AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Tafeldruifbedryf tel kop op

Die tafeldruifbedryf in die Benede-Oranjeriviergebied is stadig maar seker besig om op te staan ná terugslae die afgelope paar seisoene.

Die sterk rand het verder bygedra tot dié boere se benarde situasie. Tog is boere in dié gebied optimisties oor die toekoms van die bedryf.

Ondanks die slae wat tafeldruifboere gekry het, gaan die sterker boere oorleef deur vinnige aanpassings te maak. Een van die gevolge is dat min plek vir opportunisme oorgebly het, sê mnr. Johan Burnett, voorsitter van die Oranjerivier-Produsente-alliansie (Orpa).

Boere het tot twee jaar gelede goeie winste gemaak. In die seisoen 2002/03 het dié boere sowat 2,5 miljoen kartonhouers weens hael verloor. Die afgelope seisoen het ongewoon baie reën weer groot skade aangerig.

Die aanvanklike sterk daling van die wisselkoers twee jaar gelede het ook 'n groot invloed gehad. In die eerste jaar het die boere dit nog nie so erg gevoel nie. Toe was hul produksiekoste nog laer uit die vorige periode van 'n sterker rand en hul inkomste is nie so erg beïnvloed nie weens die beter ruilwaarde teen die buitelandse geldeenhede.

Die afgelope twee seisoene is die boere egter swaar getref, want toe het hulle die volle effek van die swakker rand se invloed op produksiekoste gevoel, en die volle effek van die sterk rand op hul uitvoerproduk ervaar — "'n verwoestende kombinasie". Die afgelope twee jaar was dus vir die boere die moeilikste om aan te pas.

Vanjaar het die boere uiteindelik die voordeel van die sterker rand ten opsigte van produksiekoste, hoewel prysverhogings deur insetverskaffers hulle nog 'n knou kan gee.In 'n onlangse produksiekoste-opname is bevind dat pryse vir baie van die vernaamste insette afgeneem het, maar nie in verhouding tot die versterking van die rand (meer as 40 %) teenoor die dollar nie. Pakmateriaal is steeds in reële terme sowat 14 % duurder as in 2001. Boere het wel hul doeltreffendheid heelwat verhoog deur produksiekoste tot op die been te sny.

Alles in ag genome, is die bedryf nou in 'n krisis gedompel. Dit leer die boere opnuut baie dinge en is daarom 'n rooskleurige uitvloeisel. Selfs die boere se werkers raak al hoe meer betrokke deur voorstelle te maak oor hoe om, byvoorbeeld, vermorsing te keer.

"Die mense wat hierdie ding oorleef, gaan baie meer 'lean', 'mean' en gefokus wees." 'n Bekommernis is dat finansiële instellings se rentekoerse en druk wat onder meer op oortrokke geriewe geplaas word, boere se probleme verder vergroot.

Uitvoerders raak ál meer betrokke in handelsfinansiering vir boere. In die verlede was dit op 'n klein skaal, maar nou help hulle die boere om te oorleef en op dié manier sorg hulle dat hul eie besigheid aangaan. Dit is goed, want op dié manier aanvaar die uitvoerders groter mede-verantwoordelikheid vir die boer se inkomste omdat hul eie geld betrokke is. Voorheen was die uitvoerders heeltemal onbetrokke.

Burnett voel optimisties oor die toekoms van die bedryf. Ná die huidige krisis gaan die goeie boere oorbly met minder plek oor vir opportuniste, soos boere wat jaarliks van tafeldruiwe na rosyntjies of na wyndruiwe oorskakel.

Produksie sal op 'n sekere minimum vlak moet wees. Om te oorleef, sal boere moet verseker dat hulle produseer wat die mark verlang, met 'n hoofproduk en 'n paar nisprodukte. Soos wat die mark verander, kan die hoofproduk verdwyn en die nisprodukte mettertyd die hoofproduk word.

Waarop dit neerkom, is dat boere jaarliks sal moet aanpas om te oorleef.

Uitvoerders gaan ook al hoe meer betrokke wees en 'n al hoe groter rol speel. Die boer moet self sy uitvoer beplan deur sy uitvoerder goed te kies sodat hy sy produk by die regte mark kan kry — met ander woorde 'n besluit wat vir hom strategies baie beter is. Dit kan beteken dat die boer verskillende uitvoerders gebruik om sy produk op verskillende markte te kry.

Waar uitvoerders in die verlede die volle bemarkingstaak gehad het, geld die beginsel van 'n vennootskap tussen die uitvoerder en boer nou eerder.

Die agterstand in die bedryf gaan meebring dat die volgende twee jaar moeilik sal wees. Vanjaar sal die bedryf net balanseer. Vir boere wat die regte aanpassings gemaak het, sal daar in die volgende seisoen beter vooruitsigte wees. Die wisselkoers gaan egter nog baie invloed op die bedryf hê. Die bedryf sal daarby moet aanpas en dan weer voortgaan.

Wat die werkers betref, word daar minder aangestel. Seisoenswerkers word nie verminder nie, maar permanente mense wel. Sommige boere word verplig om hul arbeidsmag te verminder. Dit het 'n uitwerking op die plaaslike ekonomie. Selfs in die tafeldruifbedryf kom meganisasie, veral in die pakskuur, al hoe meer voor, wat ook tot 'n vermindering in dié getal werkers kan lei.

Baie boere kan nie die vasgestelde verhoging van 10 % jaarliks wat in die minimum loon vir plaaswerkers vereis word, bekostig nie. Produktiwiteit kan daal en oor twee tot drie jaar gaan die hele bedryf daaronder ly, want dan sal nie meer aanpassings gemaak kan word om die loonsverhogings te kan bekostig nie.

Lone is die grootste enkele produksiekoste en boere pas hul bestuur en werkerstal só aan dat die uitgawe konstant bly. Dit is 'n baie pynlike proses, wat volgehou sal word totdat dit onmoontlik is om die getal werkers verder te verminder.

As die bedryf uiteindelik die vuurproef deurstaan het, sal net die sterker boere oorleef, maar hulle sal meer stroombelyn wees.

Burnett sê grondpryse het aansienlik gedaal weens die probleme wat die boere ondervind het. Dit is baie hartseer as boere se grond weens geldelike probleme verkoop moet word. Net die bank trek voordeel uit die situasie, want die boer verloor hulpbronne waarmee hy 'n bestaan moet maak. Die winsgrense van die landbou was maar nog altyd baie siklies van aard. Dit sal beter wees as almal mekaar kan help om staande te bly.

Omdat die gebied vroeër druiwe kan lewer, behaal die boere tot einde Januarie nog 'n beter prys op die uitvoermark. Hoewel pryse nie meer so hoog as voorheen is nie, is dit steeds die moeite werd om voor Kersfees te kan uitvoer. Rooi, pitlose druiwe is in die later mark baie gewild. Die mark in Brittanje is tans nog ondervoorsien tot einde Maart, gevolglik kry boere 'n premie.

Net enkele uitbreidings word tans gedoen. Min nuwe wingerde word geplant. Dit is meestal skadunet wat aanbring word om die gehalte van die druiwe te verbeter en die volume te verhoog.

In sommige gevalle word wingerde vervang — veral waar kultivars, soos Regal Seedless uitgehaal en met gesogter kultivars vervang word.

Een van die belangrikste eienskappe van die druiwe uit dié gebied is dat die vrugte ferm en knarsend is vanweë 'n hoë kalsiuminhoud.

Dit is gesog op die oorsese mark. Sodra dié vrugte op die mark kom, word dit bo sagter vrugte verkies. Op die Oosterse mark is die kultivar Red Globe, met 'n pienkerige kleur, baie gewild.

Die omgewing se harde droë klimaat bring mee dat die siektedruk laag is. Siektes, soos donsskimmel en botritis, kom net in die reënjare voor.

Die Benede-Oranje se tafeldruiwe met hul hoë gehalte en bemarkingstydgleuf het dus nog altyd 'n plek in die mark. Boere wat die beste kultivars, niskultivars, goeie kombinasies en goeie produksie het, sal oorleef en steeds vooruitgaan, sê Burnett.

8 Oktober 2004

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.56
-0.0%
Rand - Pond
21.59
-0.4%
Rand - Euro
18.50
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.93
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot