AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Swartvlek 'n politieke bedreiging vir sitrusbedryf

Die sitrusbedryf glo dat die dilemma ten opsigte van die uitvoer van vrugte met swartvlek uiteindelik deur die Nasionale Landbouplan opgelos sal word. Tog voel die bedryf dat hy telkens aan die onderhandelingstafel met die Europese Unie met die minste tevrede moet wees en daarby ook nog deur die plaaslike landbouchemiese bedryf stief behandel word.

Die algehele verbod op enige teken of spoor van sitrusswartvlek op Suid-Afrikaanse vrugte wat vir lande in die Europese Unie (EU) bestem is, hang soos die spreekwoordelike swaard oor die kop van die plaaslike sitrusbedryf, sê mnr. Edward Vorster, voorsitter van Sitrus Suid-Afrika (SSA), asook voorsitter van Agri Noord en sitrusprodusent van Letsitele naby Tzaneen.

Die een snykant van hierdie swaard is die EU se "zero-toleransie" jeens swartvlek op ingevoerde sitrus uit Suid-Afrika. As tekens of spore van swartvlek op Suid-Afrikaanse sitrus in die EU-lande gevind word, kan die uitvoer van die betrokke boer terstond gestaak word - met implikasies vir die Suid-Afrikaanse bedryf.

Die ander snykant van die swaard is die duur chemiese middels wat boere nou moet gebruik om hul vrugte sonder swartvlek te produseer. In sitruskringe word al gepraat van die min begrip wat die landbou-chemiese maatskappye vir die dilemma van die sitrusprodusente het. Daar word selfs bewerings van sogenaamde kringvorming oor prysvasstelling deur die onderskeie maatskappye gemaak.

Sowat 60 % tot 70 % van die Suid-Afrikaanse sitrus-oes word jaarliks na Europa en Brittanje uitgevoer. Sitrus is Suid-Afrika se grootste enkele vrugte-uitvoerbedryf, met 'n jaarlikse valutaverdienste van meer as R2 miljard. Hierdie uitvoerverdienste verteenwoordig 80 % tot 90 % van die sitrusprodusente se inkomste.

Die bedryf verskaf werk aan sowat 60 000 plaaswerkers en 'n verdere 40 000 werk in die seisoen in die pakhuise en in sekondêre bedrywe. In totaal is meer as een miljoen mense van die sitrusbedryf afhanklik.

Dit is 'n hoogs kapitaalintensiewe bedryf en nuwe produsente uit die vroeër benadeelde gemeenskappe boer vandag op sowat 900 ha met sitrus en is ook vir hul inkomste regstreeks van uitvoer afhanklik.

Mnr. Vorster sê sedert die 1930's word Suid-Afrikaanse sitrus op groot skaal na Europa uitgevoer. Van hierdie vroegste uitvoerjare tot enkele jare gelede is swartvlek met 'n sekere toleransie-vereiste na Europa uitgevoer. Vir meer as 60 jaar het die beperkte swartvlek uit Suid-Afrika nog nooit 'n nadelige uitwerking op sitrusproduksie in Europa gehad nie.

Dit is 'n duidelike bewys dat sitrusswartvlek uit Suid-Afrika die Europese bedryf nie benadeel nie. Volgens navorsers kan die Suid-Afrikaanse swartvlekspore nie in winterreëngebiede bestaan nie. Swartvlek kan dus nie voorkom in sitrusboorde in die Wes-Kaap, Spanje en langs die Middellandse See nie.

EU-lede uit lande om die Middellandse See het beswaar by die unie aangeteken teen sitrus wat onder meer uit Suid-Afrika ingevoer word.

"Dit is ironies dat hierdie zero-toleransie nou ook vir die Skandinawiese lande geld, terwyl sitrus slegs in die lande langs die Middellandse See verbou word. Dít is 'n situasie wat ons baie frustreer," sê mnr. Vorster.

Daarna het die sitrusbedryf met die samewerking van en deur die Departement van Landbou 'n voorlegging vir die EU voorberei om die swartvlekverbod te heroorweeg. Dit het bykans 18 maande geduur voordat die voorlegging deur die EU in Brussel op die agenda geplaas en aangehoor is.

Hierop wou die EU nog inligting van Suid-Afrika hê oor wat die invloed sal wees op die sitrusbedrywe van ál die onderskeie Europese lande wat sitrus verbou indien Suid-Afrikaanse swartvlek wel in Europa 'n vastrapplek sou kon kry.

Volgens die Suid-Afrikaanse Sitrusswartvlek-navorsingswerkgroep sal dit ten minste twee tot drie jaar duur om hierdie inligting te versamel, te verwerk en in 'n verslag saam te vat - dus nóg drie jaar voordat die aansoek aangehoor word. Die sitrusbedryf vrees dat die EU in daardie stadium al weer nuwe eise sal hê.

"Op dié manier kan die proses mos byna vir ewig aan die gang gehou word en dit bekommer die sitrusbedryf. Ons glo nou dat die EU se eise oor swartvlek bloot 'n ekonomies-politieke handelsbeperking is. Die bedryf besef dat ander metodes nou ook gebruik sal moet word om aandag aan dié handelsbeperking te gee - die enigste ander manier is politiek van aard," sê mnr. Vorster.

Die sitrusbedryf het groot begrip en waardering vir wat die Suid-Afrikaanse handelsending na die EU op landbougebied vermag. Die jongste welslae is die onlangse ondertekening van die wyn- en spiritualieë-ooreenkoms tussen Suid-Afrika en die EU wat die plaaslike wynbedryf 'n gawe hupstoot kan gee. Tog voel die sitrusbedryf dat hy by hierdie onderhandelingstafel tot dusver aan die agterspeen drink.

Pres. Thabo Mbeki het dit duidelik gestel dat die mededingendheid van landbou-uitvoer beslis sal moet verhoog. Hier het ons te make met 'n onbillike handelsbeperking waaraan die staat dringend aandag sal moet skenk. Die Departement van Landbou en die bedryf is baie hard besig om die navorsingsdeel van die aansoek voor te berei.

"Dit is nou meer as ooit die plek waar die sitrusswartvlekstryd gestry moet word. Mnr. Alec Erwin en dr. Alistair Ruiters, onderskeidelik minister en direkteur-generaal van die Departement van Handel en Nywerheid, is die twee manne waarop die sitrusbedryf nou sy hoop vestig. Een van die Nasionale Landbouplan se doelwitte is immers om aspekte wat landbouproduksie en -uitvoer beperk, uit die weg te ruim. In die lig van die Europese markte is die swartvlekdilemma, en ook die buitensporige koste wat dit op produksievlak (beheer met chemiese middels) meebring, tans die sitrusbedryf se grootste beperking," sê mnr. Vorster.

Volgens dr. Tiaan Schutte van Citrus Research International (CRI) op Nelspruit is verskillende middels beskikbaar vir die bestryding van sitrusswartvlek.

Die geregistreerde Strobilurines-swamdoders moet in November en weer in Januarie toegedien word. Die generiese middel ditiokarbanaat, of een van verskeie koperswamdoders kan van Oktober tot Januarie maandeliks toegedien word. Bensimidasool, ook 'n generiese middel, kan in November en weer in Januarie gespuit word.

Maar, sê mnr. Vorster, die groot moeilikheid met hierdie verpligte voorkomende bestryding van sitrusswartvlek is die feit dat die beginsels van die vrye mark nie in die landbouchemiese bedryf geld nie. Hierdie maatskappye weet dat die sitrusprodusente in die somerreëngebiede wat wil uitvoer, verplig is om voorkomend teen swartvlek te spuit. 'n Verdere kommer is dat van die nuwe swartvlekmiddels nie volgens die vervaardigers se belofte werk nie. Dit maak die bestrydingsopsies al hoe minder.

Die landbouchemiese maatskappye het ooreengekom op pryse vir spesifieke produkte. Die prys van een van hierdie produkte is byvoorbeeld van R17/kg verlede jaar tot R23/kg vanjaar verhoog. Die rede vir hierdie prysstyging word telkens voor die deur van die rand-dollar-wisselkoers gelê.

"Die vrye mark bestaan eenvoudig nie vir die landbouchemiese maatskappye nie. In die verlede het hulle hulself dikwels aan ringvorming skuldig gemaak en nou praat hulle van sogenaamde `eksklusiewe handelaarskappe'. In plaas daarvan dat hierdie maatskappye begrip toon vir die dilemma van die sitrusprodusent, plaas hulle druk op ons omdat hulle weet die moontlikhede is beperk," sê mnr. Vorster.

Avcasa se reaksie

Mnr. Jan Kleynhans, die uitvoerende direkteur van Avcasa (die plantbeskermings- en dieregesondheidsvereniging), het in sy kommentaar op mnr. Vorster se uitsprake gesê: "Avcasa het kennis geneem van mnr. Vorster se stellings met betrekking tot die landbouchemiese bedryf. Dit is jammer dat iemand wat 'n leidende rol in die sitrusbedryf speel, sulke uitlatings maak.

"Dit spreek nie net van swak begrip vir die uiters mededingende aard van die landbouchemiese bedryf wêreldwyd nie, maar tas ook die integriteit van alle betrokkenes in die produkverskaffingsketting aan.

"Afhangende van die persentasie ingevoerde komponent van 'n landbouchemiese produk kan só 'n produk vanjaar van 25 % tot 50 % duurder as verlede jaar wees, en dit uitsluitlik as gevolg van die swak rand-dollar-wisselkoers.

"Geen melding word egter gemaak van die feit dat die sitrus-uitvoerder vanjaar waarskynlik R50 tot R60 per karton sal ontvang, vergeleke met verlede jaar se gemiddelde uitvoerprys van R41 per karton, wat uitsluitlik aan dieselfde wisselkoers te danke is. "Die aantyging van `ringvorming vir die doeleindes van prysvasstelling' is 'n ernstige aantyging en ons sou graag meer inligting wou hê oor hoe, waar en wanneer." Landbouweekblad het die Departement van Landbou herhaaldelik om kommentaar gevra, maar teen druktyd is daar nog niks ontvang nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
-0.0%
Rand - Euro
18.91
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot