AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Vlamsiekte, rolblaar organies reggesien

Verskillende wingerdsiektes word nou met behulp van 'n reeks organiese produkte goed bestry.

Verskillende wingerdsiektes en ongunstige grondtoestande wat in die verlede as bykans "onredbaar" deur boere aanvaar is — waaronder vlamsiekte, rolblaar en organies "dooie" grond — word nou met behulp van 'n reeks organiese produkte goed bestry.

Dit is bekend dat 'n wêreldwye neiging bestaan om gewasse op 'n natuurliker wyse te produseer. Verbruikers dring al hoe meer aan op voedsel wat geproduseer is met die minimum gebruik van chemiese middels.

Tog is sekere siektes en plae soms van so 'n aard dat chemiese produkte wel ingespan moet word en in sekere gevalle is daar siektes waaraan baie min gedoen kan word, soos vlamsiekte en rolblaar by wingerd (Landbouweekblad het in die uitgawe van 28 November 2003 daaroor berig).

'n Nuwe reeks organiese produkte uit Nederland het egter nou in Suid-Afrika beskikbaar geword waarmee dié twee bykans ongeneeslike wingerdsiektes feitlik heeltemal in bedwang gehou kan word en in gevalle heeltemal omgekeer kan word, aldus boere wat dit reeds gebruik. Hulle is dit eens dat dit die eerste keer is dat middels op die mark beskikbaar geword het wat regtig werk en waarvan die resultate as 't ware "so duidelik soos daglig" voor hul oë ontvou.

Mnr. Frank Herholdt, 'n bemarker van die Vossen-reeks, sê die reeks bestaan uit drie produkte. Die eerste, Bio-Terra, omskep swak, kluiterige, brak en marginale grond in grond waarop wingerd nie net suksesvol gevestig kan word nie, maar buitengewoon goed vaar omdat die natuurlike ensieme, bakterieë en ekstrakte wat grondlewe aktiveer en stimuleer, in die grond teruggeplaas word.

Die tweede produk, HP-aktief, is gerig op die wortelstelsel van die wingerd en balanseer die pH met kruie en ekstrakte van see-alg. Dit herstel skade wat deur dinge soos aalwurm, wortelvrot, swamme en ander besmetting aangerig is.

Die laaste lid van die driemanskap, Herbali, bestaan uit organiese en aminosure, kruie-ekstrakte, homeopatiese middels, natuurlike minerale en spoorelemente. Probleme wat daarmee reggestel kan word, is onder meer swak groei en opbrengs. In die praktyk kry ou blokke wat nie meer goed vaar nie 'n hupstoot, strestoestande word verminder en oormatige vegetatiewe groei word aan bande gelê.

Verskeie boere bevestig dat die produkte doeltreffend is. Dele van mnr. Hannes Aucamp van Denneboom in die Paardeberg-gebied, wes van die Paarl, se grond waarop hy die kultivars Shiraz, Cabernet en Pinotage onder besproeiing produseer, bestaan uit 'n vlakkerige verweerde graniet-skaliegrond met 'n klei-onderlaag wat geneig is tot toeslaan en kompaksie. Weens die kompaksie en vlak bogrond moet dus meer as gewoonlik besproei word. Die grootste probleem hiermee tydens die rypwording is dat die pH verhoog en die suurinhoud afneem.

Suur in wyndruiwe kan in die wynmaakproses reggestel word, maar min kan aan die pH gedoen word wat veral probleme met sy Shiraz veroorsaak.

Hy het van die nuwe organiese produkte te hore gekom en uit skone radeloosheid besluit om dit te probeer. Wat hom met belangstelling na die produk laat kyk het, is die feit dat dit organies is en hy so ver moontlik chemiese middels in sy boerdery vermy.

Volgens sy grondontleding was daar feitlik dadelik 'n beduidende verlaging in die pH van sy 18 ha wingerd waar hy dit gebruik het. Daarmee saam het die gehalte verbeter van die wyn wat van sy Shirazdruiwe gemaak is.

Hy is veral beïndruk met die resultate nadat 'n grondkundige aanbeveel het dat wingerd nie op 'n sekere lap grond gevestig moet word nie. Die kenner het gemeen dat dit nie 'n behoorlike oes sou lewer nie.

Aucamp het egter besluit hy gaan wel daar wingerd vestig, en het die volle organiese program, soos deur die vervaardigers voorgeskryf, gevolg. Vandag — drie jaar later — pluk hy die vrugte van dié besluit met druiwe van besonder hoë gehalte.

Sy Shiraz is in 2003 ook deur die kelder in die Paarl waaraan hy druiwe lewer, as die beste uit die boonste 12 boere s'n aangewys. Hy meen die beter druiwe — en wyn — as gevolg van die organiese produkte, maak die gebruik van hierdie middels kostedoeltreffend, veral as die trekker-bedryfskoste en arbeid en wat met chemiese bespuiting gepaard gaan, bygereken word.

Mnr. Jan Greeff van die plaas Primo in die Windmeul-gebied van die Agter-Paarl, sê rolblaar is 'n probleem waarmee hy lank te kampe gehad het. Daar is 'n ou blok bostok-Pinotage van ses hektaar wat in 1975 gevestig is en waarin rolblaar die laaste elf jaar en langer al 'n groot probleem is. Dit het so erg geraak dat dit reeds in die deurslaantyd (einde Desember tot middel Januarie) begin wys het.

Greeff sê toe hy in Oktober 2003 van die natuurlike organiese produktereeks hoor, het hy besluit om dit te probeer. Alternatiewelik sou die wingerd uitgehaal moes word. Hy het die middels saam met sy gewone swamdoders gebruik.

Uit die staanspoor was dit duidelik dat die bejaarde blok Pinotage 'n groot hupstoot gekry het deurdat stresfaktore wat rolblaar veroorsaak het, verdwyn en die stokke hul vermoë herwin het om druiwe in balans ryp te maak. Voorheen was die suikerinhoud 24° tot 25° (Balling) terwyl die korrels hul optimum rypheid nog nie bereik het nie.

Hoewel rolblaarsimptome in die laaste week van Februarie weer ligweg verskyn het, lê die groot voordeel vir hom daarin dat die lewe van die ou blok Pinotage verleng is, terwyl die gehalte van die druiwe merkbaar verbeter het ondanks die droë seisoen.

Wat ook merkwaardig is, is dat die Pinotage-oes vanjaar drie dae vroeër afgehaal is wat hy hoofsaaklik aan die nuwe produkte toeskryf.

Intussen het hy twee jong blokke (nou drie jaar oud) Zinfandel en Malbec gevestig en omdat hy goeie loofgroei wou bewerkstellig, is die organiese produkte ook gebruik. Die resultaat is merkwaardig, want uitstekende oeste is reeds van albei blokke afgehaal.

Mnr. U.C. Uys, pakhuisbestuurder op die plaas Clovelly in die Hexvallei, het drie jaar gelede die eerste keer met vlamsiekte in die wingerd te doen gekry. Hy het stikstof toegedien, maar dit het slegs gehelp dat die wingerdstokke oorleef het. Die siekte het só toegeneem in die Hexvallei dat party boere groot blokke wingerd uitgehaal het.

Wanhopigheid het Uys laat besluit om die nuwe organiese produkte te gebruik, want in daardie stadium was sowat 25 % van die kultivar Red Globe op die plaas aangetas.

Die verbetering was dadelik sigbaar, sê hy. Vlamsiekte is 'n onderliggende siekte wat altyd in 'n besmette wingerdstok sal wees, maar hy kon daarin slaag om dit so te beheer met die produkte dat iemand wat nie weet spesifiek waarna om te kyk nie, beslis nie meer enige vlamsiekte-letsels sal sien nie.

Vlamsiekte plaas wingerdstokke in 'n stresfase, en die organiese middels het die plant feitlik oornag daaruit gehaal. Die koste is reeds verhaal deurdat baie wingerdstokke op Clovelly van uitkapping gered en in nou in volle produksie is.

Uys sê die gewone spuitprogram teen siektes, soos witroes, word gevolg die organiese middels word net bykomend gebruik.

Mnr. Cobus Hattingh van die Paarl, gebiedsbestuurder van die maatskappy wat die produkte bemark en versprei, sê die produkte voldoen aan die streng ISO 14001-omgewingstandaarde — wat deur Europgap onderskryf word.

Ál die produkte is ook gesertifiseerde organiese produkte.

26 Maart 2004

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
+1.0%
Rand - Pond
20.95
+0.4%
Rand - Euro
18.03
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,787.50
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,854.00
+0.2%
Platinum
1,007.50
+1.7%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot