AFGRI
BEAN
01 Feb
-
9790
-69,00
CORN
01 Feb
-
4566
-91,00
SOYA
01 Feb
-
9580,2
-19,80
SUNS
01 Feb
-
11295
265,00
WEAT
01 Feb
-
6770
-12,00
WMAZ
01 Feb
-
4360
-80,00
YMAZ
01 Feb
-
4440
-81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
20 Jan
-
170,89
-2,92
Ave Wool - RWS
20 Jan
-
181,89
-7,19
Beeste A2/3
20 Jan
-
58,72
2,37
Beeste AB2/3
20 Jan
-
58,36
3,52
Beeste B2/3
20 Jan
-
56,86
4,26
Beeste C2/3
20 Jan
-
52,54
0,65
Bevrore Hoender
20 Jan
-
31,75
-2,38
Bokkies (onder 30 kg)
20 Jan
-
63,65
-0,77
Bokooie
20 Jan
-
40,24
-2,32
Groot (meer as 40 kg)
20 Jan
-
41,1
-3,43
Hoender (IQF)
20 Jan
-
32,82
0,66
Medium (30-40kg)
20 Jan
-
56,66
1,18
Pork Average
20 Jan
-
37,05
0,71
Poultry Average
20 Jan
-
32,38
-0,99
Skaap A2/3
20 Jan
-
87,14
3,08
Skaap AB2/3
20 Jan
-
80,78
-2,47
Skaap B2/3
20 Jan
-
70,13
0,82
Skaap C2/3
20 Jan
-
65,78
1,26
Speenkalf
20 Jan
-
36,84
0,12
Spekvarke
20 Jan
-
38,49
1,90
Stoorlammers
20 Jan
-
38,71
0,25
Varkwors
20 Jan
-
29,77
0,61
Vars Hoender
20 Jan
-
32,57
-1,26
Vleisvarke
20 Jan
-
36,9
0,60

Swam gee piesangsnuitkewer uitklophou

'n Uiters doeltreffende parasitiese swam word nou geregistreer om die piesangsnuitkewer, wat al hoe wyer in Suid-Afrika voorkom, op te dons.

Van die bykans 200 geïdentifiseerde insekplae wat

piesangproduksie wêreldwyd kniehalter, is die piesang-snuitkewer

Cosmopolites sordidus (Germar) Coleoptera: Curculionidae

waarskynlik die skadelikste. Daarby kom dit al hoe meer in Suid-Afrikaanse piesangboorde voor.

Die larwe van die kewer, wat ook die piesangwortelboorder genoem word, maak tonnels in die skynstam en vernietig sodoende die laterale wortels van die piesangplant. Jong, besmette plante se groei word vertraag en die blare verlep en word geel. Sulke plante produseer kleiner trosse en oesverliese van 50 % en meer kan voorkom.

In gevalle van ernstige besmettings val die plante maklik om in wind of deur die blote gewig van die tros omdat die risoom of skynstam só deur die larwes deurboor is dat dit eenvoudig breek.

Besmette plante is daarby ook baie meer vatbaar vir sekondêre swambesmettings as gesonde plante. Hierdie simptome kan veral duidelik gesien word in aanplantings wat aan droogtestres onderwerp word.

Mnre. Schalk Schoeman, entomoloog van die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Tropiese en Subtropiese Gewasse (LNR-ITSG), en Herman Botha, tegniese adviseur van Biological Control Products (BCP), beide van Nelspruit, sê die piesangsnuitkewer was aanvanklik tot KwaZulu-Natal beperk. Nou kom dit ook ál meer in die Kiepersol/Hazyview- en Onderberggebied van Mpumalanga voor en dit is ook in aanplantings naby Tzaneen in Limpopo opgemerk.

Die piesangsnuitkewer is sowat 12 mm lank, swart en het 'n baie prominente snuit. Die larwe is wit, het geen bene nie en is C-vormig.

Hierdie snuitkewer is vir die eerste keer in die 1940's in Afrika opgemerk en dit is eers in die vroeë 1970's in KwaZulu-Natal geidentifiseer. Aanvanklik het dit slegs op enkele plase voorgekom en daarom is nie veel aandag aan die probleem gegee nie. Die insek het egter versprei en in die suidelike deel van KwaZulu-Natal word dit vandag as 'n pes met ernstige ekonomiese implikasies beskou en talle besmette aanplantings moes reeds hervestig word.

Die snuitkewer kom waarskynlik reeds 'n geruime tyd in aanplantings in Mpumalanga voor, maar dit is eers onlangs vir die eerste keer naby Kiepersol geïdentifiseer.

Volgens mnre. Schoeman en Botha kan piesangprodusente maklik self vasstel of die snuitkewer in hul aanplantings voorkom. 'n Vars skynstam van 'n piesangplant kan in blokke van sowat 300 mm x 600 mm opgekap en met die kapkant op die grond in verdagte aanplantings neergesit word. Hierdie blokke kan met dooie plantmateriaal bedek word om uitdroging te voorkom en die doeltreffendheid van die lokvalle te verhoog. As die piesangstamboorder wel in 'n aanplanting voorkom, behoort volwasse kewers ná sowat 'n week onder die lokval-blokke gevind te word.

Tans is net een chemiese middel, naamlik Aldicarb (Reg. No. L.590), geregistreer om op piesangs teen die snuitkewer te gebruik. Dieselfde middel word ook teen aalwurmbesmettings in piesangaanplantings gebruik.

Opbouende verbruikersweerstand teen chemiese beheermaatreëls maak dit deesdae noodsaaklik om ook ander, meer omgewingsvriendelike bestrydingsmetodes te ondersoek. Die piesangsnuitkewer se oorsprong is waarskynlik Suidoos-Asië en verskeie pogings om natuurlike parasiete vir biologiese beheer op te spoor, was tot dusver onsuksesvol.

Vir piesangprodusente wat chemiese bestryding wil systap, bly meganiese beheer deur lokvalle of die gebruik van natuurlike swampatogene as keuse oor. Hierdie metodes kan ook geïntegreer word om die snuitkewer suksesvol te bestry.

Mnr. Schoeman sê die skynstam-lokvalle wat in aanplantings uitgeplaas word om snuitkewergetalle te monitor, kan ook op 'n groter skaal gebruik word om die insekte te versamel en uit te wis. Die skynstam-lokval se voordeel is dat geen chemiese middel gebruik word nie, maar dit is baie arbeidsintensief omdat dit minstens elke week (verkieslik elke drie dae) besoek moet word. Die skynstam-lokvalle kan ook nie die snuitkewers `vashou' (vang) nie en verloor na ongeveer drie weke hul doeltreffendheid omdat die stamme uitdroog.

Feromoon-lokvalle word met groot sukses in Costa Rica gebruik om die snuitkewer uit te roei. Die feromoon, 'n sekslokmiddel, lok die kewers in die onmiddellike omgewing na die plastiek-lokval waar hulle in seepwater beland en vrek. Hierdie lokvalle word op 'n kommersiële skaal in Costa Rica gebruik waar baie hoër besmettingsvlakke as in Suid-Afrika voorkom. In Costa Rica het snuitkewergetalle met 80 % afgeneem en opbrengste het danksy die feromoon-lokvalle met 24 % gestyg.

Hierdie bestrydingsmetode sal produsente ongeveer $16/ha (sowat R160/ha) per jaar kos. Daarvoor kry 'n produsent vier lokvalle en voldoende feromoon om op een ha vir een jaar te gebruik. Die lokvalle kan egter maklik self uit ou plastiek-koeldrankbottels geprakseer word. Die LNR-ITSG het die skynstam- en feromoon-lokvalle in proewe vergelyk en gevind dat laasgenoemde effe beter as eersgenoemde gevaar het. Beide die skynstam- en feromoon-lokvalle verg gereelde besoeke en is dus arbeidsintensief.

Mnre. Schoeman en Botha sê wêreldwyd word baie navorsing

gedoen om swampatogene te identifiseer wat op insekte parasiteer en sodoende die

insekte doodmaak. Daarom het die LNR-ITSG en BCP die swam Beauveria bassiana op

die piesangsnuitkewer uitgetoets. Dié swam is oorspronklik deur die LNR se

Instituut vir Plantbeskerming (LNR-IPB) geïsoleer uit die klatergoudkewer

"potato leaf gold beetle" Conchyloctenia punctata

.

In plaaslike proewe is kanariesaad aanvanklik met die

B. bassiana

-swam geïnokuleer. Die saad is daarna, net soos 'n insek- of swamdoder, om besmette piesangplante gestrooi. Dit was baie doeltreffend en die kewergetalle is drasties beperk, maar logistieke probleme het opgeduik soos byvoorbeeld die bereiding en beskikbaarheid van groot volumes geïnokuleerde saad. BCP in Pinetown, KwaZulu-Natal, is genader aangesien die maatskappy in staat is om groot volumes van die swam te vervaardig wat die toediening meer prakties kon maak.

Volgens mnre. Schoeman en Botha is volwasse Grand

Nain-plante in die Sabievallei naby Hazyview vir drie opvolgproewe gebruik. 'n

Ontsuieringstaaf is gebruik om twee gate van 25 mm in deursnee en sowat 75 mm

diep baie laag (naby die grond) in die skynstamme van die proefplante te maak.

Die gate is aan weerskante van die stam gemaak sodat die oop kante laer is om te

verhoed dat reën- en besproeiingswater daarin kan versamel. Droë B.

bassiana

-poeier is in elke gat geplaas en twee skynstam-lokvalle naby elke proefplant is gebruik om kewergetalle te monitor.

Nadat die besmette kewers van die eerste twee proewe getel is, is hulle in die aanplantings vrygelaat. Die besmette kewers van die derde en laaste proef is na 'n laboratorium geneem. Hier is die kewers aangehou in hoë lugvogtoestande en teen 'n konstante temperatuur van 27°C om die uitwerking van die swambesmetting waar te neem. Snuitkewers van elke proefplant is afsonderlik in die laboratorium aangehou om kruisbesmetting te voorkom.

Van hierdie snuitkewers in die laboratorium het binne 30 dae tekens van mikose getoon en selfs die kewers in die kontrolegroep binne-in die laboratorium het met die swam besmet geraak!

Dit is belangrik om te onthou dat die inokulasie reeds in die aanplanting plaasgevind het. Twee moontlikhede scenarios kan geld: Die kontrolekewers kon met die besmette kewers in die kontroleblokke in aanraking gekom het of hulle kon na die behandelde blokke beweeg het en later weer in die kontroleblokke gevang gewees het. Laasgenoemde is nie onmoontlik nie, maar redelik onwaarskynlik, sê mnre. Schoeman en Botha.

Ná die eerste van die drie proewe was daar geen vrektes onder die kewers nie. Doeltreffende besmettings en vrektes het eers vanaf die tweede proef voorgekom. Waarskynlik is dit omdat die B. bassiana-patogeen eers tot 'n spesifieke vlak moes opbou, voordat dit 'n werklike uitwerking op die snuitkewergetalle sou hê.

Die feit dat van die snuitkewers in die kontroleproef ook besmet geraak het, wys dat die besmette kewers, anders as wat algemeen aanvaar word, ook na ander gebiede migreer. In die laboratorium het 'n besmettingsoordrag van 24 % tussen besmette en onbesmette kewers plaasgevind en 'n mens moet aanvaar dat dit in 'n aanplanting aansienlik laer sal wees.

In hierdie stadium lyk dit wel asof verdere toedienings sal moet volg om uiteindelik 'n langtermyn biologiese bestrydingprogram te vestig.

'n Groot voordeel van hierdie beheerbenadering is die geskikte mikroklimaat binne-in die plant en die aanplanting waarin die swam kan oorleef. Hierdie benadering skakel die gebruik van duur, ingevoerde feromoon-en ander lokvalle uit.

Die enigste moontlike nadeel is dat meer werkers opgelei sal moet word om die gate in die skynstamme te maak en die swampoeier korrek toe te dien, sê mnre. Schoeman en Botha.

BCP het reeds by die Registrateur van Wet 36 aansoek gedoen om die swam onder die handelsnaam `Bbweevil' te registreer vir gebruik op piesangs. Ná suksesvolle registrasie sal dit deur BCP se handelaarsnetwerk versprei word.

8 November 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.03
+2.1%
Rand - Pond
21.06
+1.8%
Rand - Euro
18.72
+1.0%
Rand - Aus dollar
12.16
+1.0%
Rand - Jen
0.13
+1.2%
Platinum
1,004.13
-0.8%
Palladium
1,669.69
+1.3%
Goud
1,949.52
+1.1%
Silwer
24.00
+1.1%
Brent-ruolie
85.46
+1.1%
Top-40
73,723
+0.4%
Alle aandele
79,817
+0.4%
Hulpbronne 10
75,130
-0.9%
Industriële 25
102,508
+0.2%
Finansiële 15
16,555
+2.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons geniet ons geluk en vreugde saam.
Ek het n aangename en sterk persoonlikheid. Ek is n omgee mens wat altyd net die beste wil gee en doen. Ek het n goeie humorsin en is baie lief vir die natuur. Ek hou van goeie...
Prinses Kosmos soek haar Prins Kakiebos💕
Kreatief en vriendelik, hou van die see son. en gesond leef dis altyd lekker in die buitelig, maar as daar gewerk word is dit eerste. 100% is my moto. Lief vir Mense en diere....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot