AFGRI
BEAN
28 Jan
-
9479
0,00
CORN
28 Jan
-
4568
0,00
SOYA
28 Jan
-
9642
0,00
SUNS
28 Jan
-
12400
0,00
WEAT
28 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
28 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
28 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

Sterk handelsmerk kan olyfboere help

Die SA olyfoliebedryf oorweeg 'n soortgelyke handelsmerk-inisiatief wat Nudo Italia se beker van olie as't ware laat oorloop het.

In sy twintigs het mnr. Roelof le Roux kans gesien om op te staan teen magtige internasionale handelsmerke in die olyfoliebedryf. Selfs nie eens korrupsie, vals etikettering en bedrog in die bedyf het hom afgeskrik nie. Sy benadering was eenvoudig: Konsentreer op gehalte en varsheid, en vertel aan verbruikers ’n goeie storie oor die produk se herkoms.

Nou, pas 30, en ná vyf jaar waarin hy die bemarkingsmaatskappy Nudo Italia tot groot hoogtes geneem het, glo hy vas Suid-Afrikaanse boerderye het naas produkte van ’n uitstekende gehalte net soveel unieke karakter en interessante stories soos die Europeërs om gesogte handelsmerke te ontwikkel.

“Die Suid-Afrikaanse verbruiker se tradisionele wanopvatting dat buitelandse produkte beter as plaaslike produkte is, is die grootste struikelblok,” sê Le Roux.

Beveg namaaksels
Le Roux se uitdaging was enorm. Die mag van groot, gesogte handelsmerke is nie die enigste reus waarteen die kleinboere in die olyfoliebedryf meeding nie. Die boek Extra Virginity deur Tom Mueller het reeds in 2011 korrupsie, valse etikettering en grootskaalse bedrog in die olyfoliebedryf oopgevlek. En sedertdien het die bedryf nie veel verander nie. Hoe meer ’n produk in waarde toeneem, hoe groter is die kans dat dit ’n goedkoop namaaksel van ’n swak gehalte sal uitlok.

Ekstrasuiwer Italiaanse olyfolie, wat al sedert die Romeinse tyd ’n gesogte produk is en net solank met bedrog besaai is, is geen uitsondering nie. Dit is te verwagte dat die korrupte element nie oornag uit die weg geruim sou word nie. Hierdie situasie skep uitdagings vir die kleiner produsent, maar Le Roux het besef dit skep terselfdertyd bemarkingsgeleenthede.

Met dié voorbehoud: Jy moet die verbruiker en die produsent met mekaar verbind.

En dis waarop hy hom toegespits het. Binne Nudo Italia het Le Roux en sy span dit reggekry om ’n hoër prys vir die kleinboere se produk te verdien en sodoende winste te vergroot. “Ons doel met Nudo-olyfolie was om ’n vraag te skep vir die aanbod wat ons gehad het teen ’n prys wat die boerderye winsgewend en volhoubaar sou maak.”

Hoe het hulle dit gedoen? Die bemarkingsmodel is geskoei op drie aspekte, naamlik gehalte, varsheid en herkoms. Die reklame vir gehalte het gespreek van die gesondheid van die produk en die wyse waarop dit geproduseer is. Olyfolie ouer as twee jaar verloor die meeste van die waardevolle smaak- en gesondheideienskappe, gevolglik is die oesdatum op elke verpakking aangebring as aanduider van varsheid. Om die verbruiker bewus te maak van die herkoms is die karakter van die Marchevallei, van waar Nudo se produk kom, asook die spesifieke boerdery se storie vertel. Hierdie drie aspekte beteken egter min as die verbruiker nie bewus is van die waarde wat daarin opgesluit lê nie. Dit is hierdie aspek wat Le Roux en sy span met uiterste sukses belig het met die “neem ’n boom aan”-projek. “Alles omtrent die Nudo-handelsmerk het van hierdie drie aspekte gespreek en is aggressief aan voornemende ‘aanneem-ouers’ bemark,” sê Le Roux.

Neem ’n boom aan
Hoe werk die “aanneem”-projek? Verbruikers in Noord-Amerika kan vir ’n jaar ’n olyfboom “aanneem” vir $69 en ’n eenmalige aflewering van 1,5 liter olie by sy voordeur ontvang. Vir $59 kan die verbruiker ’n boom vir ’n kwartaal aanneem en ook ’n aflewering van 1,5 liter olie ontvang. “Die verbruiker kan op die webwerf navorsing oor die boere doen, meer uitvind oor die plaas, boerderymetodes, watter tipe man of vrou die boer is, en ook watter smaak en tipe olyfolie om te verwag. Met hierdie inligting laat voel Nudo reeds die verbruiker meer bemagtig om ’n besluit te neem oor die voedsel wat hy of sy gaan verbruik,” sê Le Roux.

Nudo se model het familieboerderye ’n kans op oorlewing gebied, “mits die boer sou omskakel na volhoubare, omgewingsvriendelike praktyke wat olywe van ’n beter gehalte vir die pers lewer,” sê Le Roux.

Hierdie is nog ’n aspek wat aan die verbruiker voorgelê is en deel vorm van die “stem met jou geld”-proses. Die verbruiker kon waarneem hoedat sy of haar geld die familieboerdery volhoubaar maak. Hierdie omskakeling na groen boerderymetodes het Nudo verseker van ’n goeie produk met gesogte, bemarkbare karaktereienskappe en ’n lojale kliënte-basis wat ’n effens duurder prys sal betaal vir hul produkte, mits hulle kan sien die geld word vir vooruitgang en met verantwoordelikheid aangewend.

“Binne die eerste twee jaar van ons bestaan het ons dit reggekry om die $1miljoen-kerf in omset oor te steek. Teen einde 2013, ná vyf jaar, het ons meer as 10 000 ‘aanneem-ouers’ gehad. Die verhouding met verbruikers en die betroubare gehalte van ons produk het gelei tot klante se aandrang by plaaslike winkels om ons olyfolie aan te hou,” sê Le Roux.

Sal hy Nudo Italia se resep om die produk van vele boerderye onder een handelsmerk te bemark vir Suid-Afrika aanbeveel?

“Om met die gevestigde internasionale handelsmerke met enorme mag uit die buiteland mee te ding, kort daar ’n sterk Suid-Afrikaanse handelmerk wat verbruikers bewus kan maak van die werklikheid van die bedryf en ook die waarde van ’n koud geparste, vars ekstrasuiwer olyfolie van topgehalte.”

Mnr. Nick Wilkinson, ’n olyfolie-produsent van die Robertson-omgewing en voorsitter van die Suid-Afrikaanse olyfbedryfsorganisasie, SA Olive, sê so ’n gesamentlike handelsmerk word sterk oorweeg binne die plaaslike olyfoliebedryf. “Ons bedryf doen wat ons kan en probeer deurlopend om meer te doen om die verbruiker op te voed oor die gehalte en gesondheidsvoordele van ’n goeie olyfolie. As swak en selfs bedrieglike produkte verkoop word as die gesogte een, skep dit uiteraard ongelooflike probleme vir ons bedryf.”

Wilkinson meen die ideale situasie is een waar die verbruiker presies weet wat hy koop as hy ’n bottel olyfolie van die rak afhaal. Die oplossing is dus tweevoudig: Die bedryf moet die verbruiker opvoed en die owerheid moet verseker dat etikettering deursigtig en geloofwaardig is.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.20
-0.1%
Rand - Pond
21.30
-0.0%
Rand - Euro
18.70
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.22
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,012.08
0.0%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Buitelewe is ñ voorrreg, maar met die regte maatjie net beter
Opsommende woorde, avontuurlustig, see, berge, sin vir humor, bosveld, dans, braai, kuier, romanties, reis, werk, sport, alles wat lekker is, en vele meer.
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot