AFGRI
BEAN
02 Des
-
9316,8
-48,20
CORN
02 Des
-
4584,8
34,80
SOYA
02 Des
-
10680
80,00
SUNS
02 Des
-
10820
-66,00
WEAT
02 Des
-
6835
-42,00
WMAZ
02 Des
-
5090
-37,00
YMAZ
02 Des
-
4559
-1,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Tamaties word organies!

'n Omvattende proef om tamaties ten volle organies in tonnels te kweek, vorder fluks.

'n Omvattende proef om tamaties ten volle organies in tonnels te kweek vorder goed by die Kaapse Instituut vir landbou-opleiding op Elsenburg.

Enige gewasproduksie begin by die grond. Dit is die bron van lewe vir gewasse en beskik oor alle elemente om plantlewe te onderhou. Dit is niks nuuts dat waar grond agteruitgaan, die mens meestal die oorsaak is nie.

Deur chemikalië onoordeelkundig in die grond te plaas, swak boerderypraktyke toe te pas en algemene swak bestuur gaan die grond agteruit totdat 'n situasie bereik word waar nadelige organismes en oorblyfsels meer is as die voordeliges. Grondmikrobes, wat 'n belangrike rol in die voeding van plante speel, is gewoonlik van die eerstes wat verdwyn wanneer grond verniel word.

Dit sou byvoorbeeld nie help om ghwano toe te dien as daar nie mikrobes in die grond is om dit af te breek en in 'n opneembare vorm aan die plant beskikbaar te stel nie. Eers as die grond gesond is, kan voeding doeltreffend aan die plante beskikbaar gestel word, sê mnr. Nevill Boersma, senior landbou-wetenskaplike en dosent in groenteproduksie by Elsenburg, en dr. Strauss Ferreira, tegniese direkteur van Agro-organics,'n firma wat spesialiseer in organiese voeding, siekte- en plaagbestryding op Somerset-Wes.

Hulle is besig vir die opleiding van B. Agric.-studente met 'n proef waarin tamaties omgewingsvriendelik in 'n kweekhuis geproduseer word. Die proef is nog nie te lank aan die gang nie, maar daar is volop aanduidings dat dit 'n heel nuwe veld suksesvol gaan oopmaak.

Die tamatie-proefaanplanting is waarskynlik van die eerste projekte in die land waarin dié vrug in ten volle organiese en biologiese toestande gekweek word wat betref bemesting, voeding, siekte- en -plaagbestryding.

Volgens die navorsers is dit belangrik dat die grond eers na die natuurlike gebalanseerde stadium teruggebring word voordat gewasse organies geproduseer kan word. Dit is 'n proses wat drie tot vyf jaar kan duur. Eers dán kan produkte wat daarop geproduseer is, as ten volle organies gesertifiseer word.

Boersma sê voordat met die organiese tamatieproef begin is, is kers opgesteek by die saadmaatskappy Hygrotec om die ideale kultivar daarvoor te identifiseer. Dit is een met goeie natuurlike weerstand teen siektes, veral fusarium en die kromnekvirus. Daar is besluit op die kultivar Volcanic.

Daar is heelwat bestaande kweektonnels op Elsenburg, en een is voorberei vir die organiese tamatieproef. Die grond waarin die tamatieplante uitgeplant is, het vir 'n geruime tyd reeds braak gelê. Dit is sowat 300 mm diep omgedolwe met 'n kapploeg, waarna 3,4 kg ghwano per ry van 20 m lank, en spesiale organiese kompos teen 'n verhouding van 25 ton/ha, in die grond ingewerk is.

Walletjies is gemaak wat met bruinpapier oorgetrek is. Die papier word gebruik in die plek van die plastiek (50 mikron dik) wat gewoonlik gebruik word. Boersma het die papier verkies omdat hy meen die papier baie vinniger in die grond afbreek - binne een seisoen.

Opleidrade is gespan en gaatjies is in die papierbedekking gemaak waarin die plantjies gevestig is nadat die grond eers goed natgemaak is. 'n Drupbesproeiingstelsel is ook vooraf op die walletjies onder die papier aangebring. Daar is spesifiek gesorg dat 'n stelsel geïnstalleer is waarvan die druppers individueel vervang kan word as dit sou verstop of defek raak.

Boersma sê 'n tenk van 5 000 liter is aangebring vir bemesting en besproeiing. Skoon water word vir vyf uit sewe dae toegedien teen 2 liter/uur, 1,5 minute elke drie uur. Op dag ses en sewe word organiese voedingstowwe, wat nét met 500 liter water gemeng is, teen 1,5 minute per siklus elke drie uur toegedien.

Grondwater-onttrekkingsbuise en 'n tensiometer word ook ingespan om die grondwater se pH-status in die wortelgebied te bepaal. Die optimum is 'n pH van 5,5 tot 6,5. Buite daardie pH-status word van die voedingstowwe moeilik tot feitlik heeltemal onopneembaar vir die tamatieplante. Deur laasgenoemde buise en meters te gebruik is dit moontlik om te bepaal of te min of te veel besproeiingswater toegedien word. Organiese kalium- én kalsiumblaarvoeding word een keer per week toegedien indien nodig.

Plantekstrakte (knoffel en neemolie) word een keer per week teen veral krieke en snywurms gebruik. Kort ná die proef begin het, was veral krieke 'n groot probleem, maar ná sowat drie behandelings met dié ekstrakte het die krieke nie meer gelol nie.

Neemolie en 'n biologiese swam (Beauveria basiana) word teen insekte gebruik. Die biologiese swam is deur Ferreira self uit 'n insek geïsoleer. Effektiewe mikro-organismes word gereeld saam met die voedingoplossing aan die plante gegee.

Die volhoubaarheid van hierdie soort tamatieproduksie word nou getoets, en daar sal minstens nog twee aanplantings van tamaties op dieselfde grond moet wees om dit te bepaal. Die volgende aanplanting sal waarskynlik teen September of Oktober wees, meen hy.

Daar sal veral gelet word op hoe die plante met verhouding tot aalwurms en wortelsiektes vaar. Blaarmonsters word ook gereeld geneem om enige elementtekorte te bepaal. Twee keer per seisoen word aalwurm en parasitiese aalwurm getel.

Boersma sê sowat 400 tamatieplante is in die eerste deel van die proef gevestig. Die volhoubaarheidsnavorsing oor drie seisoene behoort te bewys of dit moontlik is om dieselfde grond te benut en of produksie volhoubaar sal wees indien dit op omgewingsvriendelike en organiese maniere gekweek word. Die Universiteit van Kaapstad sal van die vrugte ontleed om te bepaal hoe dit vergelyk met tamaties wat gekweek is met die gewone praktyke waar chemiese middels gebruik word.

Volgens Strauss beloop die koste oor twaalf weke ná vestiging (water en arbeid uitgesluit) R576,89 op die plantperseel van 8 meter by 20 meter. Dit werk uit op sowat R36 000/ha om tamaties organies te vestig soos op die proefperseel.

Boersma sê daar is geen kitsresep vir die suksesvolle verbouing van totaal organiese produkte nie. Baie werk sal nog gedoen moet word om organiese verbouing volhoubaar te maak.

5 Augustus 2005

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.56
-0.0%
Rand - Pond
21.58
-0.4%
Rand - Euro
18.49
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.97
-0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.8%
Goud
1,800.63
-0.1%
Silwer
22.74
-0.1%
Palladium
1,920.00
-1.3%
Platinum
1,040.50
-0.4%
Brent-ruolie
86.88
-0.1%
Top-40
68,446
-0.6%
Alle aandele
74,492
-0.7%
Hulpbronne 10
74,504
-2.0%
Industriële 25
92,074
-0.1%
Finansiële 15
15,328
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
See,Bosveld en Kamp
My geloof is vir my baie belangrik, is spontaan, het ñ goeie sin vir humor. Reik uit na mede gelowiges en minder bevoorregtes. Ek is ñ baie liefdevolle persoon.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot