AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Tweede klein lietsjie-oes ingesamel

Die laaste twee lietsjie-seisoene is deur lae opbrengste gekenmerk, en dis nog te vroeg om voorspellings oor die 2014/15-oes te maak.

Hoewel Suid-Afrika se lietsjieprodusentedie afgelope seisoen goeie pryse op veral die uitvoermark verdien het, is die laaste twee seisoene deur lae opbrengste gekenmerk.

Mnr. Derek Donkin, hoofbestuurder van Subtrop, die oorkoepelende kwekersvereniging vir die avokado-, lietsjie-, mango- en makadamianeutbedrywe, sê die 2013/14-oes was dié bedryf se tweede agtereenvolgende klein oes. Terwyl lietsjieprodusente van Malelane en Komatipoort in Mpumalanga wél 'n redelike oes gehad het, was die produsente in die Tzaneen- en Soutpansberggebiede van Limpopo minder gelukkig weens die swak opbrengssyfers wat behaal is.

Die oesgrootte vir die 2013/14-seisoen was 1,12 miljoen kartonne teenoor die 1,1 miljoen kartonne wat in die 2012/13-seisoen en die 1,8 miljoen kartonne wat in die 2011/12-seisoen behaal is.

“Die plaaslike vraag na lietsjies is goed met goeie gepaardgaande pryse. Die produsente wat die regte kultivars vroeg in die seisoen kan uitvoer voordat Madagaskar die Europese mark betree, verdien goeie geld,” sê Donkin.    

Weersomstandighede vanaf April en tydens blom, vrugset en voreë vrugontwikkeling het 'n groot invloed op die oesgrootte. Goeie verbouingspraktyke soos die korrekte bemesting, besproeiing en die beheer van vegetatiewe groeistuwings is ook faktore wat die oesgrootte beïnvloed. In hierdie stadium is dit nog te vroeg om 'n voorspelling oor die 2014/15-oes te maak omdat die bome eers in Augustus en September blom.

“Die lietsiemark word beïnvloed deur die beskikbare volume, maar goeie gehalte vrugte en die regte kultivar vir 'n spesifieke teikenmark speel ook 'n besliste rol,” reken Donkin.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.12
-0.2%
Rand - Pond
20.96
-0.3%
Rand - Euro
18.71
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Platinum
1,023.79
-0.1%
Palladium
1,681.40
+0.7%
Goud
1,911.49
-0.1%
Silwer
23.45
-0.1%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,771
+0.2%
Alle aandele
79,931
+0.2%
Hulpbronne 10
74,748
+0.1%
Industriële 25
102,936
+0.3%
Finansiële 15
16,564
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Kom ons sien wat gebeur
Wel eks nie iemand wat oordeel nie. Wees jouself. Ek luister graag. Eerlik en opreg en hou nie van jok nie. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot