Corteva Agriscience het pas ’n nuwe swamdoder, ZorvecTM Encantia® (reg.nr. L11227, Wet 36 van 1947), bekend gestel wat spesifiek laatroes, ’n bakterie wat tans plaaslike aartappelgroei benadeel, bekamp.
Dié produk, gegrond op Zorvec Active, is die eerste in ’n nuwe klas swamdoders en het ’n unieke biochemiese werking wat geen kruisweerstand met bestaande swamdoders het nie.
“Ná meer as ’n dekade se navorsing het ons ’n nuwe produk ontwikkel met ’n ongeëwenaarde vlak van konsekwentheid, veral wat betref die bekamping van waterswamme (oomycetes). Dit maak laer bedryfskoste en groter doeltreffendheid moontlik,” sê mnr. Stephan Marais, produkbestuurder by Corteva Agriscience.