AFGRI
BEAN
29 Nov
-
9295,8
143,80
CORN
29 Nov
-
4473
-5,00
SOYA
29 Nov
-
10265,4
160,40
SUNS
29 Nov
-
10905
51,00
WEAT
29 Nov
-
6795
-30,00
WMAZ
29 Nov
-
5271
-52,00
YMAZ
29 Nov
-
5103
-8,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Sterk rand knip boere se vlerke

Gerugte oor bankrotskappe onder tafeldruifboere langs die Oranjerivier loop sterk.

Ná 'n bloeitydperk van tien jaar snoei die sterk rand deesdae ongenadiglik in dié vooruitstrewende uitvoergebied. Tog behoort nuwe markte en die gehalte van sy produk die bedryf op die duur te red.

Niemand het verwag die rand gaan só versterk nie, sê mnr. Kobus Jonas van Capespan in Upington, die grootste uitvoerder van die Oranjeriviergebied se tafeldruiwe.

Aangevuur deur pryse van tot R200 per karton het die omgewing se druiweboere die afgelope amper 20 jaar nuwe kultivars aangeplant. Reuse-pakhuise en ander infrastruktuur wat nodig is om uitvoer-tafeldruiwe in die woestynklimaat aan die oewers van die Oranje te produseer, is terselfdertyd opgerig.

Dié uitbreidings, hoofsaaklik met lenings gefinansier, het teen 'n stywe tempo geskied sedert die eerste tafeldruiwe in 1984 daar geproduseer is. Nie net is die moontlike versterking van die rand nie in ag geneem nie; die wisselkoers is feitlik nooit eens as 'n risiko beskou nie, sê Jonas.

Die gevolg is 'n ongesonde skuldlas-verhouding wat in dié veranderde toestande verskeie boerderye se ondergang kan beteken. Bankrotskap staar talle boere in die gesig. Dít raak weer die likiditeit van dié wat oorbly, want grondpryse kan daal, sê Jonas.

"Ons kom uit 'n sterk groeifase sedert 1996/97," sê mnr. Ean Steenkamp, voorsitter van die Oranjerivierprodusente-alliansie (Orpa). "Ons volume het die afgelope vyf jaar verdubbel en ons finansier nog die uitbreidings en nuwe infrastruktuur. Dit is deels hoekom daar soveel druk is — min boere het met kontant uitgebrei."

Gerugte wil dit hê dat daar verlede jaar al ten minste agt bankrotskappe langs die rivier was, en ten minste 20 tot 26 word in die komende seisoen verwag. "Die banke stop jou net daar waar jy nog besig is om te oes. Veral een bank gaan mal hier langs die rivier," sê 'n boer.

Die gevolg is hoogs ontwikkelde besproeiingsplase met gevestigde wingerd wat teen besonder lae pryse op die mark kom. "In die eerste ronde het groter boere die plase oorgeneem," sê mnr. Peu Bezuidenhout van die Naftali-landgoed buite Upington. "Verlede jaar was hier nog half van 'n koorsagtigheid, maar nou het die mense met die geld nie meer lus vir al die moeite en ergernis wat dit meebring nie."

Hy sê die Oranjerivierboere het nog nie, soos boere in die Hexriviervallei, groot reserwes opgebou nie. "Omdat die Oranjerivier so 'n jong produksiegebied is, is alles in nuwe kultivars en infrastruktuur belê. Ons was winsgewend genoeg om uit te brei."

Bezuidenhout glo die finansiële snoeiskêr wat nou ingelê word, vorm deel van 'n natuurlike groeiproses. Hy is egter bekommerd dat daar onder dié wat afval, ook "goeie jokkies" is.

'n Unieke bemarkinggleuf vroeg in die seisoen het die Oranjerivierboere aanvanklik 'n goeie vastrapplek in markte in die Noordelike Halfrond gegee, veral in Brittanje. Tot onlangs het die Oranjerivierdruiwe Europa en Engeland se vroeë mark — van middel November tot einde Februarie, begin Maart — oorheers. Die prima pryse wat hulle verdien het, het Oranjerivier-produksie winsgewend gemaak ondanks hoër produksiekoste en laer opbrengste as in gunstiger pro-duksiegebiede, soos die Hexriviervallei.

Oranjerivier-boere produseer gemiddeld sowat 2 500 tot 3 000 kartonne tafeldruiwe per hektaar en boonop teen hoër koste as wat dit die Hexrivierboere kos om 5 000 tot 6 000 kartonne per hektaar af te haal. Die Oranjerivierboere het byvoorbeeld groter pakhuise nodig omdat hulle weens die hitte nie regdeur die dag kan pluk nie.

Mededingers, soos Brasilië en veral Chili, het egter nou die Oranjeriviergebied se eens eksklusiewe vroeë tydgleuf betree. Die groter aanbod saam met 'n sterker rand het pryse laat tuimel — van gemiddeld sowat R200 tot R70 per karton in die tydperk voor Kersfees, sê Bezuidenhout.

Die invloed van die versterkte rand alleen het die pryse wat hulle die afgelope drie jaar behaal het met 30 % tot 35 % gesny. "Ons lê op gelykspeel. Met sulke pryse kan ons geen natuurskommeling hanteer nie. Ons oorleef nou al drie jaar op ons reserwes," sê Bezuidenhout.

Mnr. Brennie Wiehahn, van die Rodelande-boerdery by Kanoneiland en ondervoorsitter van Orpa, sê dit is nou die tweede seisoen wat tafeldruiwe van 'n lae standaard aan die Oranje onder die gelykspeelpunt geproduseer word. Druiwe van die beste gehalte word op die gelykspeelpunt of 'n fraksie bokant geproduseer.

Selfs die feit dat die stygings in hul produksiekoste ietwat verstadig het, kan nie naastenby vergoed vir die druk wat die afgelope paar seisoene produksie- én prysgewys opgebou het nie. Vyf jaar gelede het dit met reënskade begin. Drie jaar gelede het die wisselkoers produsentepryse begin afdruk en die eerste van die nuwe mededingers het die vroeë mark betree. Intussen het hael, hittegolwe en ryp telkens vir oesverliese gesorg.

Hierdie seisoen het 'n sameloop van produksietoestande die oes getref. Dit sluit in temperature bokant 35 grade Celsius in sensitiewe stadiums van korrelontwikkeling, asook ryp in 2003 se winter en lente, wat die vrugte se vrugbaarheid in 2004 benadeel het.

Die gevolg is dat net 14,5 miljoen kartonne uitgevoer is, teenoor Orpa se Oktober-oesskatting van 16,5 miljoen. Nuwe kultivars, soos Prime, wat in vol drag gekom het, moes groot tekorte aan tra-disionele kultivars, soos Thompson Seedless, aanvul. Die gebied se totale potensiaal is sowat 17 miljoen kartonne.

Verhoogde produksiekoste, veral aan lone, het terselfdertyd sy tol in dié arbeids-intensiewe bedryf geëis. Arbeidskoste verteenwoordig deesdae sowat 'n derde van die Oranjerivier-tafeldruifboere se begroting en in 'n ondernormale produksiejaar tot die helfte.

Terwyl hul lone die afgelope drie seisoene elke jaar met 10 % verhoog het, het produk-tiwiteit weens die instelling van die minimum loon terselfdertyd gedaal. Wiehahn bereken dat net dié verlies aan produktiwiteit sy koste die afgelope jaar met gemiddeld R1 per karton gepakte tafeldruiwe opgejaag het.

Soos in die res van die landbou het die Oranjerivierboere se ander koste ook veel vinniger as inflasie gestyg. Die prys van verpakkingsmateriaal het byvoorbeeld binne drie jaar met meer as 40 % geklim. Dit is alombekend wat die olieprys met diesel- en kunsmiskoste gemaak het.

'n Gunstiger tariefbedeling vir hul vernaamste oorsese mededingers kos die Suid-Afrikaanse tafeldruifboere, die Oranjerivierboere inkluis, miljoene rande. Danksy 'n handelsooreenkoms wat die Chileense regering met die Europese Unie het, geniet dié land se boere sedert 2003 'n nul-heffing op die eerste 8 miljoen kartonne wat hulle uitvoer.

Hierteenoor betaal Suid-Afrikaanse boere 'n invoertarief van 5,7 % — gemiddeld 60 euro-sent per karton. Dit kos die Oranjeriviergebied alleen sowat R63 miljoen net aan tariewe om hul 14 miljoen kartonne na Europa te kan uitvoer, sê Wiehahn.

Al die onweer ten spyt glo die Oranjerivier-uitvoerboere hul bedryf sal die storm oorleef. Baie sê wat nou gebeur, is 'n regstelling wat eintlik al vyf jaar gelede moes geskied het. "Die wiel het gedraai, en vooruitsigte is goed. Ons kom nou op standaard om in die internasionale ekonomie mee te ding. Ons marges het vyf jaar terug al begin krimp, maar die swak rand het dit toe nog verdoesel," sê Steenkamp.

Hy is steeds baie optimisties oor die toekoms van die tafeldruifbedryf aan die Oranjerivier. "Wonderwerke moenie verwag word nie, en dit help nie om te ontken die bedryf is onder druk nie, maar ons is nie daarmee heen nie. Ons kom pas terug van die Fruit Logistica in Berlyn, die grootste vrugteskou in die wêreld en die terugvoering wat ons daar van ons buitelandse mark gekry het, is gunstig."

Wit pitlose kultivars, wat oorwegend in dié gebied verbou word, en nuwe markte, soos China, behoort hulle deur te trek, meen Steenkamp. "Die Oranjerivier-gebied word algemeen as die beste produsent van pitlose druiwe ter wêreld beskou. Daar is internasionaal 'n neiging na pitlose druiwe ten koste van pithoudende kultivars."

Suid-Afrika is ook sy nuwe internasionale mededingers ver voor wat voedselveiligheid betref. Ál die Oranjerivierboere is kragtens die Eurepgap-regulasies geakkrediteer — iets waarmee bitter min, indien enige, van Brasilië se boere kan spog. Daarom bly die Suid-Afrikaanse druiwe 'n voorkeurproduk, hoewel die invoerders nie noodwendig bereid is om 'n premie daarvoor te betaal nie, sê Steenkamp.

Steenkamp sê hul oorsese kliënte het soveel simpatie met die Oranjerivierboere dat hulle selfs bereid is om in boerderye hier te belê om volgehoue voorsiening te verseker. Hy meen ook bankrotskappe tot dusver langs die rivier was marginaal en gaan só bly, want die uitvoerders en banke besef likwidasie is nie 'n oplossing nie.

Voorts het die buitelandse markprys vir tafeldruiwe in 'n groot mate gestabiliseer, hoewel op 'n laer vlak.

Een broodnodige aanpassing wat hulle ter wille van oorlewing moet maak, is om die kosteketting tussen boer en verbruiker te verkort, meen Steenkamp. "Daar ís al so 'n beweging, maar winste was tot dusver nog groot genoeg om almal in die ketting te onderhou. Nou moet indringend na kostebestuur gekyk word."

Mnr. Anton Viljoen, wat in die Hexriviervallei en aan die Oranjerivier druiwe verbou, stem saam dat tafeldruifproduksie aan die Oranje nie gedoem is nie. Hoewel die Hexriviervallei gunstiger produksietoestande bied en tans markgewys 'n beter mengsel van vroeë en laat druiwe het, is die gehalte van die Oranjerivierdruiwe dié gebied se redding, sê hy. "Daar sal altyd 'n mark vir 'n produk van goeie gehalte wees."

China se miljoene verbruikers is die een reddingsboei waarop talle Oranjerivierboere nou hul hoop vestig. Steenkamp hoop dat hulle die Chinese mark binne die volgende twee seisoene sal kan betree.

Jonas is selfs meer optimisties. Hy sê Capespan hoop om al teen volgende seisoen sy eerste Suid-Afrikaanse druiwe daarheen uit te voer as toegang verkry word. Hy glo die Oranjeriviergebied gaan voortaan daarin slaag om sy jaarlikse potensiaal van 17 miljoen kartonne tafeldruiwe uit te voer.

"Ek glo nie hier is te veel druiwe nie. Ons kan dit die wêreld vol stuur. Ons is slaggereed om China te betree sodra daardie mark oopgaan."

China is maar een van die lande wat die Suid-Afrikaanse Regering hopelik binnekort tot plaaslike boere se groeiende wêreldmarkte sal kan toevoeg. Ander moontlikhede is die groter EU en gebiede soos die ou USSR. 'n Ander ligpunt is dat die EU kragtens die Wêreldhandelsorganisasie se reëls sy invoerheffing in die komende seisoene verder moet afskaal.

Talle Oranjerivier-tafeldruifboere swaai nou na rosyntjies en wyndruiwe (Thompson Seedless is 'n kultivar wat hom hiertoe leen). Veral rosyntjies is nie net baie goedkoper om te produseer nie, maar hou ook 'n veel kleiner risiko in.

Daar is dié seisoen 'n heelwat kleiner oppervlakte vir tafeldruiwe voorberei as verlede seisoen. Stygende rosyntjiepryse haal tans heelwat kontantvloeidruk van boere se skouers af. Rosyntjies is egter nie noodwendig 'n langtermyn-oplossing nie, want die Oranjeriviergebied het juis destyds weens 'n ooraanbod in die wêreld van dié produk begin wegbeweeg.

In die geheel gesien, sal 'n grootskaalse beweging weg van tafeldruiwe ook veel groter hartseer meebring as bloot kleiner boerderywinste. Vier keer minder werkers is nodig om rosyntjies te produseer as uitvoer-tafeldruiwe. 'n Swaai na rosyntjies kan dus dalk op kort termyn winsgewend wees, maar dit kan meebring dat tot 'n driekwart van die gebied se werkmag hul inkomste verloor.

25 Maart 2005

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.99
+1.0%
Rand - Pond
20.30
+1.1%
Rand - Euro
17.55
+1.1%
Rand - Aus dollar
11.36
+0.5%
Rand - Jen
0.12
+0.9%
Goud
1,749.10
+0.4%
Silwer
21.25
+1.5%
Palladium
1,840.16
-0.5%
Platinum
1,007.00
+1.4%
Brent-ruolie
83.19
-0.5%
Top-40
66,816
-0.3%
Alle aandele
73,128
-0.3%
Hulpbronne 10
71,369
+0.8%
Industriële 25
88,068
-0.4%
Finansiële 15
16,117
-1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek
Baie liefde .omgee. eerlikheid en hou van die bos .braai .kuier om n vuur en hou van aĺl black rugby
Passievolle mensie opsoek na vriendskap en liefde
Vriendelike en opregte persoon. Opsoek na iemand met goeie morele waardes, lus vir die lewe. Passie vir liefde en die lewe.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot