AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Tweede ikoonwyn vrygestel

Twee jaar gelede is Suid-Afrika se eerste ikoonwyn, die KWV se 1996 Perold, vrygestel. Dit is onlangs met die vrystelling van die 1998 Perold opgevolg.

Twee jaar gelede is Suid-Afrika se eerste ikoonwyn, die KWV se 1996 Perold, vrygestel. Dit is onlangs met die vrystelling van die 1998 Perold opgevolg.

Toe hy 'n paar jaar gelede nog KWV Internasionaal se bemarkingsdirekteur was, het mnr. Vernon Davis in Amerika 'n wyn teëgekom wat $89 (sowat R760) gekos het. Om net daarvan te proe, het $9 (ongeveer R76,50) gekos.

Suid-Afrika het nie eintlik sulke wyn nie. Stellenzicht Syrah wat voortdurend op oorsese wynskoue goue medaljes inpalm, kos by vrystelling op die plaaslik mark maar sowat R130 en in Europa 35 euro (sowat R322) of dalk 30 pond (ongeveer R414). Op sy beurt kos die 2000 Vergelegen Vergelegen ('n Bordeaux-versnit) op die plaaslike mark sowat R200 en in Engeland 25 pond tot 30 pond.

Vergelegen se wynmaker, mnr. André van Rensburg, wys daarop dat dit bedrieglik kan wees om die wisselkoers om te reken. Hy meen die ekwivalent van 'n wyn wat 5 pond kos, is 'n wyn wat plaaslik R15 kos.

Waarom kan Suid-Afrika nie ook ikoonwyne maak wat by die vrystelling daarvan teen heelwat hoër pryse verkoop word nie, het mnr. Davis homself afgevra. Hy is deur die KWV se vorige wynmaker, mnr. Kosie Möller, verseker dat Suid-Afrika beslis druiwe van top-gehalte het en dat dit moontlik was om die perfekte rooiwyn daarvan te probeer maak.

Met die oog op die bemarking van só 'n ikoonwyn het mnr. Davis toe die handelsnaam Perold vir gebruik deur die KWV laat registreer. Die KWV het besluit om Suid-Afrika se eerste ikoonwyn te vernoem na Abraham Izak Perold, een van die grootste geeste wat Suid-Afrika op die gebied van wingerdbou opgelewer het.

Aanvanklik het mnr. Davis gemeen dié naam moes vir 'n uitstekende Pinotage gebruik word. Nadat hy egter besef het dat die Pinotage Assosiasie reeds uitstekende werk doen om die gehalte en bemarking van dié kultivar te bevorder, is 'n enkele blok Shiraz uitgeken om 'n ikoonwyn te maak wat Perold genoem sou word.

Dié ou Shiraz-wingerd groei in goed-gedreineerde Hutton- en granietgrond. Dit is teen 'n noordoostelike helling van Paarlberg, 550 m bo seevlak, en is volgens die Perold-stelsel opgelei. Die naam van dié besondere wingerd, wat aan mnr. J.D. Kirsten behoort, is Op-die-Berg.

Omdat dié hang betreklik koel is, word die druiwe oor 'n langer tydperk ryp. Saam met die lae opbrengs van 2,5 t/ha, lei dit tot beter geure, 'n ryk kleur, hoër sure en uiteindelik 'n wyn met 'n mooi lae pH.

By die bekendstelling van die 1998-Perold het mnr. Davis, nou KWV Internasionaal se besturende direkteur, gesê; dié wyn getuig van die wynmaker, mnr. Sterik de Wet, se uitsonderlike vakmanskap.

Die druiwe is volryp teen 26,5 ° Balling gepars. Nadat dit droog gegis en ses dae op die doppe deurgebring het, het die appelmelksuurgisting in vate geskied. Die wyn is 28 maande lank in nuwe Amerikaanse eikehoutvaatjies (300 liter) verouder waartydens dit twee maal gebrei is. Voor bottelering is dit lig gefiltreer. Uiteindelik is dit 'n verdere 15 maande lank in die bottel verouder voordat dit vrygestel is.

Die resultaat is 'n volronde, komplekse wyn sonder harde tanniene met 'n alkohol-inhoud van 14,5 % per volume. Op die neus is die wyn vrugtig en nie so speseryagtig soos wat 'n mens van 'n Shiraz verwag nie. Op die palet is dit speseryagtig, terwyl 'n mens ook 'n bietjie tabak, vanilla en vrugte proe. Die aangename nasmaak is talmend.

Om van dié voggies in die hande te kry, moet die verbruiker sy hand sommer baie diep in sy sak steek. By die KWV se wynemporium in die Paarl kos die 1998 Perold 'n allemintige R800 per bottel, terwyl 'n mens in die buiteland 'n ongelooflike R1 200 daarvoor moet opdok.

Net 20 kissies (van ses bottels elk) is vir verkope aan die emporium beskikbaar gestel, terwyl die res van die 3 500 bottels wat gemaak is, tussen 'n paar ander lande vir verkope by gesogte handelaars verdeel is.

Die enigste ander Nuwe Wêreld-wyne waarmee dit vergelyk kan word, is Opus 1 van Robert Mondavi (Kalifornië) en Penfold Grange uit Australië. Talle van die top-wyne wat in Frankryk en Italië vrygestel word, val in dié prysklas.

16 Mei 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
+1.0%
Rand - Pond
20.95
+0.4%
Rand - Euro
18.03
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,787.50
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,854.00
+0.2%
Platinum
1,007.50
+1.7%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot