VAN wingerd NA WATER. Die Vintners Classic, ’n brander-rykompetisie vir wynmakers en ander in die wynbedryf, was vanjaar met mening terug in die branders op Stilbaai nadat dit in 2020 weens die covid-19-pandemie in die slag gebly het en daar verlede jaar slegs 20 deelnemers was. Vanjaar het 50 mense deelgeneem, en die wynmaker mnr. Miles Mossop (op die foto) het skoonskip gemaak in die ballies-kategorie vir 50-plussers. Mnr. JT van der Westhuizen, wingerdboukundige van Klein Roosboom, was die wenner van die senior afdeling (40 tot 49) en me. Sarah Havard van Kershaw Wines het in die vroue-afdeling gedomineer. In die junior kategorie (onder 40), het mnr. Jonothan Oxenham van Catherine Marshall Wines geseëvier. Die kompetisie is die eerste keer in 2000 op Onrus aangebied, met slegs 12 deelnemers. Vir dié kompetisie skenk elke wynmaker jaarliks ’n bietjie wyn wat versny word vir die Big Red, waarvan die opbrengs na die Surf4Life-liefdadigheidsorganisasie gaan. Vanjaar het Alex Starey van Keermont die versnit opgemaak. Meer as R92 000 is op ’n veiling van vanjaar se Big Red ingesamel vir Surf4Life, wat geleenthede vir kinders skep. Die Big Red 2014 is tans te koop (terloops, dit het vier sterre in die Platter-gids losgeslaan). Dit
Vanjaar het 50 mense deelgeneem, en die wynmaker mnr. Miles Mossop (op die foto) het skoonskip gemaak in die ballies-kategorie vir 50-plussers.
Mnr. JT van der Westhuizen, wingerdboukundige van Klein Roosboom, was die wenner van die senior afdeling (40 tot 49) en me. Sarah Havard van Kershaw Wines het in die vroue-afdeling gedomineer.
In die junior kategorie (onder 40), het mnr. Jonothan Oxenham van Catherine Marshall Wines geseëvier. Die kompetisie is die eerste keer in 2000 op Onrus aangebied, met slegs 12 deelnemers.
Teken in op Landbou.com en kry toegang tot die beste joernalistiek en eksklusiewe produkte.