AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Stompkopboorderkewer: Chemiese lokmiddels beperk besmetting

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
'n Besmette Engelse eikehoutboom met 3D-gedrukte lokvalle oor gate wat deur stompkopboorderkewers geboor is. Foto: Verskaf
'n Besmette Engelse eikehoutboom met 3D-gedrukte lokvalle oor gate wat deur stompkopboorderkewers geboor is. Foto: Verskaf
Die polifagiese stompkopboorderkewer (Euwallacea whitfordiodendrus) is steeds ’n bron van kommer vir boomliefhebbers.

Voorlopige bevindings van navorsing oor die polifagiese stompkopboorderkewer (Euwallacea whitfordiodendrus) wat op die Vergelegen-wynlandgoed in Somerset-Wes gedoen is, het belangrike insigte oor die bekamping van dié kewer gelewer.

Dit is ’n klein kewer wat in boomstamme boor en ’n skadelike swam afskei wat bome verswak en dikwels laat vrek. Sedert die kewer in 2017 in Suid-Afrika opgemerk is, veroorsaak dit verwoesting in tuine en woude.

Die navorsing deur me. Heather Nependa, ’n PhD-student aan die departement bewaringsekologie en -entomologie aan die Universiteit Stellenbosch se fakulteit landbouwetenskappe, sal tot Junie 2022 voortduur.

Vergelegen is as die ideale natuurlike laboratorium vir navorsing geïdentifiseer aangesien die 321 jaar oue landgoed verskeie historiese bome huisves en sy biosfeer as ’n mikrokosmos van stedelike en buitestedelike gebiede in Suid-Afrika dien.

Volgens die bevindinge is navorsers beter ingelig oor die seisoenale verspreiding van die kewer wat hulle in staat sal stel om dit beter te bekamp. Daar is ook bevind dat chemiese lokmiddels ’n belangrike rol gespeel het in die beperking van besmettings en dat die inspuit van insekdoders in sommige bome die verspreiding van die kewer vertraag het.

Lokvalle

Twee lokvalle is gebruik om die kewers te monitor. Een is ’n chemiese lokmiddel in ’n plastiekbottel wat bedoel is om kewers van bome weg te lok. Die ander is ’n 3D-gedrukte lokval wat geplaas word oor die gate wat die kewers in besmette bome geboor het om te keer dat hulle ontsnap.

Kewers is elke twee weke by die chemiese lokvalle getel en daar is bevind dat hul getalle veral in April en Mei toegeneem het. Sowat 500 kewers is tydens elke telling ingesamel. Hierdie getalle het in Junie en Julie afgeneem tot 10 tot 20 kewers per telling. By die 3D-lokvalle het die eerste kewers ook van April tot Mei verskyn.

Om die kewer se biologie en gedrag verder te ontleed, is 50 plotte van 15 m by 10 m rondom elke chemiese lokval opgestel. Elke boom in ’n plot is ondersoek om onder meer toegangsgate, sapvloei en ander tekens dat in die boom geboor is te evalueer. Hierdie ondersoeke vind elke drie maande plaas.

In hierdie ondersoeke is bevind dat die chemiese lokmiddels uiters belangrik is vir die beperking van besmetting met die stompkopboorderkewer aangesien besmettings in slegs drie van die 50 plotte voorgekom het.

Nependa se navorsing ondersoek ook die gebruik van die insekdoder emamektin bensoaat en die swamdoder propikonasool. Die eerste stel chemiese inspuitings is in Februarie en Maart vanjaar toegedien. Die bome is daarna vir 28 dae gemonitor en daar is bevind dat die koers waarteen hierdie bome besmet geword het, vertraag het met nie veel meer as 10 nuwe gate wat opgemerk is nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.63
+1.2%
Rand - Pond
20.23
-0.2%
Rand - Euro
17.61
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.47
+1.3%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,726.04
+1.5%
Silwer
21.05
+1.6%
Palladium
2,321.00
+4.3%
Platinum
934.50
+3.3%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.3%
Alle aandele
66,313
+3.2%
Hulpbronne 10
64,568
+4.5%
Industriële 25
80,073
+3.2%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Boeremeisie wat nie in die stad sal aard nie
Ek is n kind van God, n ekstrovert wat n sagte hart het. Ek hou van dans, vis vang, grond onder my voete en die buitelewe. Ek is op my gelukkigste in my skaapkraal. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot