AFGRI
BEAN
03 Okt
-
9384
0,00
CORN
03 Okt
-
4797
0,00
SOYA
03 Okt
-
9314
0,00
SUNS
03 Okt
-
10079
0,00
WEAT
03 Okt
-
7065
0,00
WMAZ
03 Okt
-
4845
0,00
YMAZ
03 Okt
-
4793
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Tafeldruifboere maak planne vir verwagte bottelnek

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Oestyd in 'n tafeldruif-wingerd. Foto: Louise Brodie/Lucentmedia
Oestyd in 'n tafeldruif-wingerd. Foto: Louise Brodie/Lucentmedia
Die reeds sukkelende hawens gaan moontlik deur ’n tsunami tafeldruiwe getref word ná ’n hittegolf einde Januarie.

Daar is moontlik ’n groot bottelnek vir die tafeldruifbedryf op pad. Tans vorder die oes stadiger as normaal weens lae suikerinhoud. Op 20 Januarie was die meeste streke, buiten die Oranjerivier, van vyf tot tien dae later as normaal. Daar is egter baie warm weer vir 21 tot 24 Januarie voorspel, wat die suikerinhoud kan opstoot en kan veroorsaak dat ’n groot volume druiwe gelyktydig ryp word. Dit kan baie druk op die oesproses, verpakking en verskeping plaas.

Mnr. Anton Viljoen, voorsitter van die Suid-Afrikaanse tafeldruifbedryf (Sati) en tafeldruifprodusent van De Doorns, is bekommerd oor die uitvoerlogistiek. “Die druiwe staan tans reeds ’n week langer as normaal in Suid-Afrika voor dit vertrek. Dit is ongewens, want druiwe het ’n beperkte rakleeftyd en in ’n moeilike, duur seisoen moet ons nie risiko tart nie.”

Durbanhawe ingespan

Daar is tans ongeveer 4 miljoen kartonhouers verpakte druiwe in koelkamers en skeepsvraghouers wat wag om op skepe gelaai en uitgevoer te word. “Dit is normaal, maar hier is ’n brander van produk op pad wat dit vinnig gaan laat toeneem. Die Durbanhawe het tans die kapasiteit en nodige infrastruktuur om druiwe volgens die nodige vereistes na die Ooste uit te voer. Daar is ook drie konvensionele oopruimskepe wat op 4, 6 en 8 Februarie hier gaan wees, wat elk ongeveer 500 000 kartonhouers kan laai. Hierdie twee alternatiewe oplossings sal ons benut om druk te verlig. Die twee alternatiewe kom egter teen ’n groot koste in ’n seisoen waar alle insette reeds duurder is. Dis egter verblydend dat ons wel die oplossings het.”

Die tafeldruifbedryf het tot die eerste week van Januarie 2022 reeds 25,8 miljoen kartonhouers (4,5 kg ekwivalent) geoes en laat inspekteer vir uitvoer. Dit is die meeste die afgelope vier jaar. Veral die Oranjerivierstreek se oes is tot op week 1 heelwat groter as in die verlede. Volgens Sati is die vorige grootste oes vir hierdie streek tot week 1 altesaam 15,49 miljoen kartonhouers, wat in die 2019-’20-seisoen geoes is. Vanjaar is die oes in dieselfde tydperk 7,8% groter, met 16,7 miljoen kartonhouers wat gepluk is.

Ten spyte van die groter volume oes tot nou is die uitvoervolume na bykans alle bestemmings laer as vorige jare weens die logistieke probleme. Daar is tot week 1 slegs 13,15 miljoen kartonhouers uitgevoer teenoor die 18,77 miljoen kartonhouers wat in die 2019-’20-seisoen tot week 1 uitgevoer is. Vanaf week 1 tot week 3 vanjaar is 9 miljoen kartonhouers uitgevoer.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.85
-0.1%
Rand - Pond
20.20
-0.0%
Rand - Euro
17.55
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.53
+0.8%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,699.19
-0.0%
Silwer
20.84
+0.6%
Palladium
2,249.58
+1.1%
Platinum
910.50
+0.7%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
57,850
0.0%
Alle aandele
64,227
0.0%
Hulpbronne 10
61,646
0.0%
Industriële 25
77,524
0.0%
Finansiële 15
13,815
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Great humor and still have a lot to offer to a sincere person
Let's meet and you can decide. I don't want to pretend or mislead a potential partner. What you see is who I am. Ek is God se kind en dit is nie eers onderhandelbaar...
Die lewe is kort. Kom ons geniet dit saam.
Ek is positief, hou van likewise mense. Is mal oor close wees. Love dit om enige iets te doen saam my geliefdes. Is maklik aanpasbaar. Het nie moodswings en issues.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot