AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Transformasie: Handelsmerktuiste belangrik stap vir wynbedryf

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die gebou by die LNR Nietvoorbij-kampus wat die nuwe tuise vir wynhandelsmerke in swart besit gaan wees. Foto: Verskaf
Die gebou by die LNR Nietvoorbij-kampus wat die nuwe tuise vir wynhandelsmerke in swart besit gaan wees. Foto: Verskaf
Die bekendstelling van die handelsmerktuiste The Wine Arc is volgens die Landbounavorsingsraad ’n belangrike stap om transformasie in die wynbedryf te bevorder.

Ten spyte daarvan dat Suid-Afrika een van die voorste wynprodusente ter wêreld is, is die aantal swart en opkomende wynmakers volgens die Landbounavorsingsraad (LNR) disproporsioneel laag. Daarom is die skep van instellings soos die handelsmerktuiste The Wine Arc wat by die LNR Nietvoorbij-kelderkompleks in Stellenbosch gehuisves word, ’n belangrike stap in die regte rigting.

Luidens ’n verklaring deur die LNR is dié unieke handelsmerktuiste ’n groot prestasie vir die raad, die Suid-Afrikaanse eenheid vir transformasie in die wynbedryf (Sawitu) en hul ander vennote in die bevording van transformasie.

Volgens me. Wendy Petersen, bedryfsbestuurder by Sawitu, sal The Wine Arc ’n plek wees waar mense gemaklik is en voel asof hulle tuis is en daar hoort.

Me. Joyene Isaacs, voorsitter van die LNR, het tydens die bekendstelling van die handelsmerktuiste gesê kreatiewe vennootskappe vorm die kern van wat The Wine Arc aandryf en dat samewerking belangrik is. “Ons moet saamwerk en buite die boks dink ter wille van ons mense.”

Die LNR het die afgelope paar jaar verskeie opgraderings by sy wynmaakgeriewe, proelokaal en sensoriese evaluasielaboratorium aangebring en ’n aantal projekte onderneem om voornemende en voorheen benadeelde wynmakers te betrek, ’n opbouend dialoog oor die regstelling van die apartheidnalatenskap in die bedryf aan die gang te kry en aan swart wynmakers die geleentheid te bied om hul ervarings in die bedryf te deel.

Die LNR se eerste nasionale opkomende wynmakersimposium, ’n voorloper vir die huisvesting van The Wine Arc by die Nietvoorbij-kelderkompleks, is in 2018 aangebied met die visie om kennis uit te ruil en ’n geleentheid te skep waar mense by mekaar kan leer ten einde groei in die bedryf te bevorder.

Die opgeknapte kelderkompleks is amptelik in 2019 heropen. Die Nietvoorbij-wynhandelsmerk, wat ’n storie vertel van groei, transformasie en die vryheid om die wynbedryf te verken, het dieselfde jaar die lig gesien.

Volgens dr. Hilton Vergotine, waarnemende uitvoerende hoof by die LNR, moet die kelderkompleks ’n bydrae lewer tot die opleiding en ontwikkeling van voorheen benadeelde en opkomende wynentrepreneurs deur eksperimentele en kommersiële projekte wat dien as ’n model vir die volgende generasie van innovasie asook wynmaak- en wynkeldertegnologie in Suid-Afrika.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.96
-2.0%
Rand - Pond
19.39
+0.3%
Rand - Euro
17.36
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,643.40
-0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat se jy, ek en jy loop die pad saam tot in Ewigheid.
Ag dis nie my keuse om vir iemand te seh hul moet my leer ken nie. Ek gaan nie eers my tyd mors nie, maar ek sal my tyd gee vir die wat my regtigwaar wil leer ken en n pad saam...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot