AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Veelsydige tonnels

'n Nuwe verskuifbare tonnel is nou plaaslik beskikbaar.

Plastiektonnels volgens 'n nuwe konsep is nou in Suid-Afrika beskikbaar. Dié tonnels word aansienlik vinniger as ander tonnels opgerig en kan maklik verskuif word. As die grond sag is, kan tot 'n hektaar binne 'n week met tonnels bedek word.

Plastiektonnels is vandag oral in Suid-Afrika 'n algemene gesig en feitlik enige gewas word verbou in die mikroklimaat wat daarbinne geskep word. Om 'n tonnel op te rig, is gewoonlik 'n redelike groot taak. Boonop is sulke tonnels redelik permanent waar hulle opgerig is.

Die nuwe verskuifbare tonnel wat nou plaaslik te koop is, sal na verwagting vir talle boere aantreklik wees. Benewens dat dit maklik verskuifbaar is, kan die wydte en lengte daarvan aangepas word by die boer se behoeftes, dit kan sterk wind weerstaan, is duursaam en is ook nie buitensporig duur nie.

Mnr. Mark Pritchett, bestuurder van Haygrove Tonnels in Somerset-Wes, sê die Haygrove-tonnels se groot voordeel lê daarin dat die metaalboë waaroor die plastiek gespan word, anders as in die geval van die bekende tonnels, nie met beton in die grond vasgesit word nie. Die pote word sowat 750 mm diep in sagte grond "ingeskroef", wat dit in staat stel om wind van 50 km per uur en meer met gemak te weerstaan sonder bykomende versterking.

Verstellings is egter moontlik om die windweerstand te verminder, wat dit verder kan stabiliseer in baie sterk winde.

Omdat die oprigting 'n vinnige proses is, is dit in gewone toestande moontlik om tot 'n hektaar tonnels met die hulp van agt mense af te breek en op 'n ander plek op te rig in minder as twee weke. In ideale toestande, en wanneer die grond sag is, kan 'n hektaar tonnels in 'n enkele week opgerig word, sê Pritchett.

Hy sê die eerste tonnels is oorspronklik in die middel 1990's in Engeland ontwerp om aan te pas by toestande daar. Intussen is heelwat aanpas-sings en verbeterings aan die oorspronklike ontwerp aangebring, soveel so dat dit ook baie goed aangepas is vir toestande in Suid-Afrika.

Die metaalboë en pote is van gegalvaniseerde staalpyp van 40 mm deursnee gemaak wat uit Brittanje ingevoer word. Pyp van die regte spesifikasies word nie plaaslik vervaardig nie.

Wat dié konsep verder ideaal maak vir verskillende gebruike, is die feit dat die verlangde boogwydte deur die boer self bepaal kan word.

Daar is dus geen standaardafmetings nie, en die boë kan gebruik word vir tonnels met 'n gronddeursnee van 6 m tot 9 m. Pritchett meen die ideale vorm is 'n halfsirkel, want dan is die struktuur op sy sterkste. Die tonnels kan enige lengte wees wat in die boer se behoeftes voldoen.

'n Hyskraanbaan- of vervoerbrugbalk is oor die hele lengte van elke tonnel aangebring. Dit maak die beweging van materiaal binne die tonnel maklik en versterk die struktuur. 'n Besproeiingstelsel word nou ontwerp wat aan dié balk vasgesit sal word. Verder bestaan verskillende opsies van toegang vir die punte van die tonnels waardeur mense, materiaal en werktuie die struktuur kan binnegaan.

Die deure is aan die hoofraamwerk gekoppel en 'n stelsel van toue en katrolle maak dit moontlik om die deure gelyktydig oop of toe te maak.

Verskillende soorte plastiek is volgens behoefte as bedekking beskikbaar. Verskillende UV-stabiele plastiek is nodig vir verskillende dele van die land omdat die intensiteit van die son in, byvoorbeeld, die Wes-Kaap baie verskil van dié in Limpopo. 'n Waarborg van drie jaar word verskaf.

Die plastiekmure kan oop- of toegetrek word om ventilasie aan te pas by klimaatstoestande. Dit is moontlik om ventilasie verder te verbeter deur die tonnels parallel met die heersende winde wat gedurende 'n seisoen waai, op te rig sodat die wind daardeur kan waai.

Soveel tonnels soos benodig kan ook aanmekaar gekoppel word, en dit is moontlik om die tonnels só op te rig dat dit landkontoere in 'n mate volg. Dit kan ook teen effense hellings opgerig word.

Pritchett sê sy maatskappy rig nie self die tonnels op vir boere nie. Wanneer 'n boer 'n tonnel koop, word hy (en werkers) opgelei om die struktuur op te rig en met plastiek te bedek. Dit stel hom ook in staat om later, wanneer hy wil, maklik die tonnels op sy eie te verskuif.

Die maatskappy sal egter altyd gereed wees om raadgewende hulp te verleen.

Hy sê die tonnels kos R35 tot R50 per vierkante meter. Die finale prys word deur die boer se vereistes bepaal.

9 April 2004

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.48
+0.4%
Rand - Pond
21.29
+0.2%
Rand - Euro
18.33
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.6%
Rand - Jen
0.13
+1.2%
Goud
1,767.70
-1.7%
Silwer
22.21
-4.1%
Palladium
1,875.00
-1.3%
Platinum
999.42
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Fantastiese reisende kok wil jou lewe bietjie geur...
Opregte, eerlike, liefdevolle advontuurlustige siel, wat hou van die natuurlewe, kosmaak, visvang en die buitelewe. Romantiese aande om te dans saam iemand wat my siel en hart...
Kom ons kyk wat wag
Ek is opreg met n goeie hart maar kan lekker Hardkoppig wees. Ek aan vaar ook iemand nes hulle is moet nooit iemand verander nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot