AFGRI
BEAN
09 Des
-
9420
0,00
CORN
09 Des
-
4391
0,00
SOYA
09 Des
-
10543
0,00
SUNS
09 Des
-
10900
0,00
WEAT
09 Des
-
6703
0,00
WMAZ
09 Des
-
4920
0,00
YMAZ
09 Des
-
4757
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Suikermielies en bone met skop

Nuwe suikermielie- en groenboonkultivars wat 'n omwenteling tot gevolg kan hê, is bekend gestel. Dié ontwikkeling kom uit meer as 'n eeu se ondervinding in Amerika asook streng keuring om te verseker dat die gewasse uitstekend by die Suid-Afrikaanse klimaat en landboutoestande aangepas is.

Nuwe

suikermielie- en groenboonkultivars wat 'n omwenteling tot gevolg kan hê, is

bekend gestel. Dié ontwikkeling kom uit meer as 'n eeu se ondervinding in

Amerika asook streng keuring om te verseker dat die gewasse uitstekend by die

Suid-Afrikaanse klimaat en landboutoestande aangepas is.

Besonder soet en met lang koppe wat 'n boer se inkomste met 25 % tot 30 % kan verhoog vir dieselfde moeite en koste as met gewone kultivars. Dit is, in 'n neutedop, die belangrikste eienskappe van 'n nuwe suikermielie wat 'n omwenteling in die bedryf kan veroorsaak.

Net só behoort 'n nuwe groenboon met veelvoudige siektebestandheid, wat uitstekend weerstand bied teen roes, aanhoudend dra en in ál die segmente van die mark gebruik kan word, byval by groenteboere te vind, meen mnr. Luhan Swart, verkoopkonsultant van die verspreider.

Meganton

is die nuwe besonder soet suikermielie wat 'n omwenteling in die bedryf kan veroorsaak. Dié mielie se koppe is gemiddeld 250 mm lank, en met 'n deursnee van 52 mm tot 55 mm is dit nie te dik nie. Die kop is silindries en omtrent ewe dik van agter tot voor by die punt sodat dieselfde aantal pitte oor die hele lengte van die kop gedra word. Verwerkers wat net die pitte gebruik, herwin tot 15 % meer pitte per ton koppe wat verwerk word. Sowat 500 kg tot 550 kg pitte per ton koppe word verkry. Die boer kry 'n ekstra inkomste van 25 % tot 30 % vir dieselfde moeite as met tradisionele kultivars, sê mnr. Swart.

Boere wat dié suikermielie al op 'n proefgrondslag geplant het, sny die koppe in twee en verpak dit dan. Dit werk veral goed in verpakkings van sewe koppe. Met tradisionele kultivars moet die boer sewe koppe vir so 'n verpakking gebruik.

Vir verpakking vooraf kan vier stukkies só uit 'n kop gesny word teenoor die drie uit die kop van 'n konvensionele kultivar.

Dit is moontlik omdat die stingelbasis kort is, die kop by die aanhegting van die stingel plat is en die hele kop vanweë sy silindriese vorm gebruik kan word. Die mielie bied uitstekend weerstand teen roes en mediumweerstand teen noordelike blaarskroei en grys blaarvlek.

Shooting Star

is nog 'n nuwe supersoet suikermielie. Dié tweekleurige mielie bied besonder goed weerstand teen siektes en is ook besonder groeikragtig, iets wat tot dusver by die meeste tweekleurige kultivars ontbreek het. Dit bied goed weerstand teen roes en noordelike blaarskroei.

Dié kultivar gee deur die hele seisoen 'n goeie opbrengs sodat boere van vroeg in die seisoen tot laat 'n tweekleurige suikermielie kan lewer. Dit is by uitstek geskik vir vooraf verpakking, want die kop is silindries met reguit rye pitte met 'n duidelike kleurverskil.

Concesa

is die groenboonkultivar wat boere se belangstelling gaande het. Dit groei regop, val nie maklik om nie en met sy halfgekonsentreerde peuldrag kan dit drie keer en meer gepluk word.

Mnr. Swart sê die boon se weerstand teen siektes is uitstekend, wat meebring dat dit ná die derde pluksel weer blom as die plante gelos word en nog water en bemesting kry. 'n Verdere pluksel kan dan afgehaal word.

Die meerdoelige boon kan vooraf verpak, op die vars- of uitvoermark verkoop en verwerk word. Dit is gewild vir bevriesing omdat die donker blinkgroen kleur ná bevriesing behoue bly.

Die peule groei hoog teen die stam, is reguit en kan as 'n mediumfyn boon bemark of volwasse gepluk word. Die peule word sowat 140 mm lank en is 8,5 mm dik. Die peule behou hul jel goed, wat 'n uitstekende houvermoë verseker. Dit bied goed weerstand teen die gewone boonmosaïkvirus, bruinroes en krulblaar en weerstaan vetvlek betreklik goed in landtoestande. 'n Opbrengs van 15 t/ha tot 25 t/ha kan verwag word.

HMX 8943

is 'n fynboonkultivar wat baie sterk groei en uitstekende beskerming aan die peule bied. Die peule word sowat 130 mm lank en is 6,5 mm in deursnee. Dit het 'n mediumgroen kleur en bied weerstand teen die gewone boonmosaïkvirus, vetvlek en bakteriese skroei. 'n Opbrengs van 8 t/ha tot 10 t/ha kan verwag word.

Golden Rod is 'n

geel murgpampoentjie wat hoofsaaklik vir die uitvoermark en voorafverpakkings

vir winkelgroepe bedoel is. Dit het 'n uitstekende opbrengspotensiaal van 7 t/ha

tot 8 t/ha. Die vrug is reguit met 'n klein blomendletsel en 'n besondere

donkergeel kleur.

HMX 1712

is 'n groen murgpampoentjie wat uitstekend weerstand bied teen virussiektes en is hoofsaaklik vir die uitvoermark bedoel. Dit het 'n unieke oop groeiwyse en 'n lang vrugstingel wat pluk vergemaklik, maar die vrugend-letsel is nogtans klein. Sowat 8 t/ha tot 10 t/ha pampoentjies van uitvoergehalte kan verwag word.

Drie nuwe

miniatuurpampoenkultivars, hoofsaaklik vir versiering, is ook bekend gestel. Pump-ke-Mon is 'n Table King-soort wit pampoentjie met oranje

in die gleuwe. Munchkin is 'n oranje miniatuurboerpampoen en Lil Goblin is 'n oranje bossoort Rolet-babalemoenpampoentjie.

Meganton, HMX 8943, Golden Rod en HMX 1712 is ingedien vir registrasie op die Suid-Afrikaanse Variëteitslys.

25 Julie 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.35
-1.0%
Rand - Pond
21.27
+0.1%
Rand - Euro
18.30
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.80
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,797.30
0.0%
Silwer
23.48
0.0%
Palladium
1,956.00
0.0%
Platinum
1,028.50
0.0%
Brent-ruolie
76.10
-0.1%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot