AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9434
-76,00
CORN
26 Sep
-
4805
-4,00
SOYA
26 Sep
-
9399
-67,00
SUNS
26 Sep
-
9980
-226,00
WEAT
26 Sep
-
7069
52,00
WMAZ
26 Sep
-
4870
13,00
YMAZ
26 Sep
-
4800
12,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Staan opsy, appels en pere...

Op internasionale varsproduktemarkte moet vrugte soos druiwe, appels en pere opsy staan om plek te maak vir hul meer moderne familie. Is dit net 'n verbruikersgier wat gaan oorwaai?

In die 1990'n s is kanola aan Suid-Afrikaanse graanboere bekend gestel. Dié olieryke gewas met sy wisselbouvoordele het vinnig veld gewen en vandag word sowat 30 000 hektaar daarmee beplant. Net so het katoen

as "alternatiewe gewas" gou gewild geraak inAustrali&euml.

"Nuwe gewasse het dikwels die potensiaal vir ho&eumlr pryse as die bestaande gewasse, maar daar is faktore wat deeglik oorweegmoetword," het me. Elrita Venter, direkteur van Alternafruit, op 'n symposium tydens die Bien Donné-ekspo gewaarsku.

Mnr. Johan van Niekerk, besturende direkteur van dié maatskappy, stem saam: "Sukses lê nie net daarin dat die verbouing van 'n alternatiewe vrug 'n nuwe idee is nie. Dit moet professioneel geïmplementeer word."

Van die nuwe vrugte wat deesdae meer rakruimte opeis as die vrugte waarmee almal groot geword het, is boomtamaties (ook bekend as Sharon-vrugte of persimmons), granate, vye en "dragon fruit".

Van Niekerk verduidelik die verskuiwing na eksotiese vrugte só: "Ons is deesdae blootgestel aan kos-televisie op byvoorbeeld die BBC-kanaal. Mense soos Ainsley Harriott en Jamie Oliver skep 'n groot bewustheid rondom hierdie vrugte. Hul idees raak ook op en dan eksperimenteer hulle met eksotiese produkte. Dit wen baie veld

teenoor kommoditeitsvrugte."

Prysdruk op bestaande kommoditeitsprodukte, die voldoening aan die mark se veranderende behoeftes, klimaatsverandering, die mededingende produksie-omgewing en natuurlik die menslike natuur is verdere redes, aldus Venter.

"Maar nuut hou ook 'n risiko in. Nuwe gewasse is nie noodwendig 'n onmiddellike oplossing

vir die probleme in die landbou nie. Skoolgeld gaan betaal word om toegang tot spesiale markte te kry," sê Venter.

Watter bestaansreg het hierdie nuwe gewasse in die vrugtebedryf?

Die supermark-reus Walmart, met sy 7 022 winkels wêreldwyd en omset van $201,487 miljard (sowat R1,356 triljoen) vir die eerste 30 weke van 2007 (tot 31 Augustus) word op 20 na as die grootste "ekonomie" ter wêreld gereken.

Die krag van só 'n koper kan dus nie onderskat of onderspeel, word nie. Supermarkte, soos Walmart, en lande, soos Amerika, het 'n groot invloed op verbruikers se denkpatrone, sê Van Niekerk. En as Walmart granate, vye, Sharon-vrugte, avokado's en papajas op sy rakke wil hê, wil sowat 90% van die verbruikers dit ook hê.

Verskaffers in die vrugtebedryfmoet bedag wees op dié neigings, want hul onderhandelingsvermo&euml met supermarkte neem byna daagliks af, sê Van Niekerk.

Granate is een van die vrugsoorte waarvan die gesondheidswaarde 'n bepaalde voordeel is. "Verbruikers se gesondheidsbewustheid is nie 'n gier of 'n korttermynneiging nie. Die manier waarop regerings deesdae vetsug aanspreek, kan met aardverhitting vergelyk word," sê Van Niekerk.

Sy studies wys twee uit elke drie vroue kan hulle uitlaat oor die gesondheidswaarde van die produkte wat hulle aanskaf.

Granate het 'n ho&euml anti-oksidant-inhoud. Anti-oksidante neutraliseer vrye radikale, wat kanker veroorsaak, in die liggaam.

Die moderne verbruiker is in 'n komplekse, vinnige wêreld vasgevang - en die pas is nie besig om te verstadig nie.

"As ons wil produseer,moet ons iets produseer wat nie net as 'n vars produk verkoop kan word nie, maar ook as 'n produk met toegevoegde waarde," sê Van Niekerk.

Dit sluit aan by ander internasionale neigings. Beskikbaarheid regdeur die jaar is 'n belangrike kwessie. As byvoorbeeld vye vir 'n tyd lank van die rakke verdwyn, moet die verbruiker later weer opnuut daaraan gewoond raak.

Die wêreld se bewustheid van omgewingsvriendelike produkte en deesdae veral die koolstofvoetspoor veroorsaak 'n

"kommoditeitsdilemma", sê Van Niekerk.

"Byna volmaakte gehalte is 'n voorvereiste. Dit moet die standaard wees waarvolgens jy produseer, of jy is glad nie

in die mark nie."

Internasionaal kan mededingende voordele bewerkstellig word deur makroekonomiese funksies. Dit neem byvoorbeeld vir China 24 dae om Rotterdam, Nederland, waarheen vrugte bestem vir Europa verskeep word,

te bereik. Suid-Afrika is in die gunstige posisie dat sy vrugte binne 12 tot 14 dae daar land.

"Logistiek is dus 'n groot uitdaging. En as die rand verstewig, daal ons pryse oornag. Ons kan niks daaraan doen nie. Dit plaas ons onder erge druk as die winsmarge reeds dun is."

Hy sê die realiteit van die kommoditeitsdilemma in Suid-Afrika is nie net die kollektiewe mag van die mark nie. Dit lê

ook op die plase self. "Ons het politieke verandering asook deregulering deurgemaak. Ons is 'n jong bedryfwat stadig leer. Regeringshulp daal en ons moet meer self doen."

Suid-Afrikaanse boere moet op hoogte wees van wat in ander lande gebeur, sodat geleenthede vir mededingende voordele hulle nie verbygaan nie. "Kyk na Australi&euml. Hul re&eumlnval is in groot moeilikheid. Hulle wil granate plant, maar het nie die water nie. Veranderinge wat in mededingende lande plaasvind, moet in gedagte gehou word vir Suid-Afrika om 'n volhoubare mededingende voordeel te vind."

Hoe word dit gedoen? Deur te onderskei tussen tydelike verbruikersgrille en volhoubaremarkgeleenthede. Tans is daar wêreldwyd meer as 200 000 granaatkulti vars, met meer as twintig klone per kultivar.

Dit het al gebeur dat kultivars wat nie presies is wat die mark wil hê nie, verkoop word. "Ons kan 'n deel van die vraag doodmaak met verkeerde verskaffng," sê Van Niekerk.

Maar hoe maak produsente seker hul alternatiewe granate word die nuwe kommersi&eumlle appel? "Nuwe gewasse het dikwels sensitiewe markte. Die produk moet in ooreenstemming wees met die vraag daarna en gehaltestandaarde moet ontwikkel word. Na gelang van die gewas kan klein hoeveelhede die mark oorvoorsien. En ons almal weet wat dan gebeur: Die prys val."

'n Balans is nodig. Die verbruiker moenie gefrustreerd raak as hy of sy nie van die produk in die hande kan kry weens ondervoorsiening nie.

"Dit moet volhoubaar geproduseer word. Dit is 'n uitdaging omdie regte plantmateriaal te kry. Appels, pere en druiwe is in dié verband reeds baie gevorderd," sê Venter.

Hand aan hand daarmee gaan effektiewe handelsmerkbestuur - dit verg kennis van die markte en strategiese alliansies met verspreiders en supermarkte.

Venter sê finansiering vir die kommersialisering van die produk kan problematies wees, want kapitaal is nodig vir minstens vyf jaar nadat die produk bekend gestel is.In hierdie tydmoet die bedryf nie opbrengs of wins verwag nie. "Die oorgang van die spekulatiewe fase na die kommersi&eumlle fase moet bestuur word."

Die premies wat vir eerstegraadse vrugte betaalword ten spyt, kan die laergraadse vrugte nie vergeet word nie. Daarom moet waardetoevoeging in die vorm van economies lewensvatbare verwerking moontlik wees.

"Ongeag goeie produksiepraktyke is alle produkte nie eerstegraad nie. Die uitdaging is om van die ander vrugte ontslae te raak teen 'n aanvaarbare prys."

Enige nuwe bedryf verg 'n goeie dosis navorsing en ontwikkeling - dit kos baie, maar is noodsaaklik. Venter meen daar moet veral gekyk word na die optimalisering van gewasproduksie, na-oeshantering, geïntegreerde plaagbestuurprogramme, marktoegangsaspekte, waardetoevoeging en verwerking.

Daar moet ook gekyk word na etiese en sosiale kwessies rondom alternatiewe gewasse. "Daar is baie geleenthede vir swart ekonomiese bemagtiging met die nuwe gewasse,"

sê Venter.

Waar lê die toekoms van dié opwindende vrugte? Van Niekerk meen alle vrugte wat op een of ander manier as geringe gewasse beskou word, sal mettertyd hulself saam groepeer en posisioneer in 'n eksotiese

bedryf.

Hoe nuut is nuut?

'n Granaatboom in Oupa se agterplaas is niks vreemds nie. Wanneer word 'n vrug dan as nuut of alternatief

geklassifiseer?

"Die mark sien alternatiewe vrugte as enige nuwe tipe vrug, 'n ander kultivar van 'n bestaande gewas, kommoditeitsvrugte wat op 'n alternatiewe wyse geproduseer word en vrugte wat onkonvensioneel

verwerk word," sê mnr. Johan van Niekerk, besturende direkteur van Alternafruit, 'n maatskappy

wat hom op die ontwikkeling en kommersialisering van alternatiewe vrugte toespits.

Van Niekerk sluit ook die eksotiese vrugtebedryf by dié definisie in. Volgens me. Elrita Venter, direkteur

van Alternafruit, kan dit ook vrugte wees wat nuut is aan 'n staat of land of nuut is ten opsigte van die

potensi&eumlle ekonomiese waarde wat dit inhou.

Dit sluit in vrugte wat nuwe potensiaal toon om gekommersialiseer te word (soos in granate se geval),

eksotiese markte met plek vir beperkte volumes, nismarkte, etniese markte (wat deesdae danksy globalisering

en die migrasie van mense minder beperk is), modekos (wat gekenmerk word aan 'n beperkte

lewensduur) en verwerking.

Landbouweekblad, 7 Desember 2007

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.7%
Rand - Pond
19.33
+0.3%
Rand - Euro
17.38
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.68
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,621.66
-1.3%
Silwer
18.34
-2.8%
Palladium
2,047.50
-1.2%
Platinum
852.00
-0.8%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,290
+0.3%
Alle aandele
63,626
+0.3%
Hulpbronne 10
56,215
-0.2%
Industriële 25
79,529
+1.4%
Finansiële 15
13,982
-1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Let's write our journey together
I am a happy and outgoing person. Have a passion for animals and nature. I love to travel and discover new things. Love to have fun and and enjoy life in general. I think my...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot