AFGRI
BEAN
09 Des
-
9600
95,00
CORN
09 Des
-
4405,4
14,40
SOYA
09 Des
-
10400
72,00
SUNS
09 Des
-
10530
69,00
WEAT
09 Des
-
6751
-13,00
WMAZ
09 Des
-
4780
-31,00
YMAZ
09 Des
-
4730
-2,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Uitdagings vir vrugteboere

Die sterker rand, die voorraad in Europa, mededinging en die gehalte van produkte, is waarmee Suid-Afrika se vrugteboere in 2004 te make gaan hê.

Die sterker rand, die voorraadvlakke in Europa, mededinging uit ander lande in die Suidelike Halfrond en die gehalte van produkte, som die situasie op waarmee Suid-Afrika se vrugteboere in 2004 te make gaan hê.

Alles dui daarop dat die bemarkingseisoen 2003/2004 besondere uitdagings aan almal in die aanbodketting gaan stel, sê dr. Daan Louw, hoofdirekteur van Optimal Agricultural Business Systems (OABS) in die Paarl.

Die rand gaan waarskynlik gedurende die hele uitvoerseisoen sterk bly. Hoewel produksiekoste behoort te daal, het dit nog nie in verhouding met die versterking van die rand gedaal nie. Dit lyk dus of die koste-knyptang harder as in die vorige drie tot vier seisoene gaan knyp.

Brasilië en Chili se geldeenhede is steeds swakker teenoor die euro en die pond. Dit maak dit vir hulle moontlik om vrugte goedkoper as gewoonlik in Brittanje en Wes-Europese lande, wat Suid-Afrika se kernmarkte is, te bemark as wat Suid-Afrikaanse boere dit kan doen.

Minder winsgewende uitvoer kan veroorsaak dat meer vrugte in Suid-Afrika bemark sal word, wat druk op die plaaslike mark se pryse (verwerk en vars) sal plaas.

Dr. Louw meen daar is drie dinge wat die aanbodketting kan doen om dit teen te werk, naamlik:

  • Koste moet tot op die been gesny word sonder om gehalte en produksie in te boet. Hoewel moeilik, sal by 'n sterk rand aangepas en innoverend gedink moet word.

  • Wat doeltreffender hulpbronbenutting (water, arbeid en kapitaal) betref, moet meer uit per-eenheid-aanwending gekry word — die opbrengs per hektaar van bemarkbare vrugte moet dus verhoog word.

  • Bemarkers en uitvoerders moet koördineer en gedissiplineerd saamwerk sodat nie te veel vrugte in 'n spesifieke mark beland, asook nie van die verkeerde spesifikasies (grootte, verpakking, ens) nie.

    Die seisoen bied die ideale toestande om ondoeltreffende elemente en koste wat nie winsgewendheid verhoog nie, uit te skakel. Sodra toestande verbeter, sal die aanbodketting vinniger die vrugte daarvan pluk, sê hy.

    Die jongste oesskattings dui op 'n groot steenvrugte-oes in gebiede waar nie rypskade was nie. Die verwagting is dat die appelkoos-uitvoer met 10 % tot 12 % gaan styg, dié van perskes en nektariens met 12 % tot 13 % gaan daal, en dat dieselfde hoeveelheid pruime as in die vorige seisoen uitgevoer sal word.

    Goeie tafeldruifoeste met goeie druiwe word ook verwag. Die verwagting is dat 5 % tot 7 % meer tafeldruiwe uitgevoer sal word as alles normaal verloop.

    In die kernvrugproduksiegebiede is daar goeie vrugset.

    Mnr. Anton Rabe, hoofbestuurder van die Sagtevrugte-produsentetrust (SPT), sê om vrugtebemarkingsrisiko's te verminder en produkte na 'n wyer spektrum markte te stuur, is aksies om toegang tot nuwe markte te kry een van die grootste bedryfsvoorkeure. Suid-Afrika se tradisionele uitvoermarkte is besig om te stagneer weens geen of ongunstige bevolkingsgroei.

    Hy meen veral die Midde- en Verre-Ooste bied uitstekende geleenthede en winsgewende markte. Dit is egter nie maklik om vastrapplek daar te kry nie.

    Dit is duidelik uit die bestemmings waarheen plaaslike vrugte gaan dat pogings om marktoegang in nuwe bestemmings te kry, slaag omdat Suid-Afrikaanse vrugte baie wyer bemark word as tien jaar gelede.

    Wat bemagtiging betref, sê mnr. Rabe weens blootstelling aan die internasionale handel oor baie jare, is die sagtevrugtebedryf in die gunstige posisie dat bemagtigingsaksies oor 'n lang periode plaasgevind het. Die SPT se transformasie-strategie begin nou momentum kry en raak aspekte soos die maatskaplik-ekonomiese terrein, opvoeding en opleiding asook grondhervorming aan.

    Grondhervorming is `n groot kapitaalintensiewe uitdaging, maar uitstekende vordering word gemaak. Ekonomies volhoubare bemagtiging reg deur die waardeketting lê egter aan die wortel van welslae wat die toets van tyd sal moet deurstaan, meen hy.

    In die komende seisoen moet dissipline aan die dag gelê word wat bemarkingskoördinering betref. Omdat winsgrense reeds tot op die been gesny is, maak selfs net 'n rand per karton 'n verskil as die wins op 'n hektaar-grondslag gemeet word.

    Die tyd is ryp vir gesamentlike optrede deur landboubedrywe teen verskaffers van produksiemiddele wat buitensporig hoë winsvlakke handhaaf ondanks die sterk rand. Sulke maatskappye moet ontmasker word.

    Die Regering moet ook sy verantwoordelikheid nakom met die voorsiening van 'n wêreldklas-infrastruktuur wat produktief bestuur en gebruik word. Veral hawens en paaie het die afgelope seisoen groot ontwrigting en ekstra koste vir die bedryf beteken.

    Dit is belangrik dat navorsing en die manier waarop die LNR gefinansier en bestuur word, nóg reggestel word. Gunstige geluide moet nou met dade vervang word.

    Mnr. Dawie Scholtz, hoofbestuurder (sagtevrugte) van Dole SA, stem saam dat baie uitdagings, maar ook geleenthede voorlê. Dit is belangrik om te besef dat die historiese markte van Brittanje en Europa betreklik leeg gaan wees vir alle produkte.

    Wat steenvrugte betref, word prestasie nou meer as ooit gemeet teen netto waarde per ton terug aan die produsent, en nie noodwendig in prys wat die uitvoerkarton behaal nie. Verpakkingskoste en die uitpakpersentasie moet in ag geneem word.

    Dit skep goeie geleenthede in die mark omdat Brittanje waarskynlik met kleiner volumes "punnets" (duur verpakkings) bedien gaan word, wat pryse behoort te bevoordeel. Omdat baie steenvrugte in sakkies (die goedkoper verpakking) aan die afslagmark voorsien gaan word waar groot volumes van die hand gesit kan word, behoort die res van die mark sonder beduidende haakplekke te verloop. Die uitsondering is waarskynlik appelkose, waar groot volumes vanjaar taamlik laat verwag word.

    Die druiwe-oes is effens later, maar Chili se vroeë streke het vanjaar 'n kleiner oes, en Brasilië het ook probleme. Die begin van die druiwebemarkingsjaar behoort dus redelik goed te wees, en namate die seisoen ontwikkel, gaan baie afhang van uitvoerders se markverspreidingsplan.

    Appels en pere word grootliks beïnvloed deur die hoeveelheid in Europese koelkamers (wat vanjaar minder is) en mededinging van Suid-Amerika, wat bevoordeel word deur die dollar-euro-wisselkoers, die Amerikaanse ekonomie, en die grootte van die oes.

    Wat die wisselkoers betref, meen hy daar moet beplan word vir 'n seisoen met 'n sterk rand. Dit impliseer 'n moeilike jaar, wat almal in die ketting dwing om na koste te kyk.

    Nuwe markgeleenthede het in die laaste vyf jaar buite die historiese markte ontwikkel. Dié markte betaal grootliks in dollar, en mag nie afgeskeep word deur alles na Euroland te stuur nie. Oorvoorsiening aan Europa sal nadelig wees, en dollarmarkte is té strategies om af te skeep.

    Me. Annelie Haumann, hoof van steenvrugte by Colors, sê die steenvrugseisoen is 12 tot 14 dae later as gewoonlik. Dit beteken 'n korter bemarkingstydperk voor Kersfees. 'n Beduidende voorraad sal dus na 2004 oorgedra word, wat pryse onder druk sal plaas.

    Die 2003/2004-steenvrugteseisoen lyk goed wat betref volumes en vruggehalte. Veral vir nektariens lyk bemarkingsgeleenthede puik.

    Die grootste appelkoosoes in drie jaar is moontlik. Vooruitsigte lyk goed vir laat kultivars wat vruggrootte en gehalte betref. Ook die pruimoes lyk belowend, maar hoewel 'n groot oes verwag word, is daar sekere kultivars wat nog “afspeen” en volumes kan beïnvloed.

    Ook mnr. Niel Hugo, bemarkingsbestuurder van steenvrugte by Capespan, bevestig 'n groot appelkoos- en pruimoes met appelkoosspits in weke 47 tot 49, wat druk op markte en markpryse veroorsaak.

    Chili verwag ook 'n groot pruimoes, en produseer reeds baie perskes en nektariens. Die meeste gaan na Amerika teenoor plaaslike produkte wat grootliks na Europa gaan.

    Baie Chileense steenvrugte word egter reeds in Europa bemark. Die Chileense peso het versterk teenoor die dollar en dit kan veroorsaak dat Chileense vrugte na Europa stroom.

    Mnr. Sarel Joubert, Capespan se bemarkingsbestuurder (druiwe), sê die Noordelike Halfrond is die afgelope twee seisoene deur uiterste klimaatstoestande geteister. Italiaanse uitvoervolumes, die belangrikste produksiegebied, was 'n derde kleiner as laas seisoen. Die Spaanse produksie was 2 % laer as in die seisoen 2002.

    Italiaanse druiwe en Griekse sultanas is in begin November verkoop teen groothandelpryse tussen E0,80/kg vir twyfelagtige gehalte en E1,00 tot E1,10 vir beter gehalte. Brasiliaanse druiwe is toe verkoop vir E14/4,5 kg tot E15/4,5 kg. Met bykans geen Europese voorraad in koelkamers nie, moet uitvoerders dié volumes tot minstens in die Kerstyd te “rek”. 'n Tekort aan vars druiwe vanaf week 50/51 kan voorkom en pryse kan styg tot sowat E18,00/4,5 kg. Mededinging tussen uitvoerders kan egter pryse op die E14,00 vlakke laat bly.

    Die klimaatstoestande in die tydperk ná Kersfees gaan bepalend vir die vraag en verbruik van vars druiwe wees. Die verwagting is dat pryse die tradisionele pryskurwe in Europa sal volg.

    19 Desember 2003

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    17.36
    -1.1%
    Rand - Pond
    21.29
    -1.3%
    Rand - Euro
    18.29
    -0.9%
    Rand - Aus dollar
    11.81
    -1.5%
    Rand - Jen
    0.13
    -1.2%
    Goud
    1,797.73
    +0.5%
    Silwer
    23.50
    +1.9%
    Palladium
    1,963.22
    +1.7%
    Platinum
    1,030.76
    +2.1%
    Brent-ruolie
    76.15
    -1.3%
    Top-40
    68,351
    +0.1%
    Alle aandele
    74,548
    +0.1%
    Hulpbronne 10
    73,315
    -0.7%
    Industriële 25
    92,605
    +1.0%
    Finansiële 15
    15,401
    -0.9%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    lewensmaat
    Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
    Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
    Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot