
‘n Gratis tegniese forum vir die vrugtebedryf bou voort op sy welslae.
(Lees die vorige artikel oor innofruit.co.za op landbou.com):
‘n Paar maande later spog dié webwerf met heelwat tegniese mense en lede wat help om inligting in te samel en te versprei.
Innofruit.co.za se span hou deesdae tegniese forumdae waarby hulle hortoloë, pomoloë en self sprekers van universiteite betrek wat belangstellendes toespreek.
“Ons probeer mense kry wat regstreekse verbintenisse het met die seisoen se vordering,” sê Innofruit.co.za se span.
Weeklikse nuusbriewe word uitgestuur aan geregistreerde lede. Die webwerf is pas herontwerp om dit meer gebruikersvriendelik te maak.
Die volgende mikpunt is om die webwerf verder uit te brei – ook na ander provinsies: “Ons wil hê almal in Suid-Afrika moet www.innofruit.co.za gebruik.” Vir navrae stuur ‘n e-pos na: news@innofruit.co.za
18 Januarie 2011