AFGRI
BEAN
07 Des
-
9386
36,00
CORN
07 Des
-
4398
-51,00
SOYA
07 Des
-
9034
-10,00
SUNS
07 Des
-
10415
-85,00
WEAT
07 Des
-
6657
3,00
WMAZ
07 Des
-
4820,2
-29,80
YMAZ
07 Des
-
4750
10,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Sterk rand kwel sitrusbedryf

Die rand se kraglopie vanjaar voorspel moeilikheid vir die plaaslike sitrusbedryf, wat hoofsaaklik uitvoergerig is. Boere sal nou spesiale aandag moet gee aan dié aspekte van die bedryf waaroor hulle wel beheer het.

Suid-Afrika se sitrusbedryf het die afgelope vyf jaar die trauma van deregulering, die fragmentasie van aanbod en gevolglike daling in inkomste, 'n katastrofiese 2000-seisoen en die konsolidasie van die internasionale vraag oorleef.

Maar, sê mnr. Gerrit Booyens, hoofbestuurder van Sitrus SA, die knelpunte van die afgelope vyf jaar sal waarskynlik as gering geag word wanneer dit gemeet word teen die uitdagings wat nou vir die bedryf voorlê.

Hy sê die rand se versterking teenoor die Amerikaanse dollar en ander geldeenhede word gesteun deur die hoë Suid-Afrikaanse rentekoerse wat waarskynlik nie sal begin daal voor die begin van die derde kwartaal nie. Die verswakkende dollar gaan verder onder druk kom as wapens vir massavernietiging nie in Irak gevind word nie. Die onvermoë van die Bush-Blair-alliansie om die inval in Irak te motiveer en die waarskynlikheid dat Amerika en Brittanje alleen vir die oorlog kan betaal, kan die vertroue in albei lande skaad en selfs Suid-Afrika se buitelandse verbruikersmark benadeel. Hierdie situasie, tesame met die huidige gesonde Suid-Afrikaanse lopende rekening en sterkste groeikoers in jare, kan die rand nog laat versterk en ontleders verwag dat R7 per dollar haalbaar is. Ander ekonome meen dat as hierdie vlak getoets gaan word, die rand se waarde selfs nóg sal styg.

Die dilemma vir plaaslike sitrusprodusente is dat die 2003-oes geproduseer is toe die dollar R10,00 tot R11,30 gekos het. Alle produksiekoste het dramaties gestyg met geen verligting sedert die rand begin versterk het nie.

Die harde werklikheid is dat die koste om 'n karton uitvoersitrus te produseer, te verpak, na die hawe te vervoer en na die mark te verskeep só gestyg het dat die gemiddelde internasionale opbrengs met moeite die koste gaan dek, sê mnr. Booyens.

Produksiemiddele, soos spuitstof, kunsmis en diesel, het met 23 % duurder geword, spoorvervoer met 14 % tot 18 % en padvervoer na die hawens met 18 %. Verskepingskoste het ook gestyg ten spyte van die verswakking van die dollar. Die gemiddelde koste van 'n karton sitrus op die pakhuis-laaibank word op R38 bereken en die gelewerde koste in die Durban-hawe op R47. Teen die tyd wanneer daardie karton op die kaai van Rotterdam se hawe staan, kos dit reeds R75. Dit verteenwoordig 'n gelykspeelpunt van E9,54 (wisselkoers soos op 28 April). Die harde werklikheid is dat enigiets wat die karton minder verdien as E9,54 (teen die wisselkoers op 28 April 2003) deur die boer gedra gaan word indien die koste gelewer in die hawe nie gewaarborg is nie.

Indien hierdie koste met verlede jaar se opbrengs op die Rotterdam-mark vergelyk word, moet die plaaslike sitrusbedryf hom op ernstige gebeurlikheidsbeplanning voorberei.

Die implikasie van hierdie ontleding is dat teen die internasionale pryse soortgelyk aan verlede jaar, produsente tot soveel as R16.63 minder per karton kan verwag as verlede jaar teen koerse soos aangedui.

Aan die produksiekoste en aan die rand se wel en weë kan niks gedoen word nie. Die seisoen is in volle gang en die kostekanaal daarvoor is gevestig.

Mnr. Booyens sê die sitrusbedryf moet nou sy beste plan eerste maak. Hoewel min gedoen kan word aan die wisselkoers, moet boere dié risiko's waaroor wel beheer uitgeoefen kan word, behoorlik onder die loep neem. Dit is:

  • Die ondersteuning van die internasionale bruto verkoopsprys is van kardinale belang asook die versekering dat die markte net kry wat hulle wil hê. Geen onverkoopte vrugte wat die bruto verkoopprys kan benadeel, moet op die markvloer gelaat word nie.

  • Boere behoort op 'n minimumwaarborg deur die uitvoeragent aan te dring. Dit sal in 'n groot mate die uitvoer van vrugte op vrye besending beperk omdat die agent dan ten minste 'n deel van die risiko dra. Die tran-saksie se voorwaardes en spesifieke handelsterme moet duidelik in die geskrewe ooreenkoms omskryf word. Die definisie van veral "Koste gelewer in Hawe", "Vry aan boord" en wie verantwoordelik is vir versekering en betalingsperiodes moet ook duidelik omskryf word.

  • Die keuse van 'n uitvoeragent is van die allergrootste belang. Produsente moet hulself vergewis van 'n agent se ervaring (of reputasie) in spesifieke markte asook die ontvanger se infrastruktuur.
  • Mnr. Booyens sê verskeie hulpmiddels en bedryfsinligting is weekliks by die Sitrusbemarkingsforum, die Varsprodukte-uitvoerdersforum en Sitrus SA beskikbaar. Hierdie instansies help boere en agente weekliks met spesifieke produsente-inligting en algemene bedryfsneigings.

    "Anders as met die 2000-seisoen, weet die bedryf dat die ergste verwag kan word. Die bedryf se saamstaan, van produsent tot uitvoeragent, diensverskaffer tot finansiële instellings, vervoerkontrakteurs tot skeepsrederye en hawe-owerhede sal van lewensbelang wees om hierdie storm, wat reeds in aantog is, af te weer," sê mnr. Booyens.

    23 Mei 2003

    Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    17.14
    +1.1%
    Rand - Pond
    20.91
    +0.6%
    Rand - Euro
    18.01
    +0.8%
    Rand - Aus dollar
    11.53
    +0.5%
    Rand - Jen
    0.13
    +0.9%
    Goud
    1,780.47
    +0.5%
    Silwer
    22.67
    +2.1%
    Palladium
    1,860.00
    +0.5%
    Platinum
    1,008.00
    +1.7%
    Brent-ruolie
    79.35
    -4.2%
    Top-40
    67,863
    -0.8%
    Alle aandele
    74,011
    -0.7%
    Hulpbronne 10
    73,204
    -1.1%
    Industriële 25
    90,783
    -0.7%
    Finansiële 15
    15,619
    -0.8%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Wees net jouself
    Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
    Luking4U
    Ek beskou myself as netjiese goedversorgde vrou, ek is selfonderhoudend. Ek het n goeie humor sin, altyd oop vir n grappie en lekker lag, asook het ek n ernstige kant. Ek lief...
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot