AFGRI
BEAN
08 Feb
-
9832,4
-55,60
CORN
08 Feb
-
4660
-34,00
SOYA
08 Feb
-
9340
-57,00
SUNS
08 Feb
-
10000
-150,00
WEAT
08 Feb
-
6840
33,00
WMAZ
08 Feb
-
4340
5,00
YMAZ
08 Feb
-
4417
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Swamsiekte maai onder groenrissies

Die verbouing van groenrissies word plek-plek in Suid-Afrika ernstig bedreig deur 'n vernietigende swamsiekte, Phytophthora capsici, wat die plante se wortelstelsel aanval en dit laat verrot. Kenners skets die probleme en gee raad.

Blink gewas en netjies vir die mark en winkelrakke verpak, lyk dit miskien nie asof daar enige probleem met die voorsiening van die gewilde groenrissie is nie. Dié produk het die afgelope jare vir homself 'n plek op die etenstafel verseker.

Gesonde rissieplante van verskillende kultivars en op verskillende plekke in die land verwelk egter deesdae en vrek dikwels. Die oorsaak was vir boere 'n raaisel totdat die Diagnostiese Sentrum van die LNR Roodeplaat-Instituut vir Groente en Sierplante die siekte as Phytophthora capsici, 'n swamsiekte, geïdentifiseer het.

Mnr. Alistair Thompson, hoof van die sentrum, sê die siekte is betreklik nuut in Suid-Afrika en is die eerste keer in 1993 by Brits aangemeld. Boere van Swaziland het ook al probleme met hul groenrissies ondervind. Dit tas ook paprika, pampoensoorte en komkommers aan, maar die uitwerking is nie so vernietigend nie. Tot dusver het die swam nog nie baie probleme by ander groentesoorte veroorsaak nie, hoewel hy weet van gevalle waar tonneltamaties, blomkool en wortels ook besmet is.

Na verneem word, het boere op die Springbokvlakte al die afgelope twee of drie jaar heelwat verliese gely nadat mooi groenrissies skielik kol-kol verwelk en gevrek het. Gedurende die somer van 1999/2000 met sy baie reën was die oesverliese groot. Net 150 ha groenrissies van die 800 ha wat geplant is, was bemarkbaar. Volgens alle aanduidings was Phytophthora capsici die hoofoorsaak van hierdie teëspoed. Boere het ook verliese met pampoensoorte, soos botterskorsies, gehad.

Komkommerboere oos van Pretoria het die afgelope seisoen ook probleme gehad met plante wat wegkwyn en dan vrek.

Boere, markagente, plantkwekers, saadverskaffers en verspreiders van chemiese stowwe wat die afgelope twee, drie jaar al van die probleem weet, sê dit versprei en is besig om die oeste kwaai te knou.

Die skuld vir die probleem word beurtelings voor die deur van die invoerders van die saad, plantkwekers, boere en besproeiingswater gelê. Die boere word onder meer daarvan beskuldig dat hulle nie gesonde wisselbou toegepas het nie en toegelaat het dat die organismes vermeerder. Die boere se verweer is dat die probleem egter nie tot een gebied, grondsoort, kultivar, besproeiingstelsel of ander omstandighede beperk is nie.

Boere vertel as die swam in 'n land beland het, versprei die verwoestende uitwerking soos 'n veldbrand. Baie van die vrugte wat gesond lyk wanneer dit geoes word, is 'n dag later oortrek met voos kolle en kan nie gebruik word nie.

Die swam kan blykbaar selfs deur modder aan skoene van een plaas na 'n ander versprei word.

Mnr. Roy Barlow van Brits het verlede jaar 40 % van sy groenrissie-oes verloor. Met sy voorlaaste aanplanting was dit 70 % en dit raak ál erger. Dit maak ook die tradisionele oes-seisoen vir groenrissies korter. "Binne weke is daar nie meer vrugte om te pluk nie en kan jy maar die land omploeg. 'n Paar jaar gelede kon die boere aanhou oes totdat die plante uiteindelik deur die ryp vernietig is," sê hy.

Benewens die verlies aan inkomste kan 'n boer nie sy produksiekoste verhaal nie — net die plantjies kos sowat R3 200/ha. Hy plant blokke van 4 ha elk, wat 160 000 plantjies per blok beteken.

Hopelik sal die siekte later vanself verdwyn, want al die bestrydingsmaatreëls werk nie by hom nie. Hy koop sy plantjies by verskillende kwekerye om die kans te verklein dat hy besmette plantjies kry, het al selfs die besproeiingswater ontsmet en plant op nuwe lande, maar dit help nie.

In dieselfde omgewing vertel mnr. Gert van Rensburg daar is steeds verskillende teorieë oor die siekte, soos dat dit deur 'n muggie of virus, die hoë pH-vlak van die water in die Hartbeespoortdam/Krokodilrivier-besproeiingskema of té swaar besproeiing veroorsaak word.

Hierdie boer het sy grond laat ontleed en die pH-vlak met gips probeer regstel. Kenners het vir hom gesê die enigste oplossing is om besmette grond 15 jaar lank te laat braak lê.

Mnr. Manie Gomes, wat sedert 1980 groenrissies in die Kromdraai-besproeiingsgebied by Krugersdorp verbou, het ook die afgelope drie jaar ernstige probleme met die swamsiekte. Hy volg 'n wisselboustelsel waarvolgens 'n gewas nie binne vyf jaar weer op 'n bepaalde land geplant word nie. In die winter wissel hy groente ook met hawer of raaigras af. 'n Buurman het groenrissies op nuwe lande geplant op 'n plaas waar nog nie voorheen groente verbou is nie, maar ook hy het skade gehad.

Die teorie dat die siekte deur besproeiingswater oorgedra word en boere eerder met boorgatwater moet besproei, is ook beproef. Dit het geen verskil gemaak nie.

Selfs verskillende chemiese middels het geen uitwerking op die vernietiging van die swamsiekte nie. Mnr. Marius Boshoff, 'n plantpatoloog, sê reguit boere mors hul geld en tyd met spuitstowwe as die siekte 'n land eers ingeneem het.

Daar is dus geen maklike uitweg uit die situasie nie en dit sal waarskynlik 'n paar seisoene en spesiale bestrydingsmaatreëls verg om die swamsiekte onder beheer te kry. Boere sal dalk selfs die grond moet berook voordat hulle plant.

Mnr. Gerrie Reitsma, verkoops- en bemarkingsbestuurder van 'n saadmaatskappy, sê dit is egter goedkoper om die grond uit te droog en dan met plastiek te bedek sodat die son dit kan steriliseer. Hy sê daar is geen moontlikheid dat die siekte deur besmette saad van die buiteland die land ingebring kon word nie, aangesien streng beheer toegepas word.

Mnr. Thomspon beklemtoon dat boere plantjies net by betroubare kwekerye moet koop en moet oplet vir plantjies wat verlep lyk of waarvan die wortels 'n verbruining toon.

Hy sal boere se vrae beantwoord. Sy foonnommers is 012 841 9621 en 082 776 1624.

Volg dié strategie

As daar vermoedelik Phytophthora capsici in 'n groenteland voorkom, moet die boer seker maak dat die verwelking van plante wél aan Phytophthora capsici toegeskryf kan word. Om dít vas te stel, kan 'n aangetaste plant aan die Diagnostiese Sentrum van die LNR Roodeplaat-Instituut vir Groente en Sierplante besorg word, wat dit sal ontleed. 'n Geskikte monster is 'n plant wat net bokant die grond begin verbruin en vrek. Die uitslag van die gespesialiseerde toets is ná twee weke bekend.

Hierna sal die sentrum 'n geïntegreerde bestrydingstrategie met die boer bespreek. Die strategie bestaan uit 'n reeks alternatiewe metodes, soos wisselbou en chemiese bestryding. Hulle sal ook die regte spuitmiddels aanbeveel.

Dit is belangrik om siektevrye saailinge te plant, want sommige kwekerye het al besmette plantjies aan boere verkoop. Maak seker dat die kwekery die korrekte sanitasieprosedures volg.

Moenie op 'n land plant waar die siekte reeds voorheen voorgekom het nie; hetsy by groenrissies of ander gewasse wat deur die swamsiekte aangetas word. Lande waar ander groentesoorte, soos kopkool, verbou is, is egter veilig.

Gewoonlik verdwyn die siekte later vanself by groenrissies op droëlande, maar dit is nie noodwendig die reël nie. Voorskrifte wat die sentrum voorheen vir groenteboere met kleigrond gegee het, het nie altyd gewerk nie.

14 Junie

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.50
+0.3%
Rand - Pond
21.17
+0.0%
Rand - Euro
18.81
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.21
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
986.30
-0.0%
Palladium
1,665.66
+0.8%
Goud
1,880.54
+0.4%
Silwer
22.46
+1.3%
Brent-ruolie
83.69
+3.2%
Top-40
73,922
+0.7%
Alle aandele
79,984
+0.6%
Hulpbronne 10
75,128
+0.7%
Industriële 25
103,381
+0.7%
Finansiële 15
16,370
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
[removed]
eks eerlik opreg en lojaal teenoor my maar. ek geniet die buite lewe is avontuur lustig Hou van mense wat eerlik en opreg is.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot