AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Stikstof-riglyne vir sitrus

Doeltreffende stikstofbemesting vir sitrus behels veel meer as die oopsny van 'n sakkie kunsmis. Sitrusprodusente moet waak teen kulkunstenaars wat met towerformules dikwels onnodige geld uit boere se sakke jaag.

Doeltreffende stikstofbemesting vir sitrus behels veel

meer as die oopsny van 'n sakkie kunsmis. Sitrusprodusente moet waak teen

kulkunstenaars wat met towerformules dikwels onnodige geld uit boere se sakke

jaag.

In enige gebalanseerde bemestingsprogram vir sitrus is dit uiters belangrik dat stikstof oordeelkundig toegedien word. Dit is belangrik dat gereelde blaarmonsters jaarliks en grondmonsters elke drie jaar geneem word sodat gespesialiseerde adviseurs of kundiges in die sitrusbedryf met 'n goed gebalanseerde aanbeveling vorendag kan kom.

Net die resultate van blaarmonsters verklap presies hoe suksesvol die vorige jaar se aanbevelings was en dui ook aan wat die nuwe aanbevelings vir die toekoms behoort te wees. Die resultate van blaarmonsters openbaar tekorte en identifiseer toksisiteite, en daarvolgens kan regstellings tydig gemaak word, sê mnr. Willem Engelbrecht, landboukundige van Sasol Nitro Landboudienste.

Stikstof is een van die belangrike elemente van 'n bemestingsprogram wat reg bestuur moet word. Dit is beskikbaar in 'n verskeidenheid produkte, soos KAN, ureum, ammoniumsulfaat, kaliumnitraat, kalsiumnitraat en sekere mengsels.

Die vorm waarin dit in die bemesting-stowwe voorkom, is ureum, nitraat (NO3-) en ammonium (NH4+). Ureum moet meestal eers deur die urease-ensiem afgebreek word voordat die bome dit kan opneem. Plante kan slegs klein hoeveelhede ureum opneem en gevolglik moet dit eers omgeskakel word tot onder meer ammoniumstikstof. Die bestuur van ureum verg meer aandag omdat dit vlugtig is en die feit dat ureum ook maklik uitloog voor omsetting.

Temperatuur speel 'n groot rol by die opname van nitraat, want by lae temperature is die opname gewoonlik laag en dit neem toe namate die temperatuur styg. Ammonium word gewoonlik stadiger as nitraat opgeneem. By 'n lae pH word nitraatstikstof vinniger opgeneem as ammoniumstikstof. By 'n neutrale tot 'n alkaliese pH word ammoniumstikstof die beste opgeneem. Die omsetting van ammonium na nitraat vind vinniger plaas by 'n lae pH as by 'n hoë pH.

Mnr. Engelbrecht sê stikstoftekorte veroorsaak dat die beskikbare stikstof in die boom vanaf die ouer plantdele beweeg na die jonger en aktief groeiende plantdele. 'n Egalige vergeling van die boom kom voor by 'n matige stikstoftekort, terwyl ouer blare kan afval indien die tekort vererger. Kenmerkend van ernstige stikstoftekorte is lang, kaal lote met enkele blare aan die punte terwyl wortelvertakking afneem - wat 'n nadelige invloed het op die opneem van voedingselemente.

'n Matige stikstofgebrek verminder die aantal vrugte per boom, wat weer onregstreeks lei tot groter vrugte. 'n Ernstige tekort kan selfs vrugvorming inhibeer, of vrugte wat reeds gevorm is, laat afspeen. 'n Matige gebrek aan stikstof het gladder skille tot gevolg sonder om die interne gehalte te veel te beïnvloed.

'n Oormaat stikstof het welige groei en donkergroen bome tot gevolg. Hoë stikstofvlakke benadeel 'n boom se rusfase en sodoende ook die gehalte van die vrugte. Dik en growwe skil, 'n lae sapinhoud, verhoogde suurinhoud, lae suikerinhoud, vertraagde rypwording, verkorte rakleeftyd vir vrugte en 'n laer siekteweerstand kan alles gevolge wees van 'n oormaat stikstof.

Hoë stikstoftoedienings benadeel die opname van fosfor en kalium en dit kan moontlik waterbronne besoedel en die ondergrond versuur, sê mnr. Engelbrecht.

Die doeltreffendheid van kunsmis, en veral stikstof, kan beïnvloed word deur die stadium van die plant se fisiologiese ontwikkeling waartydens die toediening gedoen word. Vir optimale produksie is dit belangrik dat stikstofvlakke in 'n sitrusboom sekere hoë en lae waardes bereik. Só moet die stikstofvlakke 'n hoogtepunt bereik gedurende Augustus tot Oktober, en 'n laagtepunt gedurende April tot Junie. Hierdie hoogtepunt is belangrik, want dit bepaal die aantal blomme, asook vrugset. Tydens blomtyd het die bome baie stikstof nodig. Die toediening van stikstof moet só geskied dat die optimale opname kort voor blomtyd bereik word. Dít is gewoonlik ses tot agt weke vóór blomtyd. Waar toedienings verdeel word, moet die grootste deel voor blomtyd toegedien word.

Die laagtepunt in stikstofvlakke is ook belangrik sodat bome koolhidrate kan ophoop wat as reserwes vir die nuwe seisoen kan dien. Tydens die blomstadium is baie energie nodig en tensy genoeg koolhidrate opgehoop is, kan vrugset en -gehalte benadeel word.

Sitrusbome het 'n rusfase nodig gedurende die winter en hierdie rusfase word deur lae stikstofvlakke bevorder. Geen stikstof moet ná Desember toegedien word nie sodat die bome hierdie gewenste laagtepunt kan bereik.

Die tydsberekening vir stikstoftoediening is dus belangrik. Indien stikstof te laat gegee word, word die hoogtepunt vertraag en word die laagtepunt nie bereik nie of té laat bereik. Indien die stikstof nie betyds toegedien word nie, vind blomtyd en vrugset plaas voordat die stikstofvlakke die hoogtepunt bereik het. Die verkeerde toedieningstye benadeel dus die huidige asook die toekomstige oes.

Wat bepaal regte toedieningstyd?

Die korrekte tye vir bemesting is nie so maklik

bepaalbaar nie omdat heelwat uitsonderings voorkom. Sitrusprodusente kan die

volgende algemene riglyne in aanmerking neem:

  • Stikstofopname volg binne perke getrou 'n temperatuurkurwe.

    Stikstofopname neem toe sodra die lug- en grondtemperature ná die winter begin

    styg.

  • Die doeltreffendste opname van stikstof vind plaas wanneer die boom

    onderhewig is aan die grootste stikstofspanning.

  • 'n Sitrusboom se grootste behoefte aan stikstof is net voordat die boom

    bot, tydens blomtyd en gedurende die November-vrugval.

  • Die beste tyd vir stikstoftoediening is ses tot agt weke vóór blomtyd,

    maar die klimaat, grondsoort en reënval kan variasies, soos die volgende, laat

    voorkom:

  • In die winterreëngebied met swaar reën aan die einde van die winter is dit

    ongewens om ál die stikstof dan toe te dien.

  • Op sanderige grondsoorte moet stikstoftoedienings verdeel word weens

    logingsverliese wat kan voorkom.

  • Die aantal toedienings tot Desember sal die opbrengs en gehalte nie

    beïnvloed nie.

  • Vrugte van hoë gehalte word in verband gebring met lae stikstofvlakke

    gedurende die herfs en die winter.

  • Toediening in Julie lewer die beste resultate.
  • Verdeelde toedienings lewer nie 'n besparing in die totale hoeveelheid

    stikstof wat toegedien word nie.

  • Stikstof gedurende die pluktyd van Valencias het geen invloed op ryp

    vrugte nie.

  • Die tyd van toediening, veral laat toedienings, het 'n invloed op die

    blaarsamestelling.

  • 'n Ligte besproeiing moet op stikstoftoedienings volg en die grond moet

    200 mm tot 350 mm diep natgemaak word.

Met hierdie riglyne kan sitrusboere hul stikstoftoediening oordeelkundig bestuur. Hulle hoef hulle nie te verlaat op die towerformules van kulkunstenaars in die bedryf nie, sê mnr. Willem Engelbrecht, landboukundige van die Sasol Nitro Landboudienste.

31 Oktober 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.24
+1.7%
Rand - Pond
21.15
+0.9%
Rand - Euro
18.16
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.71
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+1.6%
Goud
1,794.60
-0.2%
Silwer
23.01
-0.6%
Palladium
1,909.89
+0.5%
Platinum
1,024.00
+0.4%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
69,190
+1.4%
Alle aandele
75,358
+1.4%
Hulpbronne 10
75,205
+1.6%
Industriële 25
92,363
+0.8%
Finansiële 15
15,814
+2.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot