AFGRI
BEAN
28 Jan
-
9479
0,00
CORN
28 Jan
-
4568
0,00
SOYA
28 Jan
-
9642
0,00
SUNS
28 Jan
-
12400
0,00
WEAT
28 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
28 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
28 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

Van kleinboer tot leier in drie dekades

Hierdie wenner-boer glo dat 'n mens in jou werknemers moet belê om sodoende welvaart vir almal in die boerdery te skep. Sy suksesresep behels ook dat 'n mens op die hoogte van nuwe ontwikkeling moet bly en vinnig by veranderende omstandighede moet kan aanpas.

Hierdie wenner-boer glo

dat 'n mens in jou werknemers moet belê om sodoende welvaart vir almal in die

boerdery te skep. Sy suksesresep behels ook dat 'n mens op die hoogte van nuwe

ontwikkeling moet bly en vinnig by veranderende omstandighede moet kan

aanpas.

Die toekoms van die uitvoer-tafeldruifbedryf lyk goed en hy glo onwrikbaar daarin. Maar daar is werklikhede en neigings - internasionaal én plaaslik - waarvan boere kennis sal moet neem om mededingend in die uitvoermark te bly.

Só sê mnr. Anton Viljoen van die plaas Werda in die Hexriviervallei. Hy is in 2002 aangewys as die Wes-Kaapse Boer van die Jaar van die Wes-Kaapse tak van die Landbouskrywersvereniging van Suid-Afrika. Binne drie dekades het hy gevorder van 'n kleinboer met R1 800 in die bank tot die naasgrootste produsent van uitvoer-tafeldruiwe in Suid-Afrika. Sy moderne boerderybenadering het 'n omwenteling in tafeldruifverbouing in die Hexriviervallei en langs die Oranjerivier meegebring.

In 2002 het sy werknemers nege uit die 12 toekennings vir Plaaswerker van die Jaar gewen; sy hoofbestuurder, mev. Helena le Roux, was 'n mede-finalis in die Wes-Kaap vir die Departement van Landbou se kompetisie vir die Beste Vroueboer; en hy het ál die wingerdblokkompetisies in die Hexriviervallei- én die Oranjeriviergebied gewen.

Mnr. Viljoen produseer tafeldruiwe (hoofsaaklik die pitlose soort) op ses plase in die Hexriviervallei, naamlik Werda, Boplaas, Vreesniet, Mon Desir, Grand View en Uitkyk, en op vyf groter eenhede langs die Oranjerivier. Nóg 100 ha jong wingerd word nou by Onseepkans gevestig in 'n projek van sowat R45 miljoen. Mnr. Nico Basson is die hoofbestuurder op Heimat, waar druiwe vir die mid-seisoenmark gekweek word. Mnr. Viljoen het ook 'n 50 %-aandeel in 'n uitvoerdruiweplaas van 67 ha by Piketberg.

Al die pakhuise is só ingerig dat hy op kort kennisgewing druiwe kan verpak vir markte wat die beste pryse aanbied.

Om uitvoer-tafeldruiwe te verbou, gaan gepaard met baie risiko's. Goeie arbeidsverhoudinge, doeltreffende finansiële bestuur, deeglike tegniese beplanning en goeie bemarkingstegnieke is belangrik om te oorleef.

Geweldige kostestygings in die laaste tyd, tesame met die Wet op Minimum Lone wat op 1 Maart in werking getree het, het hulself in die Oranjeriviergebied laat geld: Uitgawes in die Oranjerivier-gebied het met meer as 30 % gestyg en in die Hexriviervallei met sowat 10 %. Baie min boere kan hierdie soort stygings absorbeer sonder om drastiese aanpassings te doen.

Arbeid maak die grootste gedeelte van 'n wingerdboer se uitgawes uit, en daarom sal die klem voortaan op produktiwiteit moet val.

Hy reken dat sowat 20 % minder seisoenwerkers in die nuwe seisoen op sy plase in die Oranjeriviergebied gebruik sal word, en in die Hexriviervallei sal sowat 10 % minder van werk voorsien kan word. In die afgelope seisoen is sowat 1 000 seisoenwerkers in die Oranjeriviergebied van werk voorsien, en in die Hexriviervallei sowat 850.

Die sowat 250 vaste werkers in dié twee gebiede sal min geraak word, en getalle sal op 'n natuurlike wyse gaandeweg afneem namate mense aftree en bedank.

Uitvoerdruiwe was aanvanklik die vlagskip wat die goeie naam van Suid-Afrika se uitvoervrugte na alle uithoeke van die wêreld kon uitdra. Appels en pere is later in groter volumes uitgevoer, maar tafeldruiwe bly steeds een van die belangrikste verdieners van buitelandse valuta.

Mnr. Viljoen het ná sy universiteitsopleiding saam met sy pa geboer, maar hom in 1969 op Werda gevestig. Sy pa het hom gehelp om 'n Landbanklening te kry, maar die geld moes gou weer terugbetaal word en tyd vir agteroorsit was daar nie.

In dié bedryf moet vinnig geleer word, en met finansiële dissipline en deeglike beplanning kon hy stap vir stap sy boerdery begin opbou. As dit nodig was, het hy oor die grens geloer vir idees.

Hy het gereeld kursusse en seminare oor tafeldruifverbouing bygewoon, en hy doen dit steeds. Só het hy pas die vereistes van Eurepgap en Nature's Choice ingefaseer en sy plase is nou vir albei geregistreer.

Met sy betrokkenheid by mense, sy geesdrif vir nuwe projekte en leierskap-eienskappe, motiveer hy sy werknemers om die leuse "elke tros 'n meesterstuk" hul eie te maak. Sy werkers verstaan die behoeftes van 'n wingerdstok soos dié van hul eie kinders. Sy plase is 'n voorbeeld van hoe onmisbaar die oog van die boer is. Hy laat nie net werk nie - hy beweeg sélf gereeld deur die hele boerdery.

En dit werk. Die produksie van die Oranjerivier-wenblok op sy plaas Raaswater was 7 200 kartonne druiwe per hektaar teenoor die Oranjerivier se gemiddeld van 2 500 kartonne per hektaar. Op Werda het die wenblok 6 500 kartonne druiwe per hektaar opgelewer, teenoor die Hexriviervallei se gemiddeld van 5 000 kartonne per hektaar. In die Hexriviervallei het sy plase in die afgelope seisoen ook 80 000 meer kissies druiwe as die vorige jaar gelewer.

In die Hexriviervallei handhaaf hy 'n gemiddelde produksie van 5 000 kartonne druiwe per hektaar en langs die Oranjerivier meer as 3 000 kartonne per hektaar. Ontydige reën en hael bly die grootste risiko in die Oranjerivier-gebied en hy verkies om nie ál sy geld op een kaart te sit nie. In gewone jare is daar sowat 20 % afvaldruiwe. Dit word na die parskelder gestuur of gedroog.

Mnr. Viljoen hoop om eersdaags 'n miljoen kartonne uit die Hexriviervallei en nóg 'n miljoen kartonne van die plase langs die Oranjerivier uit te voer. Sy seuns, Gabriël en Anton, bestuur onderskeidelik die plase langs die Oranjerivier en die plase in die Hexriviervallei.

Baanbrekerswerk is gedoen toe hy een van die eerste tafeldruifboere was wat 'n vrou, mev. Helena le Roux, as hoofbestuurder van sy plase in die Hexriviervallei aangestel het. Hy verkies ook dat vroue in die wingerde moet werk. Dit is 'n kapitaal- en arbeidsintensiewe bedryf met min plek vir foute, en vroue skrik nie vir fyn en herhalende take nie, meen hy.

Onseepkans

Die projek van R45 miljoen by Onseepkans behels die plant van tafeldruiwe op sowat 100 ha, 'n eie hidro-verkoelingskuur, asook goeie verblyfgeriewe vir seisoenwerkers. Met dié plaas (wat die vroegste tafeldruiwe in die land lewer) is die uitvoerseisoen tot sewe maande verleng. Só word kapitaal, arbeid en infrastruktuur beter benut en risiko's ewerediger verdeel.

Dit was beslis nie maklik om 'n wingerd-boerdery langs die Oranjerivier te vestig nie. Van die wingerde is gevestig deur soms klipbanke los te skiet en tonne klippe te verwyder. Dit is egter bewys dat wingerd gedy in klipperige grond, wat koel bly en vog beter bewaar. Deur drup- en mikrobesproeiing is dit ook moontlik om grond verder weg van besproeiingsbronne te ontwikkel.

In die Hexriviervallei was mnr. Viljoen een van die eerste boere wat uitvoerdruiwe suid van die N1 onder mikrobesproeiing gekweek het. Hy vra gereeld kundiges uit ander lande se raad. Mnr. Viljoen was ook lid van die tafeldruif-advieskomitee vir 15 jaar, en hy het opgetree as skakelpersoon tussen die Vallei en die eertydse Sagtevrugteraad en Unifruco.

As direkteur van Unifruco het hy 'n leidende rol in die samesmelting met Outspan gespeel. Hy was ook nóú betrokke by die implementering van vryemarkbeginsels in die nuwe maatskappy, Capespan, waarvan hy 'n aandeelhouer is.

Met die vestiging van die eerste tafeldruifproelokaal ter wêreld op sy plaas Grand View in 1999, het dié gebied 'n toeriste-attraksie bygekry.

Hy meen dat sowat 85 % van die welslae van enige boerdery op gesonde finansiële bestuur en goeie dissipline berus. Die antwoord lê vir hom nog altyd by netto boerdery-inkomste.

Hy gebruik die beste administratiewe, ekonomiese en finansiële stelsels. Daarmee het hy voortdurend sy vinger op die pols en kan hy vinnig finansiële aanpassings doen. 'n Landbou-ekonoom evalueer die prestasies.

Elke plaas word as 'n afsonderlike sake-onderneming bedryf, maar moet verantwoording doen aan die sentrale kantoor op De Doorns, waar 'n rekenmeester in diens is. Die kantoor is volledig gerekenariseer en hanteer alle finansiële en persoonlike sake op ál die plase.

'n Kapitale en lopende begroting word opgestel en aan sekere norme gemeet. Alle uitgawes bo R5 000 en aankope van kapitaalgoedere keur hy eers persoonlik goed.

Sy aanwysers behels uitgawegroeperings, soos lone en salarisse, bemesting, chemiese siekte- en onkruidbestryding, elektrisiteit, onderhoud en herstelwerk, brandstof en voertuie. Ondanks ál die hulpmiddels, bly die pyn en die vreugde van elke groot besluit nog sy eie, sê mnr. Viljoen.

Personeel- en arbeidsbestuur

Mnr. Anton Viljoen se personeelbestuurspatroon berus op 'n samewerking- en kommunikasiestruktuur wat elke werknemer die geleentheid bied om 'n bydrae te lewer. Dit wakker spanbou en lojaliteit aan. Die plaas se prestasies word as hul eie beskou - iets waaruit almal voordeel trek. Werkers weet as hulle iets sou mors of breek, dit nie noodwendig van hul loon verhaal word nie, maar dit beteken uiteindelik 'n kleiner bonus vir almal. Só word elke werker 'n toesighouer in eie reg.

Eksterne opleiding word buitenstyds op 'n roterende basis aangebied, saam met interne opleiding en opknapkursusse vir praktiese vaardighede. Mikpunte word daargestel en prestasies word aan vermoëns of beperkings gemeet.

Toesighouers word gekies uit die natuurlike leiers en opgelei om gesag met die minimum wrywing uit te oefen en só resultate te behaal. Vier mense uit die agtergeblewe gemeenskappe is reeds tot middel- en senior bestuursvlak bevorder. 'n Toesighouer, me. Sophie Wolfaard, is na Antwerpen gestuur om verslag te doen oor vrugte-inspeksie op die Europese markte. Tydens indiensopleiding word studente geïdentifiseer wat na die Landboukollege Elsenburg gestuur word.

Mnr. Viljoen wil 'n ontwikkelingsprojek by sy plase in die Hexriviervallei inskakel en 'n naburige plakkerskamp in volhoubare boerdery-eenhede omskep. Só vervul sy boerdery 'n kernrol in die stryd teen armoede en die opheffing van mense.

Werknemers se probleme word binne die boerdery opgelos. Ontwikkelings- en ontspanningsgeleenthede word na behoefte ontwikkel. In die Hexriviervallei is skole en klinieke maklik bereikbaar, maar in die Oranjeriviergebied sien 'n mediese dokter se vrou om na die werkers. Met haar aanstelling het die gesondheid van daardie gemeenskap dramaties verbeter.

Behuising, selfs vir seisoenwerkers, voldoen aan streng vereistes en word volgens status en gesinsgrootte beskikbaar gestel. Bewaarskole vir voorskoolse kinders word bedryf en busvervoer na skole word gereël. Uitstappies - selfs na Kaapstad - word gereeld vir werkers gereël.

Aftreepolisse en begrafnisdekking word aan sy werkers gebied. Elke permanente werker het die kans gekry om Naspers-aandele (die Welkom-skema) te koop, met 'n bydrae van die boerdery se kant.

Van mnr. Viljoen se permanente werknemers is al geslagte op die plase en meer as 80 % van die seisoenwerkers kom elke jaar terug omdat hy so goed na hulle kyk.

Raad

aan jong toetreders

Mnr. Viljoen se raad aan

wingerdboere, veral jong toetreders, is die volgende:

  • Bly op die hoogte van nasionale en internasionale

    neigings.

  • Neem kennis van nuwe praktyke wat in mededingende lande ontwikkel

    word.

  • Bou 'n neseier op wat 'n boerdery deur minstens twee misoeste kan

    dra.

  • Beperk geleende kapitaal tot 'n minimum.
  • Weet dat elke plaas verskil, en dat daar geen handboek vir alles nie.
  • Bou 'n gelukkige, getroue, kundige en produktiewe werksmag op.

28 Maart 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.20
-0.1%
Rand - Pond
21.30
-0.0%
Rand - Euro
18.70
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.22
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,012.08
0.0%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Buitelewe is ñ voorrreg, maar met die regte maatjie net beter
Opsommende woorde, avontuurlustig, see, berge, sin vir humor, bosveld, dans, braai, kuier, romanties, reis, werk, sport, alles wat lekker is, en vele meer.
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot