AFGRI
BEAN
09 Des
-
9420
0,00
CORN
09 Des
-
4391
0,00
SOYA
09 Des
-
10543
0,00
SUNS
09 Des
-
10900
0,00
WEAT
09 Des
-
6703
0,00
WMAZ
09 Des
-
4920
0,00
YMAZ
09 Des
-
4757
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Tafeldruiwe ly onder sluiper-virus

Boere ly jaarliks groot skade vanweë virussiektes by tafeldruiwe. Die rolblaarvirus kan 'n wingerd "stil bekruip" sonder dat 'n mens daarvan weet. 'n Gevestigde wingerd met virussiektes kan nie gesond gemaak word nie.

Wêreldwyd is altesame 47 virusse geïdentifiseer wat in wingerde voorkom. Baie hiervan is egter patogene organismes op ander plante, maar dit veroorsaak tog soms ekonomiese skade by wingerde. Ongelukkig is daar wel van die virusse wat probleme en soms groot verliese veroorsaak in wingerde, waarvan die belangrikste virussiektes waarskynlik rolblaar (virusstamme 1 tot 10), netelblaar/waaierblaar, Shiraz-siekte, gleufstam, skurfbas en vleksiekte is.

Mev. Roleen Carstens, waarnemende hoof van die afdeling siektebestuur by die Landbounavorsingsraad se Infruitec-Nietvoorbij-Instituut vir Vrugte, Wingerd en Wyn, op Stellenbosch, sê wat rolblaar 'n moeilike virussiekte maak om te voorkom en te bestry, is die feit dat dit een van die "stil" wingerdsiektes is wat dikwels 'n wingerd ongesiens binnesluip sonder dat die boer dit vermoed, maar wat hom later baie aan opbrengsverliese kos.

Dié siekte vernietig nie die wingerdstok nie, maar verlaag die kwaliteit en kwantiteit van die druiwe. Gevalle is al aangemeld waar oesverliese van 20 % en meer voorgekom het. Sy sê dit is ent-oordraagbaar en besmette voortplantingsmateriaal kan ook 'n bron vir die verspreiding van die siekte wees. Wat dit soveel moeiliker maak om te bestry, is die feit dat onderstokke dikwels simptoomlose draers van rolblaar is, wat dus die siekte sonder enige waarskuwing oordra.

Die virus word nie met snoeiskêre oorgedra nie, want dit is baie onstabiel en gaan dood wanneer dit aan lig én lug blootgestel word.

Mev. Carstens sê die witwingerdluis, Planococcus ficus, is die belangrikste vektor, oftewel die draer van die siekte, wat voorkom in die gebiede waar wingerd verbou word. Pseudococcus longispinus, die langstert-witluis, kan ook rolblaar oordra, maar kom egter baie geïsoleerd voor. Virusinfeksies veroorsaak fisiologiese en strukturele veranderinge in 'n plant en beïnvloed die chlorofilinhoud, fotosintese, respirasie, suikermetabolisme, floeëmvervoer, selmetabolisme en die minerale voeding daarvan.

Die effek van virusse wissel na gelang van die kultivar of kloon, virus-isolaat, onderstok en omgewingsfaktore. Stresfaktore, soos warm droë somers, kan veroorsaak dat die simptome en ook die effek van die virusse vererger en duideliker na vore kom. Wanneer die wingerd besproei word, sal die oes nie so drasties deur virusse beïnvloed word nie as by droëlandwingerd nie.

Mev. Carstens sê die simptome van die rolblaarvirus wissel na gelang van die omgewingstoestande en die kultivar. Simptome word die beste waargeneem tussen oestyd en blaarval in die laat somer en vroeë herfs. Wanneer stokke onder strestoestande verkeer, verskyn simptome reeds vroeër.

Simptome is dat die blaarrante na onder krul en die nerwe groen bly. By rooi kultivars verkleur die tussennerfse area rooi, en by wit kultivars kom tussennerfse vergeling voor. Simptome verskyn eerste by ouer blare naby die basis van die loot.

Die mate waarin die blare oprol, verskil van kultivar tot kultivar. By 'n kultivar, soos Waltham Cross, rol die blare erg na onder terwyl kultivars soos Sultanina en Thompson Seedless weer byna geen rol van die blaar toon nie. Dit is dus moeilik om rolblaar visueel by hierdie kultivars te identifiseer, sê mev. Carstens. Onderstokke toon geen rolblaarsimptome nie en die virus kan dus onbewustelik oorgedra word. Rolblaar veroorsaak 'n degenerasie van floëemweefsel in jong lote, blare, blaarstele en korrelstele.

Simptome soortgelyk aan dié van rolblaar kan veroorsaak word as die floëem beskadig word, byvoorbeeld vanweë die meganiese beskadiging van die stam, die breek van lote, swak entlaste, ringelering en die knel-effek van toue. Koue en blaarspringers kan ook 'n rooi verkleuring veroorsaak wat met rolblaar verwar kan word.

Mev. Carstens sê trosse van rolblaar-besmette stokke is gewoonlik minder en kleiner as dié van gesonde stokke, en die korrelgrootte is swak en onegalig.

Rolblaar verlaag die kwaliteit van die druiwe deurdat dit onder meer die suikerakkumulasie vertraag en antosianienproduksie by rooi kultivars verlaag. Die druiwe het dus 'n lae suikerkonsentrasie, hulle verkleur swak en onegalig, en die oes word meestal met weke vertraag, sê mev. Carstens.

In Italië is al verliese van tot 22 % in oeste gely met die kultivar Red Globe, tesame met 'n suikerinhoud wat 5 % laer is. Weens die swak verkleuring van korrels was baie van die trosse onbemarkbaar.

'n Italiaanse wingerdboukundige het in 'n ondersoek wingerdmateriaal wat met rolblaarvirus 1 en rolblaarvirus 3 besmet was, asook dieselfde kloon waarvan die virusse met loot-eindpuntkulture in kombinasie met hitteterapie uitgeskakel is, met mekaar vergelyk. Daar is gevind dat wingerd wat vry van rolblaarvirusse (tipes 1 en 3) is, 'n hoër chlorofilinhoud en fotosintetiese aktiwiteit het as besmette stokke van dieselfde kloon. Vroeëre rypwording en 'n beter verkleuring van die korrels is ook by die gesonde stokke waargeneem.

Die druifkwaliteit het ook verbeter. In die studie is ook gemerk dat die nadelige effek van virusinfeksie vererger namate die stokke ouer word. Deur rolblaar 1 uit die stokke te verwyder, kan korrelkleur verbeter word, sê sy.

Mev. Carstens sê die normale prosedure is indeksering, waar 'n ogie of twee van plantmateriaal van onbekende virusstatus op 'n indikator-stok (Cabernet franc) geënt word en die simptome oor 'n tydperk van drie jaar geëvalueer word.

Teenliggaampies teen die rolblaarvirus (tipes 1, 2 en 3) word nou kommersieel vervaardig en kan in ELISA-toetse gebruik word vir die vinnige opsporing van rolblaarvirusse binne twee tot drie dae. 'n Meer sensitiewe metode, naamlik die PKR-tegniek, kan vir opsporing gebruik word. Dit is egter duur en kan nie vir die roetinetoetsing van groot getalle wingerdstokke gebruik word nie

Veranderende verbruikersvoorkeure wêreldwyd veroorsaak 'n behoefte aan alternatiewe kultivars.

Dít laat die neiging ontstaan om bestaande wingerd na ander kultivars "oor te werk" om só tyd en koste te spaar om nuwe wingerde te vestig.

Die probleem is egter dat rolblaar deur enting oorgedra word. Boere moet dus bewus wees van die gevaar verbonde aan die oorwerk van bestaande wingerd met ander kultivars, tensy die bestaande wingerde negatief toets vir rolblaar en ander skadelike virusse, waarsku sy.

Die slegte nuus is dat gevestigde wingerd wat met virusse besmet word, nie gesond gemaak kan word nie. Die enigste manier om rolblaar te bestry, is om gesertifiseerde bo- en onderstokmateriaal — wat vir virusse getoets is — te gebruik om nuwe wingerde te vestig en om vektore te bestry. Om ongesertifiseerde materiaal te gebruik, hou 'n groot risiko vir boere in en word beslis nie aanbeveel nie.

Pypkan besmetting só

Mev. Roleen Carstens, waarnemende hoof van die afdeling siektebestuur by die Landbounavorsingsraad se Infruitec-Nietvoorbij-Instituut vir Vrugte, Wingerd en Wyn, op Stellenbosch, sê die volgende praktyke kan 'n beter kwaliteit druif oplewer by stokke of blokke wat met rolblaar besmet is:

  • Skakel fisiese en chemiese gebreke in die grond uit.

  • Stres moet van die ertjiekorrelstadium af verminder word vir 'n meer aktiewe groei laat in die seisoen.

  • Verminder die oeslading om 'n beter korrelkleur en 'n hoër suikerkonsentrasie te verseker. As enkele stokke in 'n blok rolblaar het, kan dié stokke gemerk word en vir 'n ligter oeslading gesnoei word, of dit kan later geoes word.

  • Besproei en bemes vir meer aktiewe groei.

    28 November 2003

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    17.35
    -1.0%
    Rand - Pond
    21.27
    +0.1%
    Rand - Euro
    18.30
    -0.0%
    Rand - Aus dollar
    11.80
    +0.1%
    Rand - Jen
    0.13
    +0.1%
    Goud
    1,797.30
    0.0%
    Silwer
    23.48
    0.0%
    Palladium
    1,956.00
    0.0%
    Platinum
    1,028.50
    0.0%
    Brent-ruolie
    76.10
    -0.1%
    Top-40
    68,351
    +0.1%
    Alle aandele
    74,548
    +0.1%
    Hulpbronne 10
    73,315
    -0.7%
    Industriële 25
    92,605
    +1.0%
    Finansiële 15
    15,401
    -0.9%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Lekkerseergemaak
    Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
    Vrou wat soek na ware liefde en geluk.
    Ek is deur ñ moeilike ryd maar dit maak my net sterker en positief vir die toekom voorentoe. Ek hou van stap en movies kyk. Ek hou niks van dronk partytjies en baklei nie.
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot