AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Stellenbosse wyne blink uit in Pinotage-kompetisie

akkreditasie
Die wenners van vanjaar se Absa Top 10 Pinotage-kompetisie. Foto: Pinotage-assosiasie
Die wenners van vanjaar se Absa Top 10 Pinotage-kompetisie. Foto: Pinotage-assosiasie
Die wenners van vanjaar se Absa Top 10 Pinotage-kompetisie is die week aangekondig.

Pinotage van Stellenbosch het uitgeblink in vanjaar se Absa Top-10 Pinotage-kompetisie deur ses van die toptien plekke in te neem. Die wenners van dié kompetisie, wat vanjaar vir die 24ste keer deur die Pinotage-assosiasie en Absa aangebied is, is gister aangekondig.

Mnr. Beyers Truters, stigter en voorsitter van die Pinotage-assosiasie, sê danksy aan Absa se betrokkenheid by die kompetisie is die plaaslike en internasionale bemarking van Pinotage versterk en is dit vanuit ’n kommersiële oogpunt aanloklik vir wynlandgoedere om vir die kompetisie in te skryf. “Deelnemers se wyne word baie gewild en verkoop in die meeste gevalle vinnig uit.”

Me. Winnie Bowman, Kaapse Wynmeester en sameroeper van vanjaar se beoordelaars, sê hulle het spesifiek gesoek vir wyne wat al die eienskappe eg aan die Pinotage-kultivar toon. “Ons was ook op soek na wyne wat goed sal verouder, aangesien ’n wyn wat ’n toptienplek verower móét kan verouder.”

Balans en struktuur was belangrike elemente waarop die beoordelaars gelet het, maar die belangrikste was of die wynmaker daarin geslaag het om die suur, die vrug en die tanien van die wyn met mekaar te verbind.Vanjaar se beoordelaars was mee. Winnie Bowman, Elmarie Botes, mnre. Frans Smit, Carl Schultz, Solly Monyamane en Johan Fourie.

Die wenners is:

Beeslaar Pinotage 2018 – WO Stellenbosch, wynmaker: Abrie Beeslaar.

Beyerskloof Diesel Pinotage 2018 – WO Stellenbosch, wynmaker: Anri Truter.

Diemersdal The Journal Pinotage 2019 – WO Durbanville, wynmaker: Thys Louw.

Flagstone Writer’s Block Pinotage 2018 – WO Breedekloof, wynmaker: Gerhard Swart.

Francois van Niekerk Pinotage 2019 – WO Kusgebied, wynmaker: Francois van Niekerk.

Stellenbosch 1679 Pinotage 2019 – WO Stellenbosch, wynmaker: Nicolas Husselman/Handré Visagie.

Môreson Widow Maker 2018 – WO Stellenbosch, wynmaker: Clayton Reabow.

Neethlingshof Estate Pinotage 2020 – WO Stellenbosch, wynmaker: De Wet Viljoen.

Stellenrust Cornerstone Pinotage 2019 – WO Stellenbosch, wynmaker: Tertius Boshoff.

La Cave Pinotage, 2018 – WO Wellington, wynmaker: Francois van Niekerk.

Mnr. John Tshabalala, Absa-bestuurshoof vir die Kaap-streek, sê die wynbedryf lewer nie net topklaswyne nie, maar ook belasting, indiensneming en steun vir wyntoerisme. Daarom maak die vennootskap tussen die Pinotage-assosiasie en Absa volgens hom sin. “Dit bevorder die beste wat Suid-Afrika bied, en lig uit hoekom dit veral nou belangrik is om plaaslike wyne te koop.”

Vanjaar kon ook ingeskryf word vir die Museum Iconic Class-kompetisie wat Pinotage se vermoë om te verouder ten toon stel. Die wenners van hierdie kompetisie is Kanonkop Pinotage 2010 – WO Stellenbosch, wynmaker: Abrie Beeslaar; Rijk’s Private Cellar Pinotage 2011 – WO Tulbagh, wynmaker: Pierre Wahl; en Rijk’s Reserve Pinotage 2011 – WO Tulbagh, wynmaker: Pierre Wahl.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.74
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons sien
Ek lewe vir die buitelewe en die bos. Ek hou van jag, visvang, herlaai en skiet. My uitkyk op die lewe is om altyd eerlik te wees. Ek geniet intelligente geselskap.
Ek wil weer in liefde glo
Ek is energiek, spontaan, lewenslustig, positiewe uitkyk op die lewe. Hou van buite lewe. Ek is ñ mense mens en is gek oor diere. Ek is saf van geaardheid maar baie ferm in...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot