Lagadec, 'n navorser van die Hans Merensky-stigting, sê vroeëre navorsing oor sonbrand by mango's het met beskermende kappies as 'n oplossing vorendag gekom. Dít word steeds algemeen deur mangoboere gebruik.

In meer onlangse navorsing het verskillende wit, beskermende chemikalieë die lig gesien wat almal as sonbrandbeperkende middels beskikbaar is. Van hierdie middels bevat die natuurlike middel kaolien en dit lyk baie belowend, maar die gebruik daarvan is ongelukkig nie sonder probleme nie.

Le Lagadec sê die doel van die proef was dus juis om die verskillende middels in die praktyk met mekaar en ook met die amper tradisionele gebruik van die beskermende kappies te vergelyk. Die middels Mangocote, Shadow, Surround en Gluex asook die kappies is in die seisoen 2002/03 op die landgoed Mariepskop by Hoedspruit vergelyk met 'n onbehandelde kontrole.

Die seisoen 2002/03 was besonder warm en droog en op Mariepskop is minder as 40 % van die gewone reënval gemeet. In die proefboord was die gemiddelde temperatuur vanaf September tot April 26,8 °C. Die gemiddelde dagtemperature in die proefboord was 36,4 °C, met maksimum temperature van hoër as 40 °C vir 33 % van die proeftydperk.

Die proef is uitgelê op 1 ha met Kent-bome van tien jaar oud. Al die wit weerkaatsende middels, behalwe die middel Mangocote, is aangewend met Nu-Film-P as kleefmiddel. Die middels is teen 1 000 l/ha met 'n trekkerspuit toegedien of teen 375 l/ha waar die individuele vrugte aan die boom in die middel gedompel is.

Die hele proefboord, behalwe vir dié deel wat met Mangocote behandel is, is elke twee weke met koper-oksiechloried teen 300 gram per 100 liter vloeistof bespuit om die oes teen enige patologiese organismes te beskerm. Omdat Mangocote se samestelling koper insluit om voor- en na-oes-siektes hok te slaan, is die vrugte in die proefboord etlike kere in die proeftydperk ondersoek vir die moontlike voorkoms van bakteriese swartvlek.

Die proefboord is optimaal besproei gedurende die vrugontwikkelingsperiode en die mango's aan albei kante van die bome is met die verskillende middels behandel. (In kommersiële boorde word die kappies op die vrugte aan die warmer noordwestekant van die bome gesit, terwyl die vrugte aan die koeler suidoostekant in sonbrandmiddels gedompel word.)

Duidelike verskille het voorgekom in die vermoë van die onderskeie middels om aan die vrugte te kleef.

'n Ewerediger bedekking is gekry by vrugte wat in Mangocote gedompel is teenoor die vergelykende bedekkings van die ander middels. Die middel Gluex het hier die swakste gevaar en wou eenvoudig nie aan die vrugte kleef nie. Gluex word nie algemeen vir sonbrandbeskerming van vrugte gebruik nie, maar is op versoek van die mangoboere by die proef ingesluit.

Waar die middels in die proef aangespuit is, het Shadow en Surround meer aan die blare en takke gekleef as aan die vrugte, terwyl Mangocote weer beter aan die vrugte gekleef het as aan die blare. Die bome wat met die middels Shadow en Surround gespuit is, was maande nadat geoes is steeds wit van die spuitneerslae, terwyl dit nie die geval was by die bome wat met Mangocote gespuit is nie. Die middel Surround is eintlik ontwikkel vir die gebruik op appels en sagtevrugte waar dit doeltreffend is vir sonbrandbestryding, die bestuur van hittestres en die bestryding van verskeie plaagspesies. Anders as by mango's, verloor hierdie vrugsoorte hul blare in die winter en skep dit nie 'n probleem dat die produk aan die blare bly kleef nie.

Die mangobome in die proef wat met Surround en Shadow gespuit is en waar die wit spuitneerslag die blare nog lank bedek het, het aan vertraagde groeistuwing gely. In proewe met ander boomgewasse is gevind dat die wit weerkaatsende neerslag hittestres verminder het en dat fotosintese onder hoë temperature voortgegaan het lank nadat die onbehandelde blare opgehou het om te fotosinteer.

Daar word gespekuleer dat, in die geval van mangobome, die weerkaatsende middels die ouer blare langer aktief hou en verhoed dat hulle van die boom afval. Dít is nie noodwendig voordelig vir die boom nie, want 'n mangoboom gooi normaalweg sy ou blare aan die einde van die oesseisoen af en beleef 'n nuwe groeistuwing voordat dit die winterfase ingaan.

Hierdie groeistuwing is baie belangrik vir die ontwikkeling van die volgende seisoen se vrugte. In die proef het die meeste van die bome wat met die middels Shadow en Surround behandel is, nie 'n groeistuwing in die herfs gehad nie.

Wat die proef se resultate betref, sê Le Lagadec, het daar in Desember weinig verskil in sonbrand voorgekom tussen die verskillende behandelings en selfs die kontrole-behandeling. Maar in Januarie was die verskil in die voorkoms van sonbrandskade tussen die behandelings duidelik sigbaar.

Mangocote, wat elke twee weke gespuit is, het die mango's vir die hele proeftydperk teen sonbrandskade beskerm. Die vrugte wat in Mangocote gedompel is, het ook min sonbrandskade opgedoen, maar die Gluex-behandelings het basies geen beskerming vir die vrugte teen sonbrand gebied nie.

Die meer tradisionele gebruik van kappies teen sonbrand was een van die beste behandelings wat selfs beter kon vaar indien meer vrugte van kappies voorsien was.

Omdat Mangocote koper bevat en gereeld gespuit is, is die voorkoms van siektes voor en ná oes dopgehou. Die voorkoms van bakteriese swartvlek op vrugte was feitlik afwesig. Dit kan waarskynlik toegeskryf word aan die droë toestande en die gereelde koperbespuitings. Meer probleme het egter kop uitgesteek by vrugte wat in Mangocote gedompel is. In vorige proewe is ook gevind dat die herhaalde gebruik van Surround en Shadow gelei het tot 'n toename in die voorkoms van dopluise. Hierdie afleiding kon egter nie bevestig word uit die resultate van die huidige proef nie.

In die proef is verder gevind dat die wit weerkaatsende produkte wat gebruik is, wel 'n uitwerking het op die blos-ontwikkeling van die vrugte. Soos te wagte was, sê Le Lagadec, het die swakste blos-ontwikkeling plaasgevind by die vrugte wat met die kappies bedek was.

Die bome wat met die kaolien-middels gespuit is, kon met beter blos-ontwikkeling spog as die bome waarvan die vrugte in die middels gedompel is.

Die vrugte wat in die koalien-middels gedompel is, het geneig tot 'n onewe blos en die voorkoms van spikkels.

Een groot nadeel is dat dit, ondanks die gewone was-, borsel- en waksprosesse in die pakhuis, moeilik is om die wit, weerkaatsende middels ná oestyd van die vrugte te verwyder. Selfs die vrugte wat met kappies bedek was, het dieselfde probleem opgelewer omdat die koper-oksiechloried waarmee dit bespuit is sowat 10 % kaolien bevat.

Volgens Le Lagadec lê die werklike waarde van hierdie plaasproef in die kostevergelyking van die verskillende behandelings. Hiervoor is die waarde van die oes van elke behandeling bereken volgens die persentasie uitvoergehalte-vrugte minus die koste van die middels en die toedieningskoste. In die lig van die seisoen 2002/03 se klimaat- en omgewingtoestande op Mariepskop was die gebruik van kappies die kostedoeltreffendste van ál die verskillende behandelings.

Bespuiting met Mangocote (ook die dompeling van vrugte daarin) en met Surround het goeie resultate gelewer.

Die risiko van sekondêre dopluisbesmetting waar die kaolien-middels herhaaldelik gebruik word, moet egter opgeweeg word teen die voordele van hierdie middels.

Op grond van hierdie proefresultate kan sekere afleidings en aanbevelings gedoen word: Indien 'n vroeë sonbrandjaar verwag word, sal 'n enkele bespuiting met Mangocote middel Oktober raadsaam wees.

Dit kan later in die seisoen gevolg word met die opsit van kappies of deur die vrugte in Mangocote te dompel. In 'n droë jaar sal een of twee keer se dompel in die Mangocote-oplossing moontlik doeltreffende beskerming bied, maar in 'n nat jaar sal die kappies beter beskerming bied.

Herhaalde bespuitings met die wit, weerkaatsende produkte word tans nie aanbeveel nie totdat die risiko van sekondêre plaagbesmetting behoorlik bestudeer is.

Dit bly belangrik om te onthou dat die resultate van hierdie proef vir 'n spesifieke seisoen op 'n spesifieke plaas geld. Boere moet die resultate nie sonder meer toepas nie, sê Le Lagadec.

13 Februarie 2004

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,767.24
-1.7%
Silwer
22.22
-4.1%
Palladium
1,874.00
-1.4%
Platinum
999.50
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kok will Jou lewe bietjie geur gee
Ek is oop, spontaan, gemaklik, avontuurlustig en altyd n bok vir sports. Ek geniet die lewe en altyd n glimlag. Ek GLO die lewe kort altyd daai sprankel van n goeie humor sin.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot