AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Storm van bedreigings: SA sitrusbedryf ‘veerkragtig genoeg’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Lucille  Botha
Foto: Lucille Botha
Suid-Afrika se sitruswaardeketting het reeds voor die covid-19-pandemie met ’n magdom probleme te kampe gehad. ’n Kombinasie van probleme skep nou die grootste bedreiging vir die winsgewendheid van die bedryf in 20 jaar, sê mnr. Piet Smit, voorsitter van die sitrusnavorsingsinstituut (CRI).

“Die jongste groot probleme is logistieke koste, ondoeltreffende hawens en die drastiese, ongeregverdigde en diskriminerende regulasies rakende valskodlingmot deur die Europese Unie (EU). Ons móét veerkragtigheid toon. Ons wil immers niks anders doen as om in die sitrusbedryf wees nie.”

Sedert 1875, toe die bedryf op kommersiële grondslag begin staan het, is talle bedreigings, soos plae en siektes, oorleef. Tans is die bedryf uiters georganiseerd en gevorderd, en spog met wêreldklasnavorsing, veral danksy die CRI. Die uitkomste van dié navorsing was deurslaggewend vir die handhawing van Suid-Afrika se sitrusuitvoer na bestaande markte, soos die EU, en vir toegang tot nuwe markte, soos lande in Asië.

“Ons sitrusnavorsing het selfs ’n aantal wêreld-eerstes behaal, waaronder die risikobestuurstelsel vir valskodlingmot. Nuwe siektes en ander bedreigings kom dikwels voor. Die CRI is goed geposisioneer, gefinansier en toegerus om geleenthede vir die sitrusbedryf te verkry, te behou en te optimaliseer,” sê Smit.

Die plaaslike sitrusbedryf het reeds ’n aksieplan ontwikkel vir die potensiële koms van die vernietigende Asiatiese sitrusvergroeningsiekte en sy insekvektor, die Asiatiese sitrus-psillied (Diaphorina citri). Albei is reeds in gebiede suid van die Sahara geïdentifiseer en Suid-Afrika is op ’n hoë gereedheidsgrondslag.

Navorsing op die tuisfront het ook aan internasionale markte vir Suid-Afrika se sitrusuitvoer bevestig dat sitrusvrugte nie ’n baan is vir die verspreiding van sitrusswartvleksiekte nie en dat suurlemoene nie ’n gasheer vir valskodlingmot is nie. Sulke navorsing kon ook aan internasionale sitrusmarkte wys dat vrugtevlieë doeltreffend bekamp kan word sonder om Suid-Afrikaanse uitvoersitrus aan onnodig lae temperatuurbehandelings bloot te stel, wat dikwels koueskade aan die vrugte veroorsaak.

“Tye is nog steeds moeilik. Die bedryf moet steeds in navorsing belê omdat ons nuwe kennis nodig het om te kan aanhou om visionêre besluite te neem,” sê Smit.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Mens lewe net eens.....kom ons maak dit tel
Sal die beste tyd van jou lewe wees. Eks n baie fun en outgoing persoon. Hou van challenges en sit nooit stil nie
Soek geselskap
Ek hou van gesels Ek is eerlik en opreg. Ek hou van die natuur. Ek hou van diere. Ek hou daarvan om na myself om te sien.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot