Beleide en wette wat hierdie eise institusionaliseer, tree daarom reeds in werking, soos die Europese Unie (EU) se Green Deal en die Farm-to-fork-strategie.
Volgens mnr. Paul Hardman, die Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika (SKV) se bedryfsakebestuurder, geld sulke beleide en wette nie net vir landbouwaardekettings binne die streke of lande waar dit ontwikkel en in werking gestel word nie, maar ook vir landbouprodukte wat hierdie streke of lande invoer.
Daar word toenemend van Suid-Afrika se sitrusuitvoerprodukte verwag om te voldoen aan invoerlande se eise rakende verminderde koolstofvrystellings tydens produksie en vervoer en die verbod op die gebruik van sekere gewasbeskermingsprodukte tydens produksie. Sulke eise kan die winsgewendheid van Suid-Afrikaanse produsente van uitvoersitrus bedreig.