AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Valskodlingsmot sal sukkel in Europese klimaat

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Lucille Botha
Foto: Lucille Botha
Die lewensiklus van die valskodlingsmot en die plantplaag se lae weerstand teen koue maak dit ’n baie onwaarskynlike bedreiging vir die Europese Unie, sê mnr. Deon Joubert, die Suid-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging (SKV) se spesiale gesant oor marktoegang en EU-sake.

Die motte, wat hul eiers op sitrus kan lê, het ’n lewensiklus van 25 dae, het Joubert tydens ’n aanlyn gesprek oor die Europese sitruskwessie gesê. ’n Volwasse mot het vier dae om ’n maat te kry, te paar en eiers te lê, voordat dit vrek. Die eiers broei binne 21 dae uit.

“As die larwe tot volwassenheid ontwikkel op ’n geskikte plek om sy kokon te spin, ’n papie word en dan ’n mot, moet daar vir daardie mot ’n maat van die teenoorgestelde geslag iewers in sy of haar onmiddellike omgewing wees.

“Die kans dat twee motte van die teenoorgestelde geslag dit deur die hele metamorfose van eiers of selfs larwes tot volwasse motte gaan maak om voort te plant is duisendstes van ’n persentasiepunt.”

Hy het gesê die plantplaag het ten spyte van tonne sitrus en ander gasheerprodukte soos rissies en snyblomme die afgelope 110 jaar nog nie in Europa gevestig nie.

Benewens die onwaarskynlikheid dat die spesie Suid-Afrika se bestaande streng beheermaatreëls, verpakking en verskeping tot in Europa gaan oorleef, is die Europese winters te koud vir die valskodlingsmot, wat nie teen temperature onder 10 °C kan oorleef nie. Teen minder as 1 °C kan nie eens die eiers oorleef nie.

Die Europese winters wis dus die mot in al die fases van sy lewensiklus natuurlik uit.

Gebrekkige wetenskap

Dít is die tipe wetenskap wat Suid-Afrika aanvoer die Europese Unie in ag moes neem voordat hy die nuwe reël vir kouesterilisasie op sitrus van Suid-Afrika na Europa ingestel het.

Die dispuut wat Suid-Afrika in dié verband op 26 Julie by die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) verklaar het oor dié reël is tans in die konsultasiefase. Me. Biandri Joubert, ‘n spesialis op die gebied van handelsbeperkinge wat nie tariefgebaseer is nie van die maatskappy XA Global Trade Advisors, sê wanneer ‘n lidland van die WHO van die internasionale riglyne afwyk, móét dit vir ‘n rede wees wat wetenskaplik as rasioneel bewys kan word. Die riglyn word deur die internasionale plantbeskermingsraad daargestel. 

Wanneer lande fitosanitere reëls vir die invoer van landbouprodukte opstel, moet dit deur wetenskaplike data gerugsteun word en die verhouding tussen die wetenskaplike data en die maatreël moet rasioneel wees.

Die reëls mag ook nie diskrimineer soos wat die SKV meen dit doen in die geval van Suid-Afrikaanse sitrus wat aan die nuwe reël moet voldoen, maar blomme en rissies hoef nie – al is daar baie meer onderskeppings van valskodlingmotbesmettings op daardie produkte in die EU.

Uitvoerlande moet ook genoeg tyd gegun word om nuwe reëls toe te pas. Suid-Afrika het skaars 21 dae gehad om te voldoen.

Politieke redes

Deon meen die kouesterilisasiereël het weinig met die risiko van ’n plantplaag te make. Dit strook nie met wetenskaplike bewyse nie, dit is dus arbitrêr, dit plaas onnodige beperking op handel en is teenstrydig met internasionale vereistes vir sulke fitosanitêre handelsregulasies.

Hy meen dit het eerder te make met ’n sukkelende Spaanse ekonomie, veral die landbousektor, waarvoor die land se politici ’n sondebok soek. Hy wys egter daarop dat Suid-Afrika se sitrusbedryf nie ’n bedreiging vir die Spaanse bedryf inhou nie omdat die lande teen-seisoenaal is. Suid-Afrikaanse sitrus hou dus Europese verbruikers lojaal teenoor die vrug in die maande wat daar nie Spaanse sitrus op die winkelrakke beskikbaar is nie.

Op ’n anonieme vraag het Miandri geantwoord dat Suid-Afrika se beperkinge op hoendervleis en ander produkte uit Europa ’n rol kon speel in die EU se besluit om aan Spanje se versoeke vir strenger reëls gehoor te gee. “Ons is nie onskuldig nie. Ons het ’n baie beskermende invoerbeleid.”

Die SKV hoop dat die dispuut in die eerste ronde van gesprekvoering besleg kan word. Deon het gesê die SKV stem in beginsel saam dat daar beheer op valskodlingsmot moet wees om besmetting te voorkom, maar wys daarop dat die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf dit al dekades lank suksesvol bestuur sonder kouesterilisasie na Europa.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.2%
Rand - Euro
17.74
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel man wat op soek is na pasmaat om leemte te vul. te vul
Ek is eerlik en is gelykmatig in persoonlikheid. Hou van lag en sal nooit afbrekend teenoor iemand optree nie. Hou van goeie eerlike gesprekke.
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot