AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Spanwerk trek wa deur drif

'n Tafeldruifprodusent het onlangs 'n buitengewone prestasie behaal.

'n Tafeldruifprodusent het onlangs 'n buitengewone prestasie behaal deur met sy eerste probeerslag die streng produksie-oudit van die grootste supermarkgroep in Brittanje foutloos te slaag.

Digby een van die verste grense van die Wes-Kaap, net oos van Van-rhynsdorp, lê Nuwepos; vir jare een van die grootste skaapplase in die distrik, maar deesdae beter bekend as 'n uitvoer-tafeldruifplaas waar daar na die omgewing omgesien word en boerderypraktyke aan die hoogste standaarde voldoen.

Nuwepos se eienaar, mnr. J.B. Lazarus, en sy vrou, Marétha, het pas hul tweede druiwe-pakseisoen agter die rug. Hulle kan uiteindelik terugkyk op harde werk en 'n uitsonderlike prestasie, naamlik om foutloos aan elke vereiste van die Tesco-supermarkgroep se Nature's Choice-praktykkode te voldoen en die gesogte Nature's Choice Gold-sertifisering te verwerf.

"Ons het gemiddeld 14 tot 18 uur per dag gewerk om veral alle administratiewe vereistes in orde te kry. Ons hoofbestuurder, mnr. Nico Schade, het ongelooflik hard gewerk om alle planne en veranderinge prakties in werking te stel. Saam met mnr. Floors Cloete, die algemene toesighouer, hou hy ook die plaas se rekordhouding in orde."

Die oorskakeling na 'n omgewingsvriendelike boerdery waar alles volgens noukeurige planne moet geskied en elke aktiwiteit geboekstaaf moet word, was volgens die Lazarusse nie maklik nie.

"Ons moes ons totale uitkyk verander. Ons kon nie voortgaan om op ons ou manier te lewe en te boer nie. Ons moes 'groen' dink én leef. Nuwepos se hele werkerskorps moes dié denke met ons deel en uitleef. Dit kos baie motivering om veral die ouer geslag van ou sienings te laat afwyk."

Me. Sarah le Grange, omgewingskoördineerder van Capespan, het die Lazarusse gehelp om vir die oudit voor te berei. Sy sê dit gebeur nogal selde dat 'n produsent in sy eerste oudit sonder enige tekortkominge aan ál die vereistes voldoen. "Dis meer algemeen dat inspekteurs ná oudits 'n aantal tekortkominge aan produsente uitwys wat reggestel moet word voordat die boerdery gesertifiseer word."

Le Grange sê die Lazarusse se spanpoging — veral Marétha se noukeurige boekhouding en nougesette nakoming van alle administratiewe vereistes — het die wa deur die drif getrek. "Hul ingesteldheid is reg en dit het hulle gehelp om in so 'n kort tyd 'n volhoubare stelsel te vestig."

Produsente wat om Nature's Choice-sertifisering aansoek doen, het in baie gevalle reeds Eurepgap-sertifisering behaal. Waar Eurepgap volgens Le Grange 'n minimum-toetreestandaard vir sekere Europese supermarkte is, stel Nature's Choice verdere vereistes ten opsigte van veiligheid en die omgewing. Die Eurepgap- en Nature's Choice-sertifikaat is net vir 'n jaar lank geldig, wat produsente verplig om volhoubare boerderypraktyke toe te pas.

Nature's Choice is 'n boerderypraktykstandaard wat voorsiening maak vir die verantwoordelike gebruik van landbouchemikalieë en bemestingstowwe, die voorkoming van besoedeling, die beskerming van menslike gesondheid en veiligheid, die doeltreffende gebruik van energie en ander natuurlike hulpbronne, die hergebruik van afvalstowwe, asook omgewingsbewaring en verbetering deur middel van 'n geïntegreerde bestuursplan.

Dit is juis die geïntegreerde bestuursplan wat Nature's Choice-sertifisering onderskei van ander stelsels. Die Nature's Choice-praktykstandaard erken dat boerdery neerkom op 'n versteuring van die natuurlike omgewing. Daarom vereis dié standaard dat produsente wat aan die Tesco-supermarkgroep produkte lewer, bewys moet lewer van boerderybestuurs- en produksiepraktyke wat skade aan die omgewing tot 'n minimum beperk en, waar moontlik, selfs die omgewing verbeter.

Me. Anél Blignaut, die omgewingskundige wat 'n geïntegreerde bestuursplan vir Nuwepos opgestel het, sê haar bydrae was om die huidige situasie op die plaas ten opsigte van die natuurlike omgewing, afval- en waterbestuur en die hantering van landbouchemikalieë, brandstof, olie en smeermiddels te evalueer, aanbevelings vir verbeterings te doen en 'n plan op te stel waarvolgens dié aspekte bestuur moet word.

Wat afvalbestuur betref, vereis die Nature's Choice-standaard dat produsente in die eerste plek moet probeer om afval te verminder of planne maak om dit te hergebruik of te herwin, en — as 'n laaste uitweg — te stort. Die hantering en opberging van chemikalieë moet eweneens op verantwoordelike wyse gedoen word om sodoende die omgewingsbesoedelingsrisiko tot die minimum te beperk. Dit is dus nodig om buffersones rondom die wingerde te identifiseer om die besoedeling van natuurlike plantegroei, waterweë en ander risiko-gebiede, soos behuising en die pakskuur, te voorkom.

'n Groot deel van die omgewingsimpakstudie omvat 'n bestuursplan vir die natuurlike omgewing — veral die onbewerkte dele van die plaas wat as 'n natuurlike habitat kan dien vir voëls en diere. Dit skenk dan ook spesifiek aandag aan die monitering daarvan en die beskerming van skaars en bedreigde plant- en diersoorte. Die verwydering van uitheemse indringerplante en die metodes wat daarvoor gebruik word, is ook belangrik in die omgewingsbestuursplan. Daarbenewens moet daar beplan word om erosie te voorkom en erosieskade te herstel.

Die Nature's Choice-boerderypraktykstandaard verplig boere nie om die dienste van 'n omgewingskundige te gebruik nie. Daar is sekerlik ook kundige boere wat groot dele van die omgewingsevaluering self kan doen. Tog sê Blignaut dit is sterk aan te beveel om 'n opgeleide, onafhanklike kundige te gebruik wat 'n ingeligte interpretasie kan gee van die magdom omgewingswetgewing wat by die proses betrokke is.

Met so baie dinge wat binne drie en 'n half maande gereed moes wees, erken J.B. dat hy sonder sy vrou se hulp nie alles in so 'n kort tydjie sou kon vermag nie. "Sy hanteer alle rekeninge en lone, en aan die einde van die jaar bestuur sy die pakskuur. Sy is onmisbaar in die pakskuur; veral waar dit oor menslike higiëne en veiligheid gaan. Sy hanteer ook die inname-dokumente en die totale rekordhouding van ons daaglikse verpakkings. Paktyd werk ons twee as 'n span om te sorg dat werkers se harde werk om 'n produk van gehalte vir die uitvoermark voor te berei, in die karton kom — gereed vir uitvoer."

Om vir 'n produksie-oudit voor te berei, is nie goedkoop nie, veral as dit 'n produsent se eerste oudit is. "Vir ons was dit duur; ons moes 'n gewone plaas van niks tot die hoogste sertifisering voer. Net die veiligheidsklere, toerusting en bordjies alleen het sowat R30 000 gekos."

Verder moes die plaas se chemikalieë-opbergplek beveilig word; by elke wateraftappunt moes stapelriole ("French drains") gebou word; daar moes 'n waskamer met warm en koue water vir die spuitoperateurs gebou word; en keermure by die vloeibare kunsmis-, vuil olie- en brandstofpunte. Saam met alle ander geriewe, dreine, aftappunte, die opleiding en omgewingsimpakstudies, het dit volgens J.B. meer as R100 000 gekos.

"Of die geld die moeite werd is, sal die tyd leer, maar ek wil nooit weer anders op my plaas boer nie. 'n Mens voel eenvoudig meer in beheer met alles aangeteken en op hul plek," sê J.B. Hy dink tog dat hulle in die toekoms baie kostebesparings sal ervaar juis omdat alles so deeglik gekontroleer word.

Hul taak is vergemaklik deurdat hulle net een plaas gehad het om voor te berei en hulle van die begin af die meeste dinge reg gedoen het. Een van die grootste struikelblokke op hul pad na sertifisering was die afwesigheid van 'n nabygeleë tafeldruifplaas wat reeds die sertifisering ontvang het.

Die afsnydatum om aan Tesco Nature's Choice se voorskrifte te voldoen, is einde 2005. Le Grange moedig boere aan om so gou moontlik die standaarde te begin implementeer sodat hulle genoeg tyd het om volhoubare stelsels te vestig voor die afsnydatum.

Tog waarsku sy dat sertifisering alleen nie genoeg is om te verseker dat produsente na supermarkte kan uitvoer nie. "Gehalte is 'n gegewe en 'n produsent moet 'n produk lewer wat op die mark in aanvraag is, en in die geval van Nature's Choice 'n bewese kontrak met die Tesco-supermarkgroep hê."

J.B. meen om deur sertifisering aan buitelandse kopers se vereistes te voldoen, is die weg na vooruitgang. "Die hele proses dwing jou om `groen' te dink, kostedoeltreffend op te tree en deeglik te beplan." Aangesien die sertifisering net vir 'n jaar geldig is, loon dit boere beslis om toe te sien dat standaarde nie verslap word nie en dat rekordhouding foutloos bygewerk word.

J.B. sê hy is bereid om sy kennis aan ander boere beskikbaar te stel wat nie kortpaaie soek nie, veral omdat hy glo dit kan op die duur bydra tot die vooruitgang van die tafeldruifbedryf. Boere is welkom om 'n afspraak te maak om Nuwepos te besoek en te sien hoe 'n plaas moet lyk wat aan die hoogste Britse standaarde voldoen.

  • Navrae: Mnr. J.B. Lazarus, tel. 027 219 1446, sel 082 800 7373 of e-pos: jblaza rus@kingsley.co.za.

    Volg dié pad

    Vir produsente wat vir sertifisering moet voorberei, het mnr. J.B. en mev. Marétha Lazarus 'n paar praktiese wenke:

  • Kry 'n goeie uitvoerder. "Die top-uitvoerders het 'n magdom inligting beskikbaar en selfs adviseurs wat jou baie kan help en leiding gee."

  • J.B. en Marétha is dit eens dat dit die moeite werd is om professionele hulp te kry met die voorbereiding vir die oudit. Mnr. Kobus Hartmann en me. Sarah le Grange van Capespan se omgewingsake-afdeling het hulle bygestaan. "Hul hoogs professionele diens het Nuwepos se bestuurspan gemoedsrus gegee. Ons kon hulle enige tyd bel om raad te vra. Albei se standaarde is geweldig hoog — iets wat sterk na vore gekom het tydens ons pre-oudit. Sonder hulle sou ons nooit 'n foutlose oudit kon slaag nie. Hul kennis en ervaring boesem vertroue in."

  • Voordat enige van die vereistes in werking gestel word, meen J.B. dit is 'n goeie plan om saam met die bestuurders en die plaas se leier-werkers ander plase te besoek wat reeds gesertifiseer is. Dit is altyd goed om 'n kamera saam te neem op sulke plaasbesoeke. "Op elke plaas wat jy besoek, sien jy iets wat jy dalk — met enkele veranderinge — wil nadoen."

  • Tesco Nature's Choice se besonder hoë standaarde kan volgens die Lazarusse net behaal en volhoubaar toegepas word as elke werker presies verstaan wat die boerdery se visie en boerderyplan is en wat hul aandeel in die welslae is. Daarom is ál die tyd wat aan kursusse en opleiding bestee word, nie vermors nie.

    Bedryf is hul toekoms

    Mnr. J.B. en mev. Marétha Lazarus het die tafeldruifbedryf redelik onlangs betree. Ná 2001 se swak pryse vir droog-sultanas het J.B. besluit om die 5 ha-blok Thompson's Seedless wat in 1994 vir droogdruiwe aangeplant is, om te skakel na tafeldruiwe. "Ons het deeglik ondersoek ingestel na alle fasette van die bedryf, maar veral gekyk na gehalte. In daardie stadium was die rand só swak dat tafeldruiwe twee keer aanlokliker gelyk het as droogdruiwe. Selfs nou met die sterker rand is dit steeds belowender as droogdruiwe.

    "Ek hou ook van die netheid van tafeldruiwe, en die fyn bestuur daarvan."

    Hy het gevind dat die finansiële opbrengs per hektaar aansienlik hoër is vir tafeldruiwe as vir droogdruiwe, en het sedertdien 2,5 ha Flame en 2,5 ha Sugraone onder skadunet aangeplant. Dié wingerde sal volgende seisoen in drag kom.

    Vir die seisoen 2002/03 was die opbrengs sowat 5 000 kartonne per hektaar. Hulle begin pak gewoonlik net ná Kersdag.

    27 Februarie 2004

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    17.46
    +0.5%
    Rand - Pond
    21.27
    +0.3%
    Rand - Euro
    18.31
    +0.0%
    Rand - Aus dollar
    11.69
    +0.8%
    Rand - Jen
    0.13
    +1.3%
    Goud
    1,767.24
    -1.7%
    Silwer
    22.22
    -4.1%
    Palladium
    1,874.00
    -1.4%
    Platinum
    999.50
    -2.0%
    Brent-ruolie
    85.57
    -1.5%
    Top-40
    68,543
    +0.5%
    Alle aandele
    74,693
    +0.5%
    Hulpbronne 10
    74,781
    +1.0%
    Industriële 25
    91,501
    -0.1%
    Finansiële 15
    15,595
    +1.3%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Kok will Jou lewe bietjie geur gee
    Ek is oop, spontaan, gemaklik, avontuurlustig en altyd n bok vir sports. Ek geniet die lewe en altyd n glimlag. Ek GLO die lewe kort altyd daai sprankel van n goeie humor sin.
    Watter land volgende?
    I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot