Die eerste groot, suksesvolle bloubessieboerdery is onder leiding van die beesboer-egpaar mnr. Lourens en me. Henriëtte Le Grange aangepak, en hulle voer reeds bessies uit.
Die agt jaar lange droogte het Namibië weer eens laat besef hoe kwesbaar sy landbou en ekonomie is, en hoe belangrik dit is om die groot afhanklikheid van beesboerdery te probeer verklein.
Hoewel beesboerdery loshande die grootste landboubedryf is en die produksiewaarde al tot R3,6 miljard per jaar beloop het, is daar verskeie ander kleiner bedrywe wat elk ’n waardevolle bydrae lewer.