AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Varsproduktemarkte: Kry almal betrokke

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Deon van Zyl
Foto: Deon van Zyl
’n Spanpoging gaan nodig wees om die land se 23 varsproduktemarkte te red.

Varsprduktemarkte is van deurslaggewende belang vir die landboubedryf in Suid-Afrika en daar moet op alle moontlike vlakke saamgewerk word om hul toekoms te verseker.

Dít is die slotsom waartoe sprekers in Pretoria in ’n paneelgesprek van Aartappels SA gekom het oor die belangrikheid en toestande by varsproduktemarke.

Mnr. Willie Jacobs, uitvoerende hoof van Aartappel SA, het gesê daar is algemene onkunde oor die belangrikheid van die markte en die mikpunte met die gesprek was om die belangrikheid te beklemtoon, die werklikhede by markte uit te lig en na gemeenskaplike oplossings te soek.

Dr. Johan van Deventer, ’n kenner van markte en afgetrede besturende direkteur van Freshmark, het gesê die informele markte vorm vandag 60% van varsproduktemarkte se omset en hierdie handelaars wat hul produkte langs die pad verkoop, kan nie sonder die markte bestaan nie. Die formele handel het begin wegbeweeg van die markte. Hy het Freshmark as ’n voorbeeld voorgehou wat net 3% van sy produkte op markte koop en 97% regstreeks by verskaffers.

“Daar moet vasgestel word hoekom hulle wegbeweeg het en wat gedoen kan word om van hulle terug te lok. Almal dink dit is die kettingwinkels wat teen die markte werk, maar dit is nie altyd die geval nie. Wat uie betref, koop kettingwinkels minder as 20% van die uie en die res gaan varsproduktemarkte toe. Ek is seker dit is ook so in die geval van aartappels. ’n Gevoelige produk soos sampioene sal dalk andersom werk.”

Dr. Marlene Louw, senior ekonoom by Absa, het gesê ’n groot probleem is ’n gebrek aan omvattende data oor die varsproduktemakte, hul gesamentlike omsette en die totale produksie in die varsproduktebedryf. Daar sal in ’n groter mate onderling saamgewerk moet word om data uit te ruil tot almal se voordeel.

Wat die onderskeie markte betref, was daar goeie nuus en slegte nuus. Die Johannesburgse varsproduktemark het in Februarie ’n nuwe raad gekry en dit wil voorkom of daar ernstige pogings is om die mark reg te ruk. Mnr. Thokozani Thwala, raadsvoorsitter, het gesê hulle het gemiddeld 13 000 handelaars daagliks wat transaksies doen, en hulle wil met almal in die bedryf saamwerk.

Beurtkrag

’n Groot probleem is beurtkrag en hulle gaan nou R25 miljoen aan twee kragopwekkers bestee. Die mikpunt is om saam met City Power binne drie jaar die mark onafhanklik van die nasionale netwerk te maak.

Van Deventer het gesê daar is nie ’n tekort aan geld nie. “Die bruto inkomste van die mark is R430 miljoen en as dit reg bestuur word, is daar genoeg geld vir onderhoud, skoonmaakdienste en alles wat nodig.”

Thwala het bevestig dat daar gesprekke met die stadsraad aan die gang is om vir die volgende drie jaar al die wins van die mark aan ontwikkeling te bestee. Vir vanjaar is daar R150 miljoen beskikbaar om in die mark te belê en daar is ’n verdere R350 miljoen in die bank. Die mark se omset is R8,6 miljard.

Me. Theresa Fredericks, vise-president van die instituut vir markagente (Imasa) wat self ’n agent in Tshwane en Johannesburg is, het gesê in teenstelling daarmee gaan die Tshwane-mark se volle inkomste na die stadsraad en hulle is gelukkig as hulle 5% daarvan kry om te herbelê in die mark. Daar is op die oomblik ’n regsproses met die stadsraad hieroor.

“Verlede jaar het ons R10 miljoen gekry en nou R18 miljoen. As ’n mens in ag neem dat ons omset net onder 50% van die Johannesburgmark is, is hierdie geld ’n druppel in die oseaan.”

Sy het gesê daar is ook ernstige bestuursprobleme. “As daar die dag 50% van die personeel by die werk is, is dit ’n wonderlike dag. Daar is ook geen samewerking van die bestuur se kant af nie en diensverskaffers doen nie hul werk nie. Daar is ’n kragopwekker wat reeds sowat agt jaar nie meer werk nie, maar steeds word daar gereeld vir onderhoudswerk daaraan betaal. Daar word R250 000 per maand vir skoonmaakdienste betaal, maar die hele mark is smerig vuil. Daar is ook 13 lokale wat al twee jaar gesluit is sonder dat dit enigsins skoongemaak word bloot omdat daar nie in 2020 skoonmaakdienste daarvoor aangestel is nie.”

Mnr. Francois Knowles, registrateur van die landbouprodukte-agenteraad (Apec), het gesê daar is nie meer ’n omdraaikans met markte nie. Dit moet herstel word. Dit moet in die kollig wees, want dit is waar pryse bepaal word. “Ons moet die werklik kwessies erken soos gebrekkige sekuriteit, onderhoud soos paaie met slaggate wat net geïgnoreer word, en markte wat vuil is. Hierdie basiese tekortkominge moet herstel word.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.96
-1.1%
Rand - Pond
20.01
+0.6%
Rand - Euro
17.60
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.50
+0.4%
Rand - Jen
0.12
-0.8%
Goud
1,710.75
-0.3%
Silwer
20.53
-0.6%
Palladium
2,274.00
+0.7%
Platinum
923.39
+0.1%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Natuurliefhebber
Alles in natuur , kamp wildtuine road trips tent chalets . Wil eerlikheid he , vrede vreugde en geluk met n gebalanseerde verhouding en moet mekaar kan ondersteun deur dik en dun
Lag en leef
Ek is n liefdevolle mens en sien die positiewe altyd in mense. Die lewe is te kort om ongelukkig te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot