AFGRI
BEAN
09 Des
-
9420
0,00
CORN
09 Des
-
4391
0,00
SOYA
09 Des
-
10543
0,00
SUNS
09 Des
-
10900
0,00
WEAT
09 Des
-
6703
0,00
WMAZ
09 Des
-
4920
0,00
YMAZ
09 Des
-
4757
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Tientalle nuwe tafeldruifkultivars getoets

Daar is 'n groot behoefte aan nuwe tafeldruifkultivars wat 'n beter verspreiding oor die hele seisoen sal verseker. Meer as 60 nuwe kultivars en kruisings word nou in samewerking met die Volcani-navorsingsentrum van Israel op 'n bekende druiwelandgoed by die Paarl getoets.

Een van die groot behoeftes in die Suid-Afrikaanse tafeldruifbedryf is kultivars wat oor 'n langer tydperk gedurende die seisoen geoes kan word, en wat geskik is vir verskillende produksiegebiede in die land.

Oor jare heen is besef dat die beperkte aantal goeie tafeldruifkultivars 'n groot beperkende faktor in die Suid-Afrikaanse bedryf is, en daarom word al sedert die 1970's kultivars wat van ander lande en streke afkomstig is, plaaslik getoets.

Só sê mnr. Aat Hoekstra, bekende tafeldruifprodusent van Hoekstra Vrugteplase buite die Paarl. Daar word nou meer as 60 nuwe kruisings getoets, waarvan 'n groot aantal deur die Volcani-navorsingsentrum van Israel ontwikkel is, asook 'n aantal nuwe kultivars wat deur mnre. Hoekstra en Ted Evans, 'n private teler, in die Paarl ontwikkel is.

'n Inligtingsdag is onlangs op een van mnr. Hoekstra se plase, Môrewag, gehou waartydens boere en belangstellendes na dié nuwelinge — waarvan sommige waarskynlik binnekort vrygestel sal word — kon kyk en ook daaraan proe.

Dr. Avi Perl, 'n teler van Volcani, en mnr. Hanan Basak, hoof van die hortologie-afdeling van die departement van landbou in Israel, was ook teenwoordig en die boere kon met hulle gesels oor die nuwe kruisings en kultivars.

Mnr. Basak sê hy doen veral onderstokproewe, asook proewe oor aspekte soos die verlengde raklewe van druiwe. Baie van die kruisingsprogramme is juis daarop ingestel. In samewerking met die Hoekstra-plase word na nuwe kommersiële kultivars gesoek wat by Suid-Afrikaanse toestande aangepas is.

Sowat 95 % van die Israeli-kultivars en kruisings wat beproef word, is pitloos. Feitlik die hele teelprogram is op pitlose druiwe gemik.

Die Volcani-navorsingsentrum het die eksklusiewe reg aan mnr. Hoekstra verleen om die Israeli-kruisings in Suid-Afrika te toets en dié wat suksesvol is, verder te ontwikkel.

Mnr. Ted Evans onderneem die private teelwerk op mnr. Hoekstra se plaas Nancy, by die Paarl. Afgesien van ander uitstekende eienskappe, meen hy dat sommige van die kultivars ook oor 'n besonderse smaak beskik — iets wat natuurlik baie belangrik is by tafeldruiwe.
Verbruikers wêreldwyd wil lekker druiwe hê en is nie — soos soms aanvaar word — net bloot op die mooi voorkoms daarvan ingestel nie.

Die tientalle druiwekultivars en kruisings wat bekyk en geproe is, is swart, wit en rooi kultivars. Vir die doel van die uitstalling is ál die kultivars en kruisings bloot genommer, en boere kon hul mening en kommentaar daaroor in 'n spesiale brosjure neerskryf nadat hulle daaraan geproe het. In die brosjure is basiese inligting oor elkeen van die nuwelinge vervat, soos die snoeidatums, oesdatums, suikerinhoud en gibberelienstatus.

Volgens mnre. Hoekstra en Basak blyk heelparty van die kultivars en kruisings baie belowend te wees en kan van die soorte binnekort vrygestel word.

16 Mei 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.35
-1.0%
Rand - Pond
21.27
+0.1%
Rand - Euro
18.30
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.80
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,797.30
0.0%
Silwer
23.48
0.0%
Palladium
1,956.00
0.0%
Platinum
1,028.50
0.0%
Brent-ruolie
76.10
-0.1%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Vrou wat soek na ware liefde en geluk.
Ek is deur ñ moeilike ryd maar dit maak my net sterker en positief vir die toekom voorentoe. Ek hou van stap en movies kyk. Ek hou niks van dronk partytjies en baklei nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot