AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9355
-83,00
CORN
27 Sep
-
4745
-63,00
SOYA
27 Sep
-
8700
-9,00
SUNS
27 Sep
-
9870
-98,00
WEAT
27 Sep
-
7035
-23,00
WMAZ
27 Sep
-
4824,4
-41,60
YMAZ
27 Sep
-
4752
-31,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Tim Atkin gee Sadie Family Wines weer volpunte

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Fredalette Uys
Foto: Fredalette Uys
The Sadie Family Wines van die Swartland se 2019 Sadie Family Columella het volpunte behaal in Tim Atkin MW se nuutste indiepteverslag oor die Suid-Afrikaanse wynbedryf.

Sadie Family Wines van die Swartland se 2019 Sadie Family Columella het volpunte behaal in die internasionaal bekende wynjoernalis Tim Atkin MW se nuutste verslag oor die Suid-Afrikaanse wynbedryf. Die wynkelder se 2020 Skurfberg Chenin Blanc het 99 punte behaal.

Dit is die tweede keer dat dié wynkelder volpunte in Atkin se verslag behaal nadat die 2019 Skurfberg Chenin Blanc die prestasie verlede jaar behaal het.

Atkin het 1 783 wyne van 311 produsente geproe om die verslag saam te stel. Vanjaar is die vierde keer sedert die verslag nege jaar gelede vir die eerste keer uitgegee is dat ’n Suid-Afrikaanse wyn volpunte behaal. Die eerste wyn wat volpunte behaal het, was Kanonkop se 2015 Paul Sauer in 2018. Verlede jaar het die 2018 Porseleinberg Syrah ook volpunte behaal.

Vanjaar het die 2019 Porseleinberg Syrah en Alheid Vineyards se 2020 Magnetic North Chenin Blanc 99 punte behaal. Albei hierdie wyne word gemaak van druiwe van dieselfde plaas in die berge by Citrusdal.

Sadie Family 2019 Columella
The Sadie Family 2019 Columella. Foto: Verskaf

Atkin het 23 ander wyne ten minste 97 punte toegeken. Hy sê hy haal sy hoed af vir die wynmakers en wingerdkundiges wat te midde van ’n moeilike tydperk in die Suid-Afrikaanse wynbedryf sulke hoë punte behaal het.

Mnr. Peter Allan Finlayson van Crystallum en Gabriëlskloof is vanjaar as wynmaker van die jaar aangewys. Sy pa, mnr. Peter Finlayson, is verlede jaar as wynmaaklegende aangewys.

Mnr. Charles Back, eienaar van die Fairview-landgoed in die Paarl, is as vanjaar se wynmaaklegende aangewys. Hy is volgens Atkin een van die land se mees visionêre, dapper en baanbrekende wynpersoonlikhede.

“Dit is hy wat die revolusionêre beweging gelei het na die Swartland, wat tot aansienlike veranderinge in die produksie en maak van wyn gelei het. Hy het gehelp om nuwe kultivars aan die Kaap bekend te stel, nuwe standaarde in wyntoerisme gestel en is een van die mees progressiewe werkgewers. Hy het ook vir Eben Sadie ’n werk gegee terwyl hy nog relatief onbekend was.”

Me. Elizma Visser, wat sedert 2015 wynmaker by Olifantsberg in die Breedekloof is, is as die jong wynmaker van die jaar aangewys. Mnr. Marco Ventrella, wingerdboukundige by die KWV, is as wingerdboukundige van die jaar aangewys. Atkin het hom in die verslag vir sy persoonlikheid en passie geprys.

Mnr. Eben Sadie, wynmaker by Sadie Family Wines, sê pleks van om te konsentreer op die 100 punte wat dié wynkelder behaal het, moet die uitstekende prestasie van Suid-Afrikaanse wyne in Atkin se verslag gevier word. “Suid-Afrika is een van die opwindendste plekke in die wynwêreld en bars tans uit sy nate. Ek is ’n trotse Suid-Afrikaner wat bly is dat ek ’n bydrae tot hierdie landskap kan lewer. Al wat ek kan sê, is dat ons Suid-Afrikaners ’n taai spul is!”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
+0.8%
Rand - Pond
19.41
-0.4%
Rand - Euro
17.29
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.64
+0.3%
Rand - Jen
0.12
+0.6%
Goud
1,637.82
+0.9%
Silwer
18.70
+1.9%
Palladium
2,053.50
+0.5%
Platinum
861.00
+0.9%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,047
-0.4%
Alle aandele
63,371
-0.4%
Hulpbronne 10
55,996
-0.4%
Industriële 25
79,076
-0.6%
Finansiële 15
13,985
+0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons sien
Ek lewe vir die buitelewe en die bos. Ek hou van jag, visvang, herlaai en skiet. My uitkyk op die lewe is om altyd eerlik te wees. Ek geniet intelligente geselskap.
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot