AFGRI
BEAN
06 Feb
-
9668
0,00
CORN
06 Feb
-
4540
0,00
SOYA
06 Feb
-
9515
0,00
SUNS
06 Feb
-
11477
0,00
WEAT
06 Feb
-
6655
0,00
WMAZ
06 Feb
-
4367
0,00
YMAZ
06 Feb
-
4372
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Spier bult spiere by Veritas

Spier Wyne het vir die tweede agtereenvolgende jaar die septer geswaai by die 20ste Veritas-toekennings, Suid-Afrika se belangrikste wynkompetisie.

Spier Wyne het vir die tweede agtereenvolgende jaar die septer geswaai by die 20ste Veritas-toekennings met nie minder nie as vyf dubbelgoud-toekennings en twee goud in die sak.

Uit ‘n totaal van 1 733 inskrywings kan slegs 64 wyne en brandewyne voortaan met die gesogte dubbelgoud simbool van topkwaliteit spog. Die toekennings is Vrydag (8 Oktober) tydens ‘n glansgeleentheid, geborg deur Agri-Expo, by die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum (KIKS) bekend gemaak.

Ander top-presteerders op die dubbelgoud- en goud-punteleer is Nederburg (3 dubbelgoud, 4 goud), Simonsig (3 dubbelgoud, 2 goud), Anura (3 dubbelgoud, 1 goud) en Kleine Zalze (3 dubbelgoud, 1 goud). Badsberg, Boplaas, De Grendel, De Krans, Fleur du Cap, Lomond en Saronsberg het ook uitgeblink met twee dubbelgoud-medaljes elk. (Sien foto van al die dubbelgoud-wenners onderaan artikel.)

Vir die eerste keer sedert Veritas twintig jaar gelede tot stand gekom het, is besluit om brandewyn ook by hierdie trotse tradisie van wynbeoordeling in te lyf. Uit die 40 brandewyne wat ingeskryf is, het Van Ryn’s, wat reeds sedert 1845 kwaliteitbrandewyn produseer, sy merk as toppresteerder gemaak met 2 dubbelgoud en 2 goud medaljes.

Die medaljeverdeling lyk vanjaar as volg: 64 (3,7%) dubbelgoud, 130 (7,5%) goud, 509 (29,4%) silwer en 673 (38,8%) brons.

Die wenwyne en -brandewyne

Die wynmakers van Spier net buite Stellenbosch het weer eens hul meesterlike benadering tot die maak van ‘n verskeidenheid kwaliteitwyne bevestig deur dubbelgoud te verower vir die 2008 Spier Creative Block 3, 2007 Spier Creative Block 5, 2007 Spier Private Collection Cabernet Sauvignon, 2008 Spier Private Collection Chardonnay en 2009 Spier Private Collection Sauvignon Blanc. Hul 2010 Spier Creative Block 2 en die 2008 Spier Private Collection Shiraz het goud ingeoes.

Nederburg het ook met sy wyn én brandewyn die kollig gesteel. Hy kry dubbelgoud vir die 1977 Nederburg Edelkeur, 2003 Nederburg Private Bin D266 Sémillon en 2008 Nederburg Private Bin Eminence. Goud is toegeken aan die 2010 Nederburg Private Bin D234 Sauvignon Blanc, 2009 Nederburg Private Bin D252 Sauvignon Blanc/Sémillon, 2009 Nederburg Private Bin Eminence en hul Nederburg Solera Brandy.

Simonsig het geskitter met dubbelgoud vir die 2005 Simonsig Cuvée Royale Blanc de Blancs MCC, 2006 Simonsig Kaapse Vonkel MCC en 2008 Simonsig The SMV Shiraz/Mourvedre/Viognier. ‘n Goue plakker sal voortaan op die 2010 Simonsig Chenin Blanc en 2008 Simonsig Pinotage Redhill pryk.

Anura het die beoordelaars beïndruk met sy 2006 Anura Merlot Reserve, 2008 Anura Pinotage Reserve en 2010 Anura Sauvignon Blanc Reserve Unfiltered en is hiervoor met dubbelgoud beloon. Die 2007 Anura Petit Verdot Limited Release het goud gewen.

Kleine Zalze spog met dubbelgoud vir sy uitsonderlike 2009 Kleine Zalze Family Reserve Sauvignon Blanc Sur Lie, 2008 Kleine Zalze Vineyard Selection Shiraz en 2009 Kleine Zalze Vineyard Selection Shiraz/Mourvedre/Viognier. Die 2005 Kleine Zalze Family Reserve Sauvignon Blanc Sur Lie is met goud bekroon.

Vanjaar se top brandewynpresteerder, Van Ryn’s, het twee dubbelgoud-medaljes vir sy potketel brandewyn ingeoes, naamlik die 12 Year Old Distillers Reserve en 20 Year Old Collectors Reserve. Boonop het hy ook twee goud medaljes verwerf vir die Van Ryn’s 10 Year Old Vintage en die 15 Year Old Fine Cask Reserve.

Medalje-oorsig

Sauvignon Blanc en Rooi versnitte is vanjaar se voorlopers op die dubbelgoud punteleer met nege toekennings elk, gevolg deur Pinotage (5), Shiraz (5), Chardonnay (4), Merlot (4), Port (4), Edellaatoes (3), Chenin Blanc (2), Natuurlike Soet (2), Méthode Cap Classique (2), Cabernet Sauvignon (2), Muskadel (2) en Wit versnitte (1). Die Museumklas het vyf dubbelgoud medaljes opgelewer met Edellaatoes (2), Witwyn (1), Dessertwyn (1) en Port (1). Potketel brandewyn het vyf dubbelgoud in die splinternuwe brandewyn klas gewen.

Sauvignon Blanc is ook bo-aan die goud punteleer met 17 toekennings, gevolg deur Rooi versnitte (15), Merlot (12), Shiraz (12), Chardonnay (8), Cabernet Sauvignon (8), Pinotage (8), Chenin Blanc (7), Muskadel (6), Wit versnitte (3), Méthode Cap Classique (3), Edellaatoes (2), Natuurlike Soet (2), Ander kultivars (2), Sjerrie (2), Colombar (1), Viognier (1), Edellaatoes (1), Dessertwyn (1) en Port (1). Nege goud medaljes is in die Museumklas toegeken vir Witwyn (3), Edellaatoes (1), Dessertwyn (4) en Port (1). Die nuwe brandewyn klas spog ook met nege goud medaljes – twee vir Standaard brandewyn en sewe vir Potketel brandewyne.

Besoek die Veritas webwerf by www.veritas.co.za  vir die volledige lys uitslae. Die webwerf beskik ook oor ‘n soekfasiliteit wat spesiaal ontwikkel is om Veritas wenners sedert die ontstaan van die kompetisie 20 jaar gelede weer te gee.

Proe die wenners

Wynliefhebbers kan die ook die kroon van die 2010 Veritas-wenners proe. Veritas bring die dubbeldgoud en goud-wenners vir proe-sessies na vyf stede. Diegene in en om Kaapstad kan op Dinsdag 19 Oktober by die Southern Sun Cape Sun hotel die wenwyne proe, terwyl Johannesburg se geleentheid op Dinsdag 26 Oktober by die Sandton Konferensiesentrum plaasvind. Durbaniete kan op 4 November vir ‘n proekans aantree by die Deloitte Hoofkantoor in Umhlanga. In Port Elizabeth moet wynliefhebbers die 16e November in hul dagboeke merk vir ‘n wynproe by die Squires Legendary Grill in die Boardwalk kompleks. Knysna se kos- en wynervaring vind plaas op 17 en 18 November by Kilzers Kitchen.

Bespreek so gou moontlik – daar is ‘n beperkte aantal kaartjies beskikbaar! Kaartjies vir die proeë in Kaapstad, Johannesburg en Durban is reeds by Computicket beskikbaar, terwyl Port Elizabeth en Knysna se besprekings by die onderskeie organiseerders gedoen word. Besoek gerus www.veritas.co.za  vir volledige inligting omtrent tye, plekke en kaartjiepryse.

Vir enige verdere navrae kontak Elsabé Ferreira by tel (021) 807 3104, faks (021) 863 2079 of e-pos elsabe@veritas.co.za

Lees die opsomming van keldes wat toekennings ontvang het in die PDF-dokument hieronder.

11 Oktober 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
+0.0%
Rand - Pond
21.05
-0.0%
Rand - Euro
18.91
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
973.90
-0.0%
Palladium
1,629.98
+0.4%
Goud
1,877.17
+0.3%
Silwer
22.48
+0.6%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
0.0%
Alle aandele
80,241
0.0%
Hulpbronne 10
75,186
0.0%
Industriële 25
103,461
0.0%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Let's meet for 🍷🍷We will know if there is a connection
I love too make a fire for the braai, open a bottle of red, enjoy lots of laughtterr but can also do the romantic dinner or picnic in the bush. Can go on for ever here but then...
Ek glo ek is n prag mens van binne en buite
Ek is n mens ,mens en al my vriende dink ek is n prag mens, baie lief vir mense. Ek love diep see visvang, kamp, vakansie by die see, Partykeer in Hotelle en saam met my familie...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot