AFGRI
BEAN
06 Des
-
9456,8
114,80
CORN
06 Des
-
4415
-4,00
SOYA
06 Des
-
10335
29,00
SUNS
06 Des
-
9714
-270,00
WEAT
06 Des
-
6642
-31,00
WMAZ
06 Des
-
4452
24,00
YMAZ
06 Des
-
4740
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Talle monde water oor SA vruggie

'n Unieke vrug wat net in Suid-Afrika verbou mag word, het die Amerikansers kwylend.

Mense in Amerika is gaande oor wat beskryf word as die eerste werklik nuwe en unieke vrug wat die markte tref sedert kiwivrugte in die 1970's. Dié pikantrissies mag slegs in Suid-Afrika kommersieel verbou word nadat 'n boer van Tzaneen die moontlikhede raakgesien en werk daarvan gemaak het.

Pikantrissies, vir geruime tyd al beter bekend onder die geregistreerde handelsnaam Peppadew, het opnuut die kwessie van eiendomsreg in die landbou na vore gebring.

'n Herrie het die afgelope tyd ontstaan oor dié hartvormige klein rissie wat die wêreld van die kookkuns hier en in die buiteland aan die praat het.

Noudat die produk wêreldwyd 'n deurbraak gemaak het, word skielik uit verskillende oorde aanspraak gemaak op eienaarskap.

Volgens mnr. Phil Ovens, besturende direkteur van Peppadew Internasionaal, wat die grootste aandeel in die produk het, word 'n onnodige bohaai oor planttelersregte gemaak.

"Van veel groter belang vir ons is die handelsnaam, want dít is wat uiteindelik die toetrede van soortgelyke produkte in die mark keer of bemoeilik. Die gebruik daarvan is ook nie beperk ten opsigte van tyd nie, soos wat die geval is met planttelersregte.

"Planttelersregte is wel belangrik in die sin dat dit 'n boer of maatskappy 'n regverdige voorsprong gee om sy produk in die mark te vestig voordat mededingers kan toetree. Ons ken die spreekwoord 'eerste is eerste en tweede is laaste'.

"Pikantrissies is 'n nuwe rissiesoort wat nog nie voorheen beskryf is nie. Dit is nie inheems nie, maar ons weet nie presies waar dit ontstaan het nie."

Dit is aanvanklik deur 'n boer van Tzaneen, mnr. Johan Steenkamp, verwerk en bemark nadat hy die vrug internasionaal geregistreer het met die alleenreg om dit kommersieel te verbou.

Die verwerkte produk is sedert 1997 op beperkte skaal bemark onder die handelsnaam Peppadew. Denny Sampioene het in 1999 in die onderneming begin belê.

Sedertdien is dit geweldig gewild in die buiteland en in Suid-Afrika. Sowat 20 % van die totale omset word in Suid-Afrika verkoop. Peppadew is reeds in Suid-Afrika, die EU en Australië geregistreer en dit gaan binnekort ook in Amerika geregistreer word.

Die grootste enkele mark is Brittanje en na verwagting sal die aanvraag in veral Europa en die Skandinawiese lande stewig groei. Tussen 30 en 40 vraghouers word per jaar na 'n enkele land uitgevoer, met 'n potensiaal van 600 tot 700 houers en meer per jaar na markte in Amerika, sê Ovens.

"Die maatskappy is versigtig om te vinnig uit te brei, want dan verloor 'n mens beheer. Ons kan die onderneming met 60 % tot 70 % laat groei om voor te bly met verskaffing.

"Daar is 'n waglys van boere wat belang stel in kontrakverbouing. Aanplantings kan uitgebrei word tot 1 800 ha, maar dis 'n kwessie van beheer: Waar, wie, en hoe die produk verbou word. Ons sal verkies dat 'n bestaande basispoel van boere eerder hul aanplantings uitbrei voordat nuwe kontrakboere gebruik word."

Die maatskappy verskaf saailinge met 'n kontrak en 'n waarborg om die hele oes te koop mits die gehalte reg is. Die landbou-afdeling van die maatskappy verskaf die nodige voorligting.

Tans word net minder as 300 ha beplant deur 48 boere oor 'n wye gebied, wat Tom Bourke, Musina, Tzaneen, Polokwane, Bela-Bela, Marble Hall, Hoedspruit, Nelspruit, Komatipoort en Barberton insluit. Die gemiddelde oes is tussen 24 t/ha en 30 t/ha.

"Die gebied waar dit gekweek word, is so wyd moontlik om die risiko's te versprei in tye van vloed of droogte. Ons kan nie bekostig om ooit sonder genoeg vrugte te wees om in die vraag te voorsien nie. Markte stel nie belang in verskonings nie," sê hy.

Die plant verkies 'n warm, tropiese klimaat. Dit is gehard en betreklik plaagbestand. Die grootste probleme is bolwurm, vrugtevlieg en valskodlingmot.

Die pikantrissies het 'n vars, krakerige smaak met 'n heelwat hoër brix as ander rissiesoorte, maar met die effense byt van brandrissies. Dit bevat baie vitamien C.

Dit word as 'n beperkte reeks ingelegde produkte bemark.

"Ons wil die reeks uitbrei, maar eers wanneer dit ons die beste pas. Oorsese markte, veral uitgesoekte ketting- en deli-winkels, voeg waarde by deur die vrugte te vul met byvoorbeeld kaas of tuna."

Navorsing oor die vrugte word in tonnelverbouing buite Tzaneen en op oop lande op die proefplaas buite Nelspruit gedoen.

Die plant is "nonsies-vry en groei amper soos onkruid" met die regte voeding. Dit is gevoelig vir ryp, maar vaar uitstekend in koeler, vogtige dele van die Laeveld. Volwasse plante benodig 1 liter tot 1,5 liter water per plant per dag. 'n Drupstelsel werk die beste hiervoor.

Die groeiseisoen duur van Desember tot die einde van Julie. Die hoogtepunt is Februarie en Maart.

Die gewas is geweldig arbeidsintensief omdat feitlik niks meganies gedoen word nie.

Binne seisoen is sowat 6 500 mense in Limpopo en Mpumalanga bedrywig by die verbouing en verwerking van die gewas.

Die fabriek buite Tzaneen beskik oor twee sale waar sowat 1 600 vroue in skofte werk om die rissies te ontpit. Tussen 35 ton en 46 ton rou vrugte word per dag ontpit, met sowat 160 ton wat per week deur boere gelewer word. Sowat 1 000 ton per seisoen kom van boere in Mosambiek.

19 Maart 2004

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.34
+0.7%
Rand - Pond
21.06
+1.1%
Rand - Euro
18.14
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+0.8%
Goud
1,771.46
+0.2%
Silwer
22.16
-0.4%
Palladium
1,850.09
-1.5%
Platinum
990.50
-1.0%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,420
-0.2%
Alle aandele
74,557
-0.2%
Hulpbronne 10
73,980
-1.1%
Industriële 25
91,397
-0.1%
Finansiële 15
15,738
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wie weet
Ek dink ek is maklik om oor die weg te kom. Is baie getrou eerlik opreg . Ek is nie opsoek na lekker tyd! Ook nie om jou tyd te mors.
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot