AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Strategie nodig om verspreiding van stompkopkewer te stuit

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Indien daar nie iets gedoen word om die verspreiding van die stompkopkewer te stuit nie, kan 65 miljoen bome verlore gaan en die Suid-Afrikaanse ekonomie R275 miljard oor die volgende 10 jaar verloor.

Navorsers aan die Universiteit Stellenbosch (US) en die Universiteit van Pretoria sê die stompkopkewer (Euwallacea fornicatus) het sedert dit in 2012 die eerste keer in Suid-Afrika opgemerk is, na agt van die land se nege provinsies versprei. Dit is die grootste huidige uitbreking van hierdie indringerplaag ter wêreld. Die kewer het veral ’n impak op bome in stedelike gebiede.

Hul navorsing het bevind as nie ingegryp word om die verspreiding van die kewer te stuit nie, sal 65 miljoen bome verwyder en vernietig moet word. Die verlies vir die plaaslike ekonomie oor die volgende 10 jaar word op R275 miljard geskat.

Die navorsers se bevindings is gepubliseer in die artikel “An assessment of the potential economic impacts of the invasive polyphagous shot hole borer (Coleoptera Curculionidae) in South Africa” in die Journal of Economic Entomology.

Prof. Francois Roets, ’n ekoloog in die US se departement bewaringsekologie, sê ’n boomryke dorp soos Stellenbosch loop die gevaar om 20 000 van sy groot ou eike- en plataanbome te verloor. In Somerset-Wes, waar die stompkopkewer vier jaar gelede vir die eerste keer opgemerk is, is meer as 10 000 bome reeds besmet en van die bome is nou besig om te vrek.

Hy sê bome in stedelike gebiede is meer vatbaar aangesien hierdie bome gewoonlik reeds stres ervaar in ’n stedelike omgewing in vergelyking met dié wat in ’n natuurlike woud voorkom. Mense in stedelike gebiede is ook geneig om meer uitheemse boomspesies te plant, waarvan baie gekloon is en nie die genetiese diversiteit het wat nodig is om nuwe plae af te weer nie.

Nasionale beleid en strategie

Prof. Martin de Wit, ’n ekonoom aan die US se skool vir publieke leierskap, sê as niks gedoen word om die verspreiding van hierdie indringer te bekamp nie, sal munisipaliteite landwyd van 2020 tot 2030 sowat 65 miljoen bome in stedelike gebiede moet uithaal en veilig ontslae raak daarvan.

“Ons benodig ’n nasionale beleid en gekoördineerde strategie vir munisipaliteite om hierdie kewer in sy spore te stuit,” waarsku hy. “Tot op hede is die stompkopkewer nog nie op die regering se lys van uitheemse en indringerspesies wat val onder die nasionale omgewingsbestuur se Wet op Biodiversiteit nie, wat dit vir munisipaliteite moeilik maak om doeltreffend te reageer.”

Prof. Brian van Wilgen, ’n ekoloog van die departement van wetenskap en innovasie en die nasionale navorsingstigting  se afdeling vir indringerbiologie en mede-outeur van die studie, sê daar is beperkte opsies vir die bestuur van die kewer. “Gegewe die feit dat dit reeds wydverspreid voorkom, is dit onmoontlik om dit uit te roei. Daar moet daarop gekonsentreer word om die verspreiding te verminder en om die impak daarvan te versag. ’n Eerste stap, en waarskynlik die mees ekonomiese een, sal wees om die vrye beweging van potensieel besmette plantmateriaal, hout en houtprodukte te beperk.”

Die klein stukkie goeie nuus is dat die stompkopkewer nie op eie stoom vinnig kan versprei nie aangesien dit slegs kort afstande kan vlieg – van 500 m tot 2 km. Sy vinnige verspreiding in Suid-Afrika is dus hoofsaaklik te wyte aan mense wat hout oor munisipale en provinsiale grense heen vervoer.

Die slegte nuus is dat ’n enkele wyfie ’n nuwe kolonie kan vestig deur slegs ’n manlike nageslag te produseer en dan met hulle te paar.

Hierdie “perfekte indringer” verskaf sy eie kos in die vorm van die swam Fusarium euwallaceae, ’n uitheemse spesie wat saam met die kewer in omloop gebring is. Daar word gewerk aan ’n biologiese middel om dit te bekamp, maar die navorsers waarsku dat dit ten minste ’n dekade sal duur om so ’n middel te ontwikkel – indien een ooit ontwikkel word. Dit kan ook lank duur vir die middel om ’n impak op die verspreiding van die kewer te maak.

Tot op hede is daar geen getoetste en goedgekeurde insek- of swamdoder in Suid-Afrika geregistreer waarmee die stompkopkewerbesmetting bekamp kan word nie.

Impak op sagtevrugtebedryf

Dr. Wiehann Steyn, hoofbestuurder van Hortgro Science, sê die stompkopkewer het nog nie in hierdie stadium ’n regstreekse impak op die sagtevrugtebedryf nie.

“Die stompkopkewer het na ’n paar kommersiële sagtevrugteboorde versprei in die omgewing van Somerset-Wes waar dit voorheen nog net op ornamentele bome voorgekom het. Sagtevrugtebome in huistuine is voorheen besmet, maar daardie bome was waarskynlik onder stres en nie verteenwoordigend van gesonde bome in ’n boordopset nie.”

Hy sê volgens die US se navorsing kan Fusarium euwallaceae wel in sagtevrugtebome oorleef.

Hy sê ’n gekoördineerde aanslag is nodig om die verspreiding van die stompkopkewer te stuit aangesien huistuine, straatbome en natuurlike plantegroei daardeur geraak word en bydra tot die verspreiding daarvan.

Hortgro is besig om ’n stompkopkewer-bestuurskomitee vir die sagtevrugtebedryf op die been te bring.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.11
-0.6%
Rand - Pond
20.20
-0.5%
Rand - Euro
17.65
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.56
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,697.56
-0.9%
Silwer
20.32
-1.6%
Palladium
2,257.50
-0.2%
Platinum
930.50
+0.6%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
58,956
-0.8%
Alle aandele
65,340
-0.8%
Hulpbronne 10
62,614
-1.1%
Industriële 25
79,353
-0.8%
Finansiële 15
13,990
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opskrif
Ek is fun Om mee SAAM te wees. Hou van lag en Om te bederf. Hou van Kos maak, movie, shopping, uit eet, rond te loop in malls love Dans rugby braai . Om te hug hande vas the Hou...
Om my te Ken is om my lief te he
Sag dinamiese persoon wat iemand altyd eerste stel en respekteer,. Hou van eerlike opregte mense wat nie my tyd mors nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot