AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

Swart vrouewynmaker bekroon

‘n Swart vrouewynmaker het die geskiedenisboeke herskryf deurdat sy as Suid-Afrika se Vrouewynmaker van die Jaar bekroon is.

‘n Swart vrouewynmaker het die geskiedenisboeke herskryf deurdat sy as Suid-Afrika se Vrouewynmaker van die Jaar bekroon is. Sy is me. Ntsiki Biyela van Stellekaya in Stellenbosch.

Me. Biyela het 64 wyninskrywings van 28 wynmakers van regoor Suid-Afrika geklop tydens vanjaar se kompetisie wat geborg word deur Landbouweekblad. Die toekennings is vir die sesde agtereenvolgende jaar gedoen.
Nontsikelelo of Ntsiki, soos sy alom bekend is, is gebore en het grootgeword in KwaZulu-Natal. Sy het in 1996 by Mahlabathini Hoërskool gematrikuleer waar sy uitstekend in Natuur- en Skeikunde gevaar het. Met die hoop om verder in die ingenieursbedryf te studeer, het sy egter begin werk as ? huishulp, omdat sy nie geld gehad het om voltyds te studeer nie. Haar oom het haar toevallig voorgestel aan wynmaker Jabulani Ntshangase en hy het Ntsiki gehelp om aansoek te doen vir ? SAA-beurs. Ntsiki was een van tien swart studente wat gekies is om met ? studiebeurs wynkunde in Stellenbosch te studeer.
In 2003 het Ntsiki gegradueer met ? Baccalaureus Scientiae in Landbou waar sy gespesialiseer het in Wingerdbou en Wynkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Ntsiki het in 2004 by Stellekaya begin werk en het ook al ? oesseisoen in Bordeaux deurgebring en het die buiteland al verskeie kere vir wynbemarking besoek. Sy praat Zoeloe, Engels, Afrikaans en Xhosa vlot en is vasberade om die towerkuns van die genieting van wyn oor kultuur- en taalgrense te versprei.
Ntsiki het die beoordelaars beïndruk met haar 2006 Cabernet Sauvignon. Toe sy gevra word wanneer sy geweet het wynmaak was haar gekose beroep, het sy geantwoord: “Ek het grootgeword in Zoeloeland, so wyn was nie juis deel van my kultuur nie. My studies by Stellenbosch en die blootstelling aan wyn het my egter nie gekeer om verlief te raak op wyn en die wynmaakproses nie. Dit het als begin sin maak toe ek praktiese werk in die bedryf gedoen het, wat proeë by Delheim ingesluit het. Ek het toe instinktief geweet ek is oorrompel. Hoewel dit ? tegniese loopbaan is, het wynmaak ook ? kunstige kant. Ek sal nooit verveeld raak hiermee nie, want elke oesjaar is verskillend.”
Behalwe vir haar rol as wynmaker by Stellekaya is Ntsiki ook verantwoordelik vir die uitsoek van individuele wingerde en produsente in Stellenbosch wat presies volgens haar standaarde wingerd oes of druiwe met die hand pluk. “Deur van die begin af betrokke te wees en om die perfekte druiwe te kies vir ? spesifieke wyn, die houtbehandeling vas te stel en al die ander elemente om te verseker dat ons ? waardige produk tot die Stellekaya-handelsmerk voeg, dwing my om aan elke wyn wat ek maak, te dink as my eie kinders. Dit is my werk om daardie kind groot te maak en te lei voor ek dit kan laat uitgaan om die wêreld te verower.
“As een van die eerste swart vrouewynmakers in Suid-Afrika wil ek onthou word vir my wyn en nie vir myself as persoon nie, maar ek gee nie om, om ? rolmodel vir ander mense te wees nie. Ek wil hierdeur wys dat mens met harde werk en deursettingsvermoë enigiets kan bereik.”
Die ander vyf finaliste in vanjaar se Vrouewynmaker van die Jaar kompetisie:
 
Me. Corlea Fourie van Bosman Family Vineyards in Wellington wat beïndruk het met haar 2008 Chenin blanc gemaak van 56 jaaroue bosstokwingerd.
 
Me. Carmen Stevens van Amani Wingerde in Stellenbosch wat die ses finaliste met haar 2008 Amani Kamili Chardonnay/Viognier-versnit gehaal het.
 
Me. Corrien Geleijnse van Swartland Wynkelder in Malmesbury met haar 2008 Shiraz;
 
Me. Nomonde Kubheka van KWV in die Paarl met haar 2007 rooi versnit genaamd Triptych; en
 
Me. Danelle van Rensburg van Van Loveren Wingerde in Robertson wat die ses finaliste gehaal het met haar 2009 Colombar.
 
31 Julie 2009
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
+0.1%
Rand - Euro
17.37
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot