Daarin word vertel hoe die eerste turksvye in 1750 vanuit Mexiko in die Oos-Kaap aangeplant is, en hoe dit sedertdien vir verskeie doeleindes, onder meer veevoer, gebruik word.
Dit is ’n bygewerkte weergawe van die 2011-uitgawe deur prof. William Beinart van die Universiteit van Oxford en prof. Luvuyo Wotshela van die Universiteit van Fort Hare.
Hulle het voorheen onderhoude gevoer met onder andere boere en wetenskaplikes, en in argiewe gedelf vir inligting en stories.