AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Twee sitrusorganisasies w

Die direksies van twee Suid-Afrikaanse sitrusorganisasies het koppe bymekaar gesit om produsente se kommer oor die optimale gebruik van hulpbronne en geld asook hul vrese vir duplisering te besweer.

Die direksies van twee Suid-Afrikaanse sitrusorganisasies

het koppe bymekaar gesit om produsente se kommer oor die optimale gebruik van

hulpbronne en geld asook hul vrese vir duplisering te besweer.

Die Suider-Afrikaanse sitrusbedryf is die afgelope vyf jaar uit alle oorde beproef deur uitdagings en veranderinge, sê die Suid-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging (SASKV) en die Suider-Afrikaanse Sitrus Koöperasie Beperk (SSA) in 'n verklaring.

Moeilike handelstoestande was die agtergrond van die herontwerp van dié bedryf om die kloof van regulering na deregulering te oorbrug. Twee produsente-organisasies is tot stand gebring, naamlik die SASKV en die SSA.

Kommer het by produsente ontstaan dat hulpbronne en geld moontlik nie optimaal benut word nie en dat dit moontlik is dat duplisering tussen die twee organisasies kan voorkom. Daar is ook gevoel dat geleenthede vir die gemeenskaplike aanwending van hulpbronne die sitrusbedryf en die produsente tot groter voordeel kan strek.

Die direksies van die twee organisasies het op 'n vergadering tot die gevolgtrekking gekom dat die doelwitte, aktiwiteite en dienste van die SASKV en die SSA uniek is en dat hulle afsonderlik behoort voort te gaan. Die gemeenskaplike doelwit is om die versameling en verwerking van inligting so doeltreffend moontlik te koördineer.

Die SASKV het in 1997 tot stand gekom om twee baie spesifieke behoeftes aan te pak: Die behoud van navorsingsvermoë en die rig van dié vermoë op die navorsingsbehoeftes van die bedryf. Aangesien die voordele van hierdie navorsingsaktiwiteite alle sitrusprodusente bevoordeel, is aansoek gedoen om statutêre heffings in te stel, wat in 2000 goedgekeur is. Die Regering verwag ook van die SASKV om die transformasie van die bedryf te bevorder, in stand te hou en te koördineer.

Die SSA het tot stand gekom ná 'n katastrofiese 2000-seisoen. Die stigting van die SSA is gemotiveer deur produsente se behoefte om meer betrokke te raak by die koördinering van die vloei van sitrus na markte, en die hervorming van die verhouding tussen produsente, agente en ander diensverskaffers aan die bedryf. Samewerking tussen produsente en die uitvoerders het meer bevredigende resultate tot gevolg gehad in die afgelope twee seisoene. Die SSA het in die proses veral sy vermoë vergroot en ervaring opgedoen in die vestiging, ontginning en evaluering van inligtingsbronne. Juis daarom kon die SSA produsente en ander belanghebbendes in die bedryf raad gee en help om strategiese bemarkingsbesluite te neem.

Toenemende uitdagings uit verskillende oorde gaan egter die aandag van 'n verenigde liggaam vereis. Dramatiese stygings in die produksiekoste en waardekanaal (wat onder meer chemiese, verpakkings-, hawe- en vervoerkoste insluit), asook die hervorming van bedryfsinligtingstelsels en verhoogde gehaltevereistes, word tans aan verskillende fronte deur albei organisasies aangepak.

Omdat baie van hierdie uitdagings die hele Suider-Afrikaanse vrugtebedryf raak, word dit in die vooruitsig gestel dat van die uitdagings aangepak gaan word deur 'n liggaam wat die hele vrugtebedryf verteenwoordig. Die dinamika van die sitrusbedryf sal vereis dat die SASKV én die SSA die vermoë ontwikkel om geleenthede te benut en bedreigings so goed moontlik die hoof te bied. Die hoofbestuurders het gereeld kontak met mekaar om te verseker dat duplisering nie voorkom nie en dat geleenthede betyds benut word.

Dr. Hoppie Nel, voorsitter van die SASKV, sê verskeie boere bevraagteken met reg die feit dat daar twee sitrusprodusente-organisasies bestaan. Die bestaan van die SASKV én die SSA maak egter sin as 'n mens die verskil in fokus verstaan. 'n Raadsbesluit het beslis dat die SASKV nie betrokke sou raak by enige bemarkingsbesluite nie. Die moeilike marktoestande in 2000 het gelei tot vurige debatte oor hoe 'n herhaling van dié katastrofe voorkom kan word. Geen konsensus kon destyds bereik word nie, behalwe dat die SASKV nie in bemarkingskwessies betrokke kon raak nie.

Die SASKV het daarin geslaag om produsente te verenig in 'n poging om die bestaande navorsingsvermoë in stand te hou; dit daarop te rig om huidige marktoegang te behou, en om nuwe markte te ontgin. Sitruskwekers is dus nie net betrokke by die finansiering van navorsing nie, maar dra ook die verantwoordelikheid om die navorsingsbehoeftes en -voorkeure te bepaal. "Ons kan eenvoudig nie bekostig om betrokke te raak by aktiwiteite wat nie ten volle deur kwekers gesteun word nie," sê dr. Nel.

Mnr. Edward Vorster, voorsitter van die SSA, sê onomwonde dié organisasie se sleutelrol is om 'n sinvolle vloei van sitrusvrugte na tradisionele, nuwe en potensiële markte te verseker. Die doel is optimale en volhoubare voordele vir elke sitrusprodusent en die bedryf in die geheel.

Die wêreldwye toename in produksie, teenoor die verbruik wat onveranderd bly, en die toenemende konsentrasie van internasionale koopkrag teenoor die fragmentering en versplintering van die ná-reguleringsaanbod, is maar 'n paar van die uitdagings wat die SSA die hoof moet bied. Verhoogde internasionale druk op vrug- en dienskwaliteit, voedselveiligheid en naspeurbaarheid sal die uitdagings ten opsigte van koördinering versnel. Die wisselvallige vertoning van die rand sal koste en inkomsterisiko's ál meer beïnvloed.

Volgens mnr. Vorster wil die SSA produsente met inligting toerus om die beste moontlike bemarkingsbesluite te neem. Gedurende die afgelope twee seisoene is welslae behaal met die versameling, vertolking en verspreiding van inligting. Die Sitrusbemarkingsforum en verskeie ander belangegroepe, soos die VSA Sitrusalliansie, die Sagtesitrusforum, en Japanse en Europese werkgroepe, is gevestig om bemarking te koördineer en standaarde te stel waarmee Suid-Afrikaanse boere in die markte verteenwoordig sou word. Ononderbroke gesprekke met uitvoerders het aanleiding gegee tot die herskryf van die gedragskode vir uitvoerders, en die vestiging van 'n trustrekening-meganisme wat produsente se risiko aansienlik verminder en 'n deursigtige vloei van inligting verseker. Vanjaar sal daar vroegtydig verskerpte aandag gegee word aan markte in die Midde-Ooste, Rusland, Kanada en Oos-Europa, asook Suid-Afrika se tradisionele markte in Brittanje en in Europa, sê mnr. Vorster. "Die SASKV en die SSA is albei die eiendom en hulpbronne van die sitrusprodusente, en is gemik op die verhoogde prestasie en vooruitgang van die bedryf. Albei organisasies is daartoe verbind om die sitrusprodusente te dien," sê dr. Nel en mnr. Vorster. 18 April 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.56
-0.0%
Rand - Pond
21.59
-0.4%
Rand - Euro
18.50
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.93
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot