AFGRI
BEAN
08 Feb
-
9832,4
-55,60
CORN
08 Feb
-
4660
-34,00
SOYA
08 Feb
-
9340
-57,00
SUNS
08 Feb
-
10000
-150,00
WEAT
08 Feb
-
6840
33,00
WMAZ
08 Feb
-
4340
5,00
YMAZ
08 Feb
-
4417
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Tafeldruifoes op koers, maar beurtkrag pla

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO: LUCILLE BOTHA
FOTO: LUCILLE BOTHA
Vanjaar se tafeldruifoes is heelwat vroeër, maar goed op koers en amper afgehandel in twee streke.

Volgens die Suid-Afrikaanse tafeldruifbedryf (Sati) se jongste oesverslag van die gesamentlike druiwebemarkingsforum het die vroeër oes daartoe aanleiding gegee dat 7% meer as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar reeds geoes is.

Die verslag meld dat die gehalte, grootte en gesondheid van die druiwe goed en die markte tevrede is, maar dat beurtkrag groot probleme vir die pakproses skep.

Teen week 51 is 15,9 million 4,5 kg-kartonhouers druiwe gepak. Daarvan is 11,9 miljoen uitgevoer. Dit is 85% hoër as die ooreenstemmende tyd verlede jaar. Die hoër volumes is te danke aan ’n vroeër seisoen.

Oeste wat 15% tot 30% laer as die vorige jaar kan wees, word in die Oranjerivier-, Olifantsrivier- en noordelike streek verwag. Die Oranjerivier- en noordelike streek se oeste is amper afgehandel.

In die Olifantsrivierstreek word midseisoenkultivars gepak en die weervoorspelling vir die volgende paar dae is gunstig vir kleurontwikkeling en suikerakkumulasie. Ook in die Bergrivierstreek is oestyd goed aan die gang. Die oes is ietwat vroeër, maar groter as verwag.

Ook in die Hexrivierstreek word die meeste tafeldruifkultivars 7 tot 10 dae vroeër ryp as vorige jare. Die gebied verwag ook goeie weer vir die volgende paar dae.

Volgens die hersiende oesskatting van 20 Desember word altesaam 66 miljoen 4,5 kg-kartonhouers druiwe vir die oes van 2022-’23 verwag.

Dis sowat 15% laer as die vorige seisoen.

Meeste druiwe na Nederland en Brittanje

Navorsing deur mnr. John Giles of Promar International toon dat Nederland 50% van Suid-Afrika se druiwe invoer en Brittanje 25%. Nederland dien as ’n verspreidingsentrum na ander Europese lande.

Van November tot Mei oorheers druiwe uit Suid-Afrika die Europese mark, met ’n markaandeel van 36%. Dit word gevolg deur Indië en Peru (elk 16%) en Chili (14%).

Die gemiddelde kleinhandelprys van druiwe in Brittanje is £4,50/kg (sowat R90/kg), terwyl sekere premiereekse tot £7,50/kg (sowat R150/kg) haal.

Hawens kom aan die gang

Die Kaapstadhawe herstel van wind, dog vroeër die week het sewe skepe nog op anker gelê. ’n Sloerstaking in die hawe van Rotterdam is op 22 Desember beëindig en aktiwiteite daar is besig om weer aan die gang te kom.

Volgens Sati se verslag is verskepingsaktiwiteite wêreldwyd besig om toe te neem, wat goed is vir die bedryf. “Die Kaapse hawe se bedrywighede is op ’n aanvaarbare vlak en daar is tekens dat die hawe vinniger werk om probleme te bowe te kom.”

Namibië, Peru en Chili

Ander lande in die Suidelike Halfrond is ook druk aan die oes.

Namibië verwag om 8,6 miljoen kartonhouers te oes, terwyl Peru teen week 51 reeds 34,6 miljoen kartonhouers van 8,2 kg uitgevoer het.

In Chili is die tafeldruifseisoen vanjaar 10-12 dae later.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.60
-0.2%
Rand - Pond
21.27
-0.5%
Rand - Euro
18.90
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.26
-0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Platinum
986.55
-0.0%
Palladium
1,668.64
+0.9%
Goud
1,878.38
+0.3%
Silwer
22.39
+1.0%
Brent-ruolie
83.69
+3.2%
Top-40
73,608
+0.2%
Alle aandele
79,649
+0.1%
Hulpbronne 10
74,631
+0.1%
Industriële 25
103,197
+0.5%
Finansiële 15
16,273
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel en soekend
Ek is lewenslustig en vriendelik hulpvaardig hou van die buite lewe kamp bosveld see en sport is n goeie luisteraar
Prinses Kosmos soek haar Prins Kakiebos💕
Kreatief en vriendelik, hou van die see son. en gesond leef dis altyd lekker in die buitelig, maar as daar gewerk word is dit eerste. 100% is my moto. Lief vir Mense en diere....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot