
Jy reken dalk jy leef gesond deur gereeld vrugte te eet, maar inderwaarheid neem jy dalk toksiese middels saam met jou daaglikse appel of twee in.
Volgens ’n opname van die Environmental Working Group (EWG) is appels, aarbeie en perskes boaan die lys van die 12 mees toksiese vars produkte in Amerika. Ook op die lys is druiwe, aartappels en blaarslaai.
Wees versigtig
Dié data kom van ’n lys van 53 vrugte en groente wat geplaas is volgens die hoeveelheid insekdoder waarmee dit behandel word.
As die moontlikheid van neurologiese probleme, aandagafleibaarheid-sindroom (ADHD), die versteuring van jou endokriene-stelsels en kanker jou afskrik kan jy dalk eerder uie, mielies, pynappels of mango’s eet. Dié vrugte en groente is weer boaan die lys van die “skoonste” produkte.
Suid-Afrikaanse probleem
Hoewel die lys in Amerika saamgestel is, gee dit tog ’n aanduiding van wat ons op Suid-Afrikaanse winkelrakke kan verwag.
Terwyl dit vir boere belangrik is om insekdoders te gebruik as ’n landboumetode om kos op die tafel te verseker, is dit wel bekend dat insekdoders nie goed is vir ’n mens se gesondheid nie.
Lees hier meer oor die onderwerp.
Bron: Health24.com
22 Junie 2011